fbpx
Bible Study
Bible Studies | Study Guides | Group or Individual study |

Make disciples!

Tekens van die Tye

Daar is baie profetiese inligting in die Bybel oor gebeurtenisse wat gedurende en voor die wederkoms van Jesus Christus sal plaasvind. Hierdie tekens van die tye help ons om die ontvouing van God se raadsplan vir die mensdom te kan verstaan, sodat ons beter vir die toekoms gereed kan wees. Die Here verwag van ons om op hierdie tekens ag te slaan, omdat hulle boodskap net so duidelik soos dié van tekens in die natuur is (Luk. 12:54-56). Die Israeli’s weet dat wanneer wolke uit die weste van die Middellande See af opkom, dit gaan reën. Wanneer ‘n warm suidewind van die Negef-woestyn se kan af waai, weet hulle dat dit ‘n baie warm dag gaan wees. Diegene wat nie die tekens van die tye in ag neem nie, word skynheiliges genoem – geestelik verblinde mense wat onkundig is oor dit wat die Here deur die baie duidelike vervulling van Bybelse profesieë aan hulle meedeel.

Daar is nogtans ‘n verrassingselement aan die wegraping verbonde omdat die meeste tekens hulle finale vervulling in die sewe jaar van die verdrukking, tussen die wegraping en die wederkoms van Christus, sal hê. Hierdie tekens sal nogtans meer prominent begin raak namate ons nader aan die tyd van die wegraping kom, wat die geheime koms van die hemelse Bruidegom is om die ware gelowiges van die aarde af weg te neem (Luk. 21:36; Joh. 14:2-3; 1 Thess. 4:16-17). Ons moet dus in staat wees om die vroeë begin van hierdie tekens te kan raaksien, omdat dit daarop dui dat die tyd vir ons vertrek op hande is (Luk. 21:28). Die volgende is die belangrikste tekens van die eindtyd:

1. Die herstel van Israel

Die Here het beloof dat Hy Israel in die laaste dae uit die nasies sal versamel waarheen hulle getrek het, en na hulle eie land bring (Hos. 3:5; Jer. 23:8; 31:8-11; Eseg. 36:22-25; 37:21). ‘n Baie belangrike aspek van hulle herstel is die status van die stad Jerusalem. Volgens Lukas 21:24 sou Jerusalem deur die nasies vertrap word totdat die tye van die nasies vervul is. Die fisiese verowering van Bybelse Jerusalem (die Ou Stad) het in 1967 in die Sesdaagse Oorlog plaasgevind. Dit was die voorspel tot die stad se politieke herstel as Israel se ewige en onverdeelbare hoofstad in Augustus 1980. Laasgenoemde gebeurtenis het die laaste geslag van die huidige bedeling ingelui (Luk. 21:32). Volgens die Bybel sal daar ‘n hewige eindtydse stryd vir die beheer oor Jerusalem wees (Sag. 12:2-3; 14:2), omdat Jesus Christus met sy wederkoms na hierdie stad toe terugkeer (Sag. 14:4-5). Sy vyande sal Hom hier inwag, maar in die daaropvolgende oorlog sal hulle vernietig word (Sag. 14:12-13). Gebeure in Israel is baie belangrike tekens van die tye.

2. Die Russies-Arabiese inval in Israel

In Esegiël 38 en 39 word ‘n Russies-Arabiese inval in Israel beskryf. Die vors van Rusland word Gog genoem en sy land Magog. Dit is ‘n antieke naam vir moderne Rusland, omdat dit na die groot gebied noord van die Kaukasiese Berge en die Swartsee verwys. Die belangrikste bondgenote van Rusland word geïdentifiseer as Persië (die huidige Iran), Kus (die huidige Ethiopië), Put (die huidige Libië) Gomer (die huidige Duitsland) en Togarma (die huidige Turkye). Dit word duidelik gestel dat hulle Israel in die laaste dae sal binneval (Eseg. 38:4-8,16). In Esegiël 39 word die vernietiging van Gog en sy menigtes beskryf.

3. Die herstel van Babilon

Openbaring 18 verwys na ‘n stad met die naam van Babilon. Dit is dieselfde stad wat in antieke tye bestaan het, en wat in die eindtyd weer herbou en na sy eertydse roem herstel sal word. As die geboorteplek van die Ou Wêreld se heidense gelowe, moet hierdie stad weer as die vesting van ‘n valse wêreldgodsdiens na vore tree. Babilon is op die walle van die Eufraatrivier in Irak geleë. Dit is geen toeval dat twee van die laaste ses hoofstukke in die Bybel aan Babilon gewy word nie. In Openbaring 17 word verborge Babilon beskryf en as die moeder van die hoere geïdentifiseer. Dit is ‘n aanduiding dat al die valse gelowe wat in Babilon ontstaan het, in die eindtyd in ‘n enkele ekumeniese liggaam gestalte sal aanneem (Op. 17:1-6). Die herstelde stad Babilon sal hulle finale tuiste wees. Die herstelde handelstad, Babilon, word in Openbaring 18 beskryf. Die stad móét herbou word, sodat dit in die komende verdrukking finaal vernietig kan word (Jes. 13:19-22; Jer. 51:61-64; Op. 18:1-2, 8-10, 17-21).

4. Die herstelde Romeinse ryk

Die antieke Romeinse ryk moet in die eindtyd ook as ‘n magsbasis van die Antichris opgebou word. In die beeld van Daniël (Dan. 2:31-45) word die Romeinse ryk deur die bene en tien tone voorgestel. In die naggesigte van Daniël is die wreedaardige dier met die tien horings op sy kop ook ‘n aanduiding van die Romeinse ryk, waaruit die Antichris sal kom (Dan. 7:7-8,19-26). Die simboliek van die dier met die tien horings word ook in Openbaring 13:1-2 aangetref, waar die Antichris beskryf word. Uit hierdie profesieë is dit duidelik dat die Romeinse ryk weer sal herleef. Dit sal lande uit Wes-Europa, Oos-Europa, die Midde-Ooste en Noord-Afrika insluit. Die Europese Unie is besig om vinnig uit te brei en sal die herstelde Romeinse ryk wees.

5. Die nuwe wêreldorde

Die Antichris sal die hoof van ‘n nuwe wêreldorde wees wat alle lande sal insluit. Hy sal ‘n wêreldryk instel wat op politieke, godsdienstige én ekonomiese magsbasisse sal berus (Op. 13:2,4,7,16-18). Die huidige nuwe wêreldorde wat op globalisasie ingestel is, baan die weg na hierdie toekomstige dispensasie.

6. Godsdienstige misleiding

In die laaste dae sal valse leerstellings wat deur duiwels bevorder word, rampspoedige gevolge in baie Christelik kerke hê (1 Tim. 4:1). Godsdienstige dwalings sal geweldig toeneem (2 Tim. 4:3-4; Matt. 7:21-23; 24:11,24; 2 Kor. 11:2-4; Gal. 1:6-9; 1 Joh. 4:1). Dit is duidelik dat valse profete baie populêr sal wees en beheer oor die meeste kerke sal kry (Matt. 24:4-5; 2 Pet. 2:1-2). Dit berei die weg voor vir ‘n tyd waarin die hele wêreld in verwondering agter ‘n valse godsdiensleier sal aangaan en hom as die hoof van ‘n wêreldregering sal aanstel (Op 13:3-4,11-15).

7. Morele verval

Ernstige morele verval sal in die eindtyd voorkom (2 Tim. 3:1-5). Baie Christene sal ook negatief deur hierdie golf van immoraliteit  beïnvloed word (Matt. 24:12). Dit sal soos die tyd van Noag en Lot wees, toe boosheid, geweld en homoseksaulisme aan die orde van die dag was (Matt. 24:37).

8. Natuurrampe

In die eindtyd sal daar ‘n groot toename in natuurrampe soos aardbewings , droogtes, lug- en waterbesoedeling, hittegolwe, ongekende haelstorms, brandende brokstukke van hemelliggame wat op die aarde en in die see sal val en groot golwe sal veroorsaak (Matt. 24:7; Op. 6:12-13; 8:8-12; 11:6; 16:4,8,18-21). Die tsunami in Suidoos-Asië op 26 Desember 2004 was een van die ergste natuurrampe tot op datum. Dit is deur ‘n geweldige aardbewing op die seebodem veroorsaak. In die komende verdrukking sal natuurrampe grootliks toeneem en paniek onder mense veroorsaak (Luk. 21:25-26).

9. Hongersnood en pessiektes

Hongersnood en pessiektes sal in die verdrukking algemeen voorkom (Matt. 24:7) en baie sterftes tot gevolg hê. Kos sal baie skaars en duur wees. Pessiektes verwys na epidemies wat buite beheer sal toeneem. HIV/vigs kan een daarvan wees.

10. Oorloë

Die verdrukking sal ‘n tyd van ongekende oorloë wees, wat uiteindelik op die slag van Armageddon sal uitloop (Matt. 24:6-7; Op. 6:4,8; 16:13-14,16; 19:19-21; Sag. 14:2-3,12-13). ‘n Groot invalsmag uit die Ooste, waarskynlik Sjina en sy bondgenote, word ook beskryf (Op. 9:13-19).

11. Wêreldevangelisasie

Een teken van die eindtyd wat van ‘n positiewe aard is, is wêreldevangelisasie. Voordat die einde kom, moet die evangelie oral in die wêreld verkondig word (Matt. 24:14). Alle Christene moet hulleself aan die uitvoering van hierdie taak wy (Luk. 14:23).

Die toorn van God

Die tekens van die tye toon duidelik aan dat die God van liefde wat alle mense wil red (1 Tim. 2:3-4), ook ‘n God van toorn is wat onbekeerlike sondaars swaar sal straf (Heb. 2:3; 1 Thess. 1:10). Ons moet nie net sekere attribute van God ten koste van ander beklemtoon nie, want dan kan ons by ‘n “ander Jesus” uitkom wat ‘n uitvindsel van mense is (2 Kor. 11:4) en gevolglik nie getrou aan die Bybel nie. God wil nie hê dat sommige mense moet vergaan nie, maar dat almal gered sal word (2 Pet. 3:9). Hy sal egter sondaars oordeel wat weier om tot bekering te kom.

In die komende verdrukking wanneer die toorn van God oor die wêreld uitgestort sal word, sal die meeste van die geharde sondaars nóg boser word en selfs vir God laster oor die plae (Op. 9:20-21). Hulle sal aan God geen keuse laat as om hulle te oordeel nie. Ons opdrag is om op die tekens van die tye ag te slaan, wat aantoon dat die meerderheid van die wêreldbevolking in die eindtyd boser, selfsugtiger, meer immoreel, gewelddadig, onbetroubaar en God-verwerpend sal raak. Ons moet daarteen waak om nie by hierdie ongebonde groepe van die eindtyd in te skakel nie (Rom. 13:12-14). Die wêreld stuur op sy donkerste uur af, en ook ‘n groot verdrukking soos daar nog nooit was nie (Matt. 24:21-22). Soos in die tyd van Noag en Lot, bly die beginsel egter vasstaan dat God se toorn nooit oor ware gelowiges uitgestort word nie (Luk. 21:36).

Persoonlike toewyding

Die tekens van die tye spreek my aan om vir die koms van die hemelse Bruidegom gereed te maak. Deur sy genade sal ek die oordele oor ‘n sondige wêreld ontvlug, net so seker as wat Noag en Lot die oordele oor die goddeloses van hulle tyd ontvlug het. Ek hou aan hierdie belofte vas, daarom het ek ‘n Christus-verwagting en nie ‘n Antichris-verwagting nie. Wanneer die ware kerk van Christus (die wyse maagde) weg is, sal die Antichris sonder teëstand geopenbaar kan word om sy massamisleiding en skrikbewind op aarde te vestig. Ek besef dat ek in ‘n tyd soos hierdie meer as ooit tevore teen geestelike afvalligheid en morele sondes moet waak (Matt. 24:12), omdat die krag van misleiding baie sterk is. Die gees van misleiding is daarop ingestel om Christene van die geloof afvallig te maak (1 Tim. 4:1). Deur die tekens van die tye waarsku die Here ons om getrou aan Hom te bly, vir sy skielike koms gereed te maak, en die oorblywende tyd ten beste te benut om andere te waarsku teen die oordele van God wat aan die kom is. Die Here wil ons met sy werk besig vind (Matt. 24:45-47).

Vrae

1.    Wat is die betekenis van Israel as ‘n teken van die eindtyd?

2.    Wie is die vyande wat Israel volgens Esegiël 38 sal inval?

3.    In watter opsig speel die Europese Unie ‘n rol in die vervulling van Bybelse profesieë?

4.    Wat is die nuwe wêreldorde en wat is die drie magsbasisse daarvan?

5.    Beskryf die morele en geestelike standaarde wat in die eindtyd sal heers.

Prof. Johan Malan

Pleasure and Profit in Bible Study

Pleasure and Profit in Bible Study

by Dwight Lyman Moody

We cannot overestimate the importance of a thorough familiarity with the Bible. I try to lose no opportunity of urging people by every means in my power to the constant study of this wonderful Book. If through the pages that follow, I can reach still others and rouse them to read their Bibles, not at random but with a plan and purpose, I shall be indeed thankful.

Go to this Bible study guide

Group or Individual Bible Study Guides
Studies available in English & Afrikaans.
Joshua

An Old Testament Type of Jesus

Joshua played an important role in Israel after they had been delivered from Egypt, thereby preparing him for his future role as leader when they crossed the Jordan to take possession of the Promised Land. His conquests in Canaan rendered proof that he was a special instrument in the hand of the Lord. Joshua was an Old Testament type of Jesus, who was sent by the Father to accomplish a much greater purpose, i.e. to deliver people all over the world from the bondage of sin.

Go to study

Josua

’n Ou-Testamentiese Tipe van Jesus

Josua het ’n belangrike rol in Israel se geskiedenis gespeel nadat hulle uit Egipte bevry is, en dit het hom voorberei om as leier op te tree toe hulle deur die Jordaan getrek het om die Beloofde Land in besit te neem. Sy oorwinningstogte in Kanaän het van hom ’n beson­dere instrument in die hand van die Here gemaak. Josua was ’n Ou-Testamentiese tipe van Jesus wat deur die Vader gestuur is vir ’n veel groter doel, naamlik om mense oral in die wêreld uit die slawerny van sonde te bevry.

Gaan na studie

Die Bybel in Geheel

Die Bybel in Geheel

Hierdie is 'n kort oorsig om vir jou 'n duideliker prentjie te skets voordat jy in diepte met Bybelstudie begin. Hierdie Bybel in Geheel studie, is 'n studie van die hele Bybel. Dit neem jou deur elke boek van die Bybel om vir jou 'n kort oorsig te gee oor elke boek, deur wie dit geskryf was en waarom dit geskryf was en lig ook dan belangrike dele uit en som die boek in kort op. Met hierdie notas saam sal verdere studies van die Bybel baie meer vir jou sin maak en help om sekere konsepte beter te verstaan.
Die Bybel in Geheel

Kort Oorsig

Die waarde van die Bybel / Om die Bybel te verstaan / Bybelse Uitdrukkings.

Lees meer

Die Bybel in Geheel - DEEL 1

Die Ou Testament

Die Ou Testament kan in 3 Dele opgedeel word: Deel 1 – Geskiedenis – Genesis tot Ester Deel 2 – Wysheid & Digkuns – Job tot Hooglied Deel 3 – Profesieë – Jesaja tot Maleagi

Lees meer

Die Bybel in Geheel - DEEL 2

Die Nuwe Testament

Die Evangelies is seker die mees bekendste deel van die Bybel. Baie mense ken dele van die Evangelies maar min mense verstaan die omvang en doel van hierdie vier boeke.

Lees meer

Studies Concerning the subject of Holiness

Holiness is a characteristic that is often talked about but hardly understood as to how it can be obtained. Too often holiness is considered an attribute of God that is not attainable to man. Holiness is considered something impossible.
1. Personal Holiness

2. The Holiness of God

3. Putting Sin to Death, Pursuing Holiness

4. Trained in Godliness

5. True Humility

6. Contentment

7. Self-Control

Open Studies

13 Studies in Christelike Heiligheid

13 Studies in Christelike Heiligheid

Hierdie 13 Wesleyaanse lesings oor heiligmaking is opgestel om weekliks oor ‘n tydperk van drie maande aangebied te word.

Sien Studies

'n Studie oor Heiligmaking

Die leer oor heiligmaking as 'n tweede genadewerk ná bekering help alle Christene om tot geestelike volwassenheid op te groei.

Hier is 12 studies wat in diepte kyk na hierdie onderwerp. Die studies is ook as klank studies beskikbaar.
Inhoud
1. Die Behoefte aan Heiligmaking
2. Die Stryd Teen Vleeslikheid
3. Die Eise van Dissipelskap
4. Oorwinning Oor die Vlees: Die Stap van Heiligmaking
5. Oorwinning Oor Swakhede: Die Proses van Heiligmaking
6. Vervulling met die Heilige Gees
7. Volkome Heiligmaking
8. Die Wil van God
9. Gawes en Vrug van die Gees
10. Bedieninge van die Heilige Gees
11. Die pelgrimsreis van God se Volk
12. Heiligmaking en die Wederkoms

Gaan na studie

Discipling New Believers
English & Afrikaans FREE printable studies.

8 Week study program

This can be used as a weekly study for new believers. These studies will help with assurance of salvation and will grow their Bible knowledge. These are the very basics of the Christian faith and will ensure a firm foundation. Give this to a young believer and go through all the answers with the person each week. Make sure they memorized the scriptures each week. Use the study's questions to lead conversations on subjects that the person do not yet understand.

/Study%201
WHAT HAPPENED TO ME?
/Study%203
TO LEARN MORE ABOUT GOD
/Study%204
IN CONVERSATION WITH GOD
/Study%206
WITNESSING FOR GOD
/Study%207
FILLED WITH THE SPIRIT OF GOD
/Study%208
TO BE ONE IN CHRIST
/Study%201%20to%208
All 8 studies in one
/Answer%20sheet
Study 1 ot 8

8 Weke studie program

Gebruik die kort studies om weekliks deur te gaan met 'n nuwe Christen. Dit sal hulle sekerheid gee en hulle Bybel kennis verbreed sodat hulle op 'n vaste fondasie kan bou. Gee dit weekliks vir die persoon en gaan dit dan saam met hulle deur elke week nadat hulle dit ingevul het. Toets hul teks memorisering Gebruik die vrae in die studies as leiding tot nodige gesprekke daar waar die persoon dalk dinge nie verstaan nie.

/Studie%201
WAT HET MET MY GEBEUR?
/Studie%202
‘N WANDELING MET GOD
/Studie%203
OM VAN GOD TE LEER
/Studie%204
IN GESPREK MET GOD
/Studie%206
OM VIR GOD TE GETUIG
/Studie%207
GEVUL MET GOD SE GEES
/Studie%208
OM EEN TE WEES IN CHRISTUS
/Studie%201%20tot%208
Al 8 studies in een
/Antwoordblad
Studie 1 ot 8

Articles on Bible Reading & Study

"Thy word is a lamp unto my feet, and a light unto my path."  - Psalm 119:105

The Prophetic Books of the Old Testament have been fitted into the narrative at the place where they are thought to have been written. The Epistles have been inserted into the Book of Acts in a like manner.
Praktiese wenke vir jong Christene.
Practical tips for young Christians.
by Rev. R. A. Torrey
Questions to ask when reading the Bible.
Vrae om te vra wanneer jy die Bybel lees.

Read and download these free booklets

Also great for group or personal Bible study.
Biblical Decision Making
Is it God’s will to “find” His will?
Exactly how should you go about making good, God-honoring decisions?

Read booklet

The Companionship Principle
Bringing Biblical Sanity to the Insanity of Dating
The real reason dating is often "insane" is Christian young people and parents have never consciously shaped their understanding of "dating" with the Bible.

Read booklet

Dinge van Belang
Dinge van Belang vir jong Christene
Hulp en raad aan jong Christene. Die boekie is vol waardevolle wenke en waarskuwings om jou te help op jou pad saam met die Here.

Lees boekie

Identifying False Teachers
A Biblical Checklist for Identifying False Teachers in the Church
The purpose of this booklet is simple: to give you a checklist so that you can identify and avoid Christian leaders whom God would call false.

Read booklet

Testing Today's Prophecy
Does today's "prophecy" measure up to biblical standards?
Should Christians accept the modern prophecy movement as a new work of God’s Spirit?

Read booklet