fbpx
Articles
Articles | Tips & Help for the Daily Christian Life |

Grow in Christ

Verdere Transformasie Misleiding

Johan Malan - Afrikaanse Artikels

OPSOMMING: Strategiese geestelike oorlogvoering om gebiedsdemone te verdryf, asook pogings om bloedlynvloeke en verbonde met die geesteswêreld te kanselleer, is ook in SA gedoen.

In die lig van die geweldige geestelike en morele verval van ons tyd is dit vanselfsprekend dat ware Christene by ‘n teenoorgestelde proses van toenemende heiligheid en hertoewyding aan die Here betrokke moet wees. Dit sal noodwendig tot groter geestelike polarisasie in die samelewing aanleiding gee, omdat daar in die eindtyd ook ‘n stygende golf van sonde en ongeregtigheid is:

“Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees" (Op. 22:11-12).

Christene wat nie die heiligmaking in die vrees van die Here volbring nie (2 Kor. 7:1), loop gevaar om deur die slegter wordende wêreld afgetrek te word: “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel” (Matt. 24:12). Dit is sulke afgekoelde en geestelik vervalle mense wat deur die Here Jesus tot herlewing en hertoewyding opgeroep word:

“Maar Ek het dit teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie" (Op. 2:4-5).

Die gemeente in Éfese het nie op dié waarskuwing ag geslaan nie, en het hulle kandelaar verloor. Geestelike duisternis het as gevolg van hulle afvalligheid ingetree, en die gemeente het mettertyd heeltemal verbrokkel en ontbind. Die rede vir die geestelike verval was valse leringe wat deur hulle voorgangers verkondig is. Hulle het alle waarskuwings hieroor geïgnoreer en die “nuwe leringe” tot hulle eie ondergang aanvaar:

“Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan” (Hand. 20:28-30).

Ons bevind ons in dieselfde situasie: baie valse profete het in die wêreld uitgegaan en baie mense mislei. Die leerstellige verval in [voormalig] evangeliese kerke het reeds ver gevorder en die deur wyd vir dwalings oopgemaak. Ons let nou op die belangrike dwalings van die huidige “transformasie herlewing” wat vinnig in Suid-Afrika uitkring.

1. Herlewing deur eenheid

Kerke word vir gesamentlike aksies opgeroep deur eers net die predikante te oorreed om saam te kom, hulle vir die geestelike transformasie van die gemeenskap te beywer en teen demoniese vestings in hulle dorp, stad, provinsie of land te bid. Uit hierdie ekumeniese forum word dan massabyeenkomste vir hulle lidmate gereël, soos bv. straatmarse, saamtrekke op stadions, of groot ekumeniese bidure oor hulle gemeenskaplike probleme.

Die idee word algemeen gepropageer dat Christelike eenheid ‘n voorvereiste vir die uitbreek van herlewing in ‘n bepaalde gebied is. Hierdie eenheid word ook op gemeentelike vlak bevorder deurdat verskillende denominasies soms predikante vir eredienste uitruil. Dit het selfs al gebeur dat Rooms-Katolieke priesters in [gereformeerde] Protestantse gemeentes optree om beter begrip vir mekaar te skep en brûe van eenheid te bou!

2. Verlossing deur oorlogvoering

Strategiese geestelike oorlogvoering word op ekumeniese massabyeenkomste, in biduursessies en gebedsmarse (“prayer walks”) as ‘n verlossingsinstrument gebruik. By dié geleenthede word demoniese vestings en die heerskappy deur gebiedsdemone wat vooraf bepaal is, deur gebed afgebreek en die betrokke gebiede, of stede, vir die koninkryk van God in besit geneem. Die duiwel word verdryf en sy vestings afgebreek. Hierdie vestings bestaan oral waar mense vreemde gode aanbid het, immorele vermaak, hoerery en dobbelary beoefen het, bose en onderdrukkende ideologieë ingestel het, asook op historiese slagvelde en plekke waar mense mekaar beveg en doodgemaak het en daardeur bindings van rassehaat en onverdraagsaamheid teenoor ander groepe laat ontstaan het. Oral in die land is na bewering vestings en bindings van dié aard wat verbreek moet word.

Hierna moet poortwagters (“gatekeepers”) aangestel word om die toegangsweë na dorpe, stede, én na die hele land, te bewaak sodat bose invloede nie weer daar inkom nie. Dit behels gebede op die paaie wat na ‘n stad of dorp lei, asook by hawens en lughawens. Daar is ‘n intensiewe aksie van “gatekeeping” in Kemptonpark, omdat duisende mense by die internasionale lughawe die land met hulle besoedelings binnekom.

Baie mense beoefen hierdie “geestelike sekuriteitsdiens” ook by hulle eie huise. Al die deure en vensters word met olie gesalf met die gebed dat demone en bose invloede nie weer daar sal inkom nie.

Wanneer die vestings in die land afgebreek is, moet daar lofprysingsmarse gehou word, asook landswye eredienste op dieselfde tyd, sodat die hele land wat dan gereinig is, weer aan die Here toegewy kan word. Hierdeur sal die oorblywende vestings ook afgebreek word, en dan sal “God se millennium” vir ons aanbreek. Hierdie proses word ook vir ons buurstate beplan.

3. ‘n Reinigingstrategie vir Suid-Afrika

Die kantoor van NUPSA in Pretoria (dr. Bennie Mostert se Network for United Prayer in Southern Africa) was sedert Februarie 2001 met landswye voorbereidings vir die projek “Cleansing South Africa” besig. Verteenwoordigers en spanne uit elke dorp en stad is voorberei om aan ‘n program vir nasionale bekering en die reiniging van die land deel te neem. Daar is in Augustus en September gelyktydig in ál nege provinsies op terreine gebid word waar daar in die verlede sondes gedoen is.

Van 6 tot 18 Augustus het mense en groepe hulleself van bloedlynvloeke bekeer. Dit is bindings wat na bewering op hulle rus as gevolg van die sondes wat hul voorvaders gedoen en die bande wat hulle met bose geeste gesmee het. Op 20-26 Augustus is die sonde van immoraliteit bely en laat staan word. Verbreekte verbonde is van 27 Augustus tot 2 September bely, en afgodediens van 3 tot 22 September. Nadat alle sonde bely en mense hulle daarvan bekeer het, is daar op Sondag 23 September ‘n dag van nasionale bekering in alle deelnemende kerke in die land gehou.

Ná die nasionale bekering was daar 40 dae van die hertoewyding van ons stede, dorpe, townships en plattelandse gebiede aan die Here wees. Gebedswandelings is op strate, hoofpaaie en distrikspaaie gedoen om ons skole, besighede, ens., aan die Here toe te wy.

Op 3 November 2001 was daar ‘n nasionale byeenkoms van minstens twee verteenwoordigers uit verskillende stede en dorpe gewees om die hele Suid-Afrika aan die Here toe te wy. Op Sondag 4 November is lofprysingsdienste op baie plekke in die land in kerke gehou. Die land sou dan gereinig en aan die Here toegewy wees. Met die duiwel se vestings in die land "verbreek," moes sonde en ongeregtigheid opgehou en groot herlewings oral uitgebreek het. Dit het egter nie eers in die minste gebeur nie, want die idealistiese idees van die organiseerders is glad nie op Bybelse werklikhede gebaseer nie, maar op hulle eie drome en skewe sienings oor koninkryksteologie.

Daar is al in die verlede sulke “reinigingsoefeninge” gedoen. In 1999 is die migrasieroetes van die eerste inwoners van Suid-Afrika, die San Boesmans, gevolg om in gebed en bekering die verbonde ongedaan te maak wat hulle met die geesteswêreld gesluit het. Hierdeur het hulle ‘n vesting van afgodediens geskep waardeur al die opkomende geslagte gebind is. In die plek hiervan moet nou ‘n nuwe grondslag vir gebed en diens aan die ware God gevestig word.

As deel van die bekering uit die San Boesmans se afgodediens is gebede by rotstekeninge in Suid-Afrika, Lesotho, Swaziland, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Zambië, Malawi, Tanzanië, Kenia en Ethiopië gedoen. Die Here is gevra om die stem van die voorvadergeeste by hierdie rotstekeninge op grond van Jesus se versoeningswerk vir ewig stil te maak en van dié rotse ‘n voetbank vir sy voete te maak (Heb. 10:13). Sodoende moet ‘n land wat deur sy eerste inwoners aan vreemde geeste verbind is, bevry en gesond gemaak word. Onder die leiding van die Heilige Gees moet die duistere magte wat deur die San ingenooi is, verwyder en met eer aan die Here vervang word. So ook moet die Here gevra word om die bande van voorvaderaanbidding en toorkuns in Afrika se swart kulture te verbreek, sodat al die mense die lig kan sien.

4. Leierskap deur profete en apostels

Die nuwe, ekumeniese aanbiddingstyl wat uit hierdie “herlewing” sal voortvloei, sal daartoe bydra om die grense tussen denominasies af te breek. Sodoende sal Wagner se “post-denominasionele kerk” van die 21ste eeu sy beslag kry. Dit sal oorwegend Word of Faith georiënteerd wees en die leringe van “profete” soos E.W. Kenyon, Kenneth Copeland, Kenneth Hagin, Rick Joyner, Bennie Hinn, John Wimber, George Otis, Bill Hamon, Ted Haggard, Cindy Jacobs, Paul Cain en Mike Bickle navolg.

Die openbaringsgawes van die Heilige Gees, asook wonderwerkende kragte, sal weer sterk funksioneer, met die gevolg dat profete na vore sal tree om leerstellings oor bevryding, geestelike oorlogvoering, aanbidding, evangelisasie, asook regeringspligte van die kerk, aan die Christelike publiek deur te gee. Onder hulle leiding sal daar apostels funksioneer, wat weer aan die hoof van leraars en evangeliste sal staan.

Daar is ‘n toenemende aantal kolleges, teologiese seminariums en selfs universiteite waar opleiding oor die nuwe aanbiddingstyl en bevrydingsbedienings aangebied word. Die klem val op kort kursusse van hoogstens ‘n jaar, sodat mense so gou as moontlik uitgestuur en operasioneel aangewend kan word.

Uit Kemptonpark word bv. die Theologos Universiteit bedryf wat deur voltydse en deeltydse klasse, korrespondensiekursusse, seminare en video-opleiding, ‘n eenjarige Sertifikaat in Christelike Berading en Bediening aanbied. Dié universiteit staan onder die leiding van dr. Sarel van der Merwe, en vind by NUPSA se benadering aansluiting. Die diplomakursus behels die volgende ses modules: dinamiese geestelike lewe, emosionele genesing, geestelike oorlogvoering, demonologie en bevryding, liggaamlike genesing, huweliksverryking, en beradingstegnieke en gebedsterapie. Daar is verskeie voorgeskrewe boeke, onder meer deur Ray McCauly, Dirkie van der Spuy, Wilfred Kent, Peter Wagner, Bennie Mostert, Neil Gibson en Kenneth Hagin.

Daar is oral in die wêreld groot haas om genoeg beraders en evangeliste vir die huidige oorgangsfase op te lei. Volgens ‘n profesie deur Wagner se “Apostolic Council of Prophetic Elders” is die kerk wêreldwyd tussen 2000 en 2003 in ‘n transisionele fase. Dit is volgens hulle noodsaaklik dat ‘n regering onder die leiding van apostels teen Oktober 2003 in soveel as moontlik stede gevestig sal wees ten einde vir die transformasies gereed te wees wat die Here vir ons wil doen.

5. Hervorming van die gemeenskap

Teen die einde van 2003 sal grootskaalse Christelike hervormings in die wêreld sigbaar wees. Baie samelewings sal getransformeer wees en Christene sal sleutelposisies in die samelewing beklee. Intensiewe geestelike oorlogvoering word nou gedoen om die bevrydingsproses te verhaas. ‘n Persoon wat ‘n leidende rol in Amerika speel, is dr. Cindy Jacobs, presidente van Generals, ‘n organisasie wat homself vir die koördinering van gebed en geestelike oorlogvoering beywer.

Die mikpunt is om geestelike fondamente, mure en poorte in 105 lande te herstel (Jes. 55-62). Cindy Jacobs het verskeie openbaringe oor die betekenis van “die derde dag” gekry, en pas dit nou op die derde duisend jaar van kerkgeskiedenis toe (volgens 2 Pet. 3:8 stel een dag ‘n duisend jaar voor). Sy is baie nou met Word of Faith herlewings geassosieer, waaruit Toronto, Brownsville en Pensacola se lag in die Gees en nuwe wyn byeenkomste ontwikkel het. Lees meer oor haar in die webblad [http://www.generals.org]. Sy het ook ‘n lang profesie oor die toekoms van Kanada uitgespreek.

Die toekomstige koers van die kerk sal nie deur die Bybel bepaal word nie, maar deur die uitsprake van profete wat na bewering hulle boodskappe direk van die Heilige Gees af sal ontvang. Godsdienstige byeenkomste sal sterk charismaties wees en deur tekens, wonderwerke en die funksionering van openbaringsgawes gekenmerk wees. ‘n Sentrale hiërargie van geestelike leiers sal aan die hoof van die kerk op aarde staan, en niemand sal dit kan waag om hulle teë te gaan nie. In die nuwe wêreld wat hulle nou besig is om te skep, sal die mens beheer oor sy eie lotgevalle oorneem.

Christelike beoordeling

Die bogenoemde vyf sleutelaspekte van die geestelike transformasieproses wat huidiglik in die wêreld gevolg word, moet in die lig van God se Woord beoordeel word sodat die geeste wat agter hierdie beweging is, getoets kan word. Wanneer dit gedoen word, dan blyk dit heel gou dat ons hier met die fyn beplande misleiding van die evangeliese Christendom te doen het.

Dieselfde vyf opskrifte word hier herhaal, saam met Bybelse kommentaar daaroor:

1. Herlewing deur eenheid?

Watter soort eenheid het Wagner, Otis en hul geesgenote in gedagte? Voldoen dit aan die kriteria vir Bybelse eenheid, of ondermyn dit juis die betrokke beginsels?

Die hoëpriesterlike gebed van die Here Jesus was: “Dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U” (Joh. 17:21). Die eenheid wat Jesus vir sy volgelinge ten doel stel, het sy analogie in die eenheid van die Godheid – eenheid van doel, eenheid van aktiwiteit en eenheid van karakter. Dit moet oor veel meer as net eenheid in die groep gaan, anders sal die groep sy eie fluktuerende en uiteindelik vervallende standaard stel. Dit moet eenheid met God die Vader en God die Seun wees. As dit nie die geval is nie, dan is dit ‘n valse eenheid, want eenheid in sigself is nie ‘n deug as dit nie op ‘n waardige norm gebaseer is nie. Hierdie gebed vir eenheid word as ‘n sterk argument vir die ekumeniese vereniging van kerke gebruik, sonder om egter op die hoë standaarde te let wat die Bybel vir eenheid stel. Sekere kerkleiers propageer slegs strukturele eenheid en nie die teologiese ervaring van eenheid nie. Dit was egter nie Christus se doel met sy gebed nie. Ware Christelike eenheid moet op ‘n belydenis van die Godheid van Jesus Christus en die genoegsaamheid van sy versoeningswerk gebaseer wees, en ook deur die heiligheid wat die Here van sy dissipels verwag. Dit vereis leerstellige eenheid oor die verlossingsleer en heiligmaking, soos wat die vroeë kerk ook volhard het in die leer van die apostels (Hand. 2:42).

Hierdie leerstellige eenheid, en dus ook eenheid in karakter, doelstelling en werkswyse, bestaan egter lankal nie meer onder al die Christene nie. Om dit nou deur middel van ekumeniese bidure en massasaamtrekke te probeer bevorder, is ‘n futiele oefening. Die leerstellige verskille tussen die lede van hierdie groepe is só groot dat hulle totaal onversoenbaar is, daarom het hierdie groepe geen leerstellige integriteit nie. Hulle eenheid is dus ‘n valse eenheid wat net die pad vir groter leerstellige en geestelike dwalings oopmaak. Hulle beweeg nie nader aan die suiwer Bybelse leer nie, maar wyk verder daarvan af, omdat hulle hul eie standaarde en doelwitte vir ‘n mensgemaakte herlewing bepaal.

Daar is net een manier om die Christelike eenheid, broederskap en liefde waarvan die Here Jesus praat, te bevorder, en dit is deur leerstellig suiwer evangelisasiewerk te doen en evangelisasiedienste te hou. Dáár sal mense deur die wedergeboorte uit die duisternis getrek word tot in die Here se wonderbare lig. Hulle sal dan as nuwe mense ‘n wonderlike geestelike band en broederskap met die ander Christene ervaar, en dié boodskap verder in die gemeenskap verkondig. Sulke veranderings vind in een-tot-een gesprekke plaas, of in gesprekke met groepies mense wat op uitnodigings by evangeliedienste of Christelike konferensies reageer. Hulle maak dan hulle saak met die Here reg.

‘n Ekumeniese massasaamtrek is nie die ideale plek hiervoor nie, omdat die horisontale band tussen mense hier die sterkste beklemtoon word. In elk geval sal almal ook nie daar oor ‘n evangeliese verlossingsleer en heiligmakingsleer saamstem nie, en dus maar ‘n baie beperkte grondslag vir samehorigheid hê. Die Here het nog nooit sulke groepe gebruik om sy werk op aarde uit te brei nie. Dit is net ‘n mensgemaakte demonstrasie van eenheid, en sal nie die wêreld verander nie.

Hoe groter die groep, hoe minder doeltreffend is die indringende geestelike bearbeiding en begeleiding van soekende sondaars. Die gevaar is dat hulle dan almal ná ‘n kort gebed deur ‘n prediker salig verklaar sal word.

2. Verlossing deur oorlogvoering?

Dit is totaal onbybels om demone uit hulle beweerde vestings oor dorpe, stede en lande te probeer verdryf. Die sfeer van demone en bose geeste is in die lug. Hulle word die wêreldheersers van hierdie eeu [of bedeling] genoem (Ef. 6:12). Die Here Jesus noem Satan die owerste van hierdie wêreld (Joh. 14:30), en Johannes sê dat die hele wêreld in die mag van die Bose lê (1 Joh. 5:19). Paulus sê hy is die god van hierdie wêreld wat die sinne van mense verblind (2 Kor. 4:4). Dit is die rede waarom mense as individue uit “die teenwoordige bose wêreld” gered moet word (Gal. 1:4).

In die huidige, goddelose wêreld is ons nie in ‘n posisie van heerskappy nie, maar ons is vreemdelinge en bywoners (1 Pet. 2:11). Ons moet skyn soos ligte te midde van ‘n krom en verdraaide geslag, en deur vele verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan. Ons is nie op ‘n veroweringstog teen dorpe, stede en lande nie – ons wil net staande bly in die stryd en nie deur die Bose mislei word om  te sondig en van die Here afvallig te raak nie. Die stryd en geestelike duisternis sal voortbestaan totdat die Here kom. Dit help nie om nou, ná byna 2000 jaar van stryd in ‘n wêreld wat in die mag van Satan lê, aan mense valse hoop te gee dat die hele samelewing Christelik kan word, dat Satan se beheer en invloed verbreek sal word, en dat sonde, misdaad, afgodediens en ander euwels skielik sal verdwyn nie. Dit is net die rekonstruksioniste en die koninkryk nou-aanhangers wat in hierdie verbeeldingswêreld leef.

Die Here het nooit aan sy dissipels opdrag gegee om gebedswandelinge te organiseer en hulle stad of dorp van satansmag te bevry nie. Die vroeë dissipels het dit beslis nie gedoen toe hulle in Jerusalem vervolg is nie (Hand. 8:1), en ons kan dit ook nie vandag doen nie. Dit sal dus ook nie help om gebedswandelinge in Turkye te gaan doen in die hoop dat die vestings van Islam in daardie land sal val nie. Die Moslems moet een vir een, of in groepsverbande, geëvangeliseer word. Dit is goed om vir sendingwerk in heidenlande te bid, maar ons kan dit in ons eie land doen. Ons hoef nie in ‘n konteks van geestelike oorlogvoering in ander lande en gebiede te gaan rondloop en bid dat Satan se vestings daar moet val nie. Só sal ons nie siele vir die Here wen nie.

Vergeet dus van George Otis en Peter Wagner se model van geestelike oorlogvoering, en gaan voort met evangelisasie sodat die Here mense [nie gebiede nie] van hulle sonde kan verlos en die werke van die duiwel só verbreek. Die gevolg hiervan sal wees dat die gemeenskap meer polariseer omdat die werke van die lig en die werke van die duisternis onverenigbaar is.

Baie van die gemeentes in ons land is nou al erg verdeeld wat hierdie saak van geestelike oorlogvoering betref, en dit gaan al ‘n paar jaar lank so aan. Ek haal die volgende uit die November 1998 kwartaalblad van die NG Kerk se Vrouediens in die Vrystaat aan:

“Geestelike oorlogvoering is ‘n saak wat in ons dag baie aandag geniet. Oral word kursusse en seminare oor die onderwerp aangebied en gelowiges stroom na hierdie kontroversiële, dog avontuurlike geleenthede. Tog lyk dit of daar nie ‘n versadigingspunt kom in hierdie saak nie… Prop. Johan Cilliers het homself deeglik in die onderwerp ingegrawe en sê [onder meer] die volgende hieroor:

“Sogenaamde “geestelike oorlogvoering” het sy ontstaan in die charismatiese… kerke. Een van die vernaamste kenners, Peter Wagner, het verskeie publikasies oor dié onderwerp die lig laat sien. Hy bied ook “spiritual warfare bootcamps” aan om gelowiges prakties vir die oorlog teen Satan voor te berei. Die hele affêre het by bevrydingsbedienings begin waar die outoriteit oor Satan deur Christus aan gelowiges toegesê word na aanleiding van die interpretasie van sekere skrifgedeeltes soos Efésiërs 2 en die wapenrusting in Efésiërs 6.

“Navorsers en sendelinge het gevoel dat daar op ‘n grootskaalse wyse gepoog moet word om ook bose magte uit stede en ander strategiese plekke te dryf. Verskeie tegnieke is voorgestel en op plekke soos die “Bermuda Triangle” toegepas. Laasgenoemde plek is bekend vir die feit dat talle skepe en vliegtuie oor die jare heen in dié omgewing verdwyn het. Toe sendelinge begin het om geestelike oorlogvoering toe te pas, het dié probleem gestaak. Die praktykervaring het dus die finale seggenskap.

“In Suid-Afrika is die hele geestelike oorlogvoering paradigma deur persone soos ds. Bennie Mostert aan die gelowiges bekend gestel. Hy beweer ook dat hy by die charismatiese kerke moes gaan leen omdat die gereformeerde teologie niks oor die saak te sê het nie…

“Aspekte soos gebiedsdemone, die bind en ontbind van Satan se werke, die bestraffing van Satan, duiweluitdrywing, gebedsoorlogvoering, geestelike kartering, gebedswandelinge en magsdemonstrasies, om maar ‘n paar te noem, het na vore gekom. Al hierdie konsepte word uit die Woord verdedig, en daar word geglo dat God dit in die laaste dae aan sy kerk geopenbaar het – daarom spreek die ervaring, visioene, drome, visies, ens., die finale woord.

“Bennie Mostert en andere het deur seminare die land vol gereis om die “nuwe” inligting aan gelowiges deur te gee, en om hulle vir die oorlog te mobiliseer. Alles word in die naam van gebed gedoen, sodat dit nie moet lyk of die mense met die duiwel gepreokkupeerd is nie. Die rede waarom ek so fel oorkom, is omdat ek self by hierdie seminare betrokke was en die effek van die hele aangeleentheid aanskou het…

“Dit is interessant om op te merk hoedat ‘n mens deur hierdie nuwe standpunte geïndoktrineer kan word. Die nuwighede word as iets uit die hemel bestempel, en alle vorige geloofstandpunte word sumier verwerp en as onchristelik bestempel. Meganismes word gebruik om toenemende suggestiwiteit te bewerkstellig, wat veroorsaak dat vreemde oortuigings soms sonder kritiek aanvaar word…

“Die geestelike stryd word vereng, en Satan word as die enigste voorwerp in die stryd genoem. Dit is egter so dat die sondige natuur en die wêreld ook voorwerpe en vyande in die stryd is. Ons opdrag in die hantering van Satan is om hom teë te staan, standvastig in die geloof (Jak. 4:7; 1 Pet. 5:8-9). Daar is nêrens sprake van ‘n outoritêre benadering nie. Deurdat die gelowige in die naam van Jesus Christus tot God bid, staan hy in die skaduwee van sy Koning. Die gelowige het nie persoonlike gesag nie, maar ‘n gesag van die oorwinning in Jesus Christus. Ons bly nederig en afhanklik van Christus, en daarom bid ons tot God om die duiwel te bestraf (Sag. 3:2; Judas 1:9).”

3. ‘n Reinigingstrategie vir Suid-Afrika?

Die Here Jesus het gekom om die werke van die duiwel in mense se lewens te verbreek (1 Joh. 3:8). Hy verlos óns van die Bose en breek ook sy vestings van sonde in ons lewe af wanneer ons gered en geheilig word. Ons moet dus weergebore en ook met die Heilige Gees vervul word, en het nie nodig dat mense geestelike oorlogvoering in ons dorp of stad beoefen, of dat ons deur innerlike reiniging van bindings en vloeke wat ons voorvaders op ons sou geplaas het, verlos te word nie. As die Seun jou vrygemaak het, sal jy waarlik vry wees – ongeag uit watter duistere agtergrond jy kom!

Daar is ook geen bewyse in die Bybel dat ons in ons land aan bindinge en vestings onderworpe sou wees as gevolg van die Boesmans en swartmense se voorvaderaanbidding en toorkuns nie. Ons is ook nie aan bloedlynvloeke onderworpe as gevolg van die sondes van ons voorvaders nie – tensy ons daardie sondes in ons harte kondoneer en voortsit. Elke persoon, ook die Boesmans en swartmense, hoef net sy eie sondes en sondige natuur aan die Here te bely, en Hy sal jou van alle ongeregtigheid reinig (1 Joh. 1:9). Hy sal ons sondes van ons verwyder so ver as die ooste van die weste verwyder is. Ons hoef nie in die proses duiwelse vestings in die lug aan te spreek om hulle mag te probeer breek nie.

In Christus is die duiwel ‘n oorwonne vyand, maar in die meerderheid ongereddes is hy steeds “die god van hierdie wêreld” wat die sinne van mense verblind het (2 Kor. 4:4). Hierdie mense het die duisternis liewer as die lig, omdat hulle werke boos is (Joh. 3:19). In die stryd teen die Bose gaan dit dus nie om gebiede, stede of dorpe uit satansmag te bevry nie, maar individuele mense wat slawe van die sonde geword het. Vir hulle is daar bevryding in die Naam van Jesus.

Volgens die Bybel self word daar net ‘n minderheid mense gered (Matt. 7:13-14). Om hierdie rede bly die wêreld steeds, uit ‘n meerderheidsoogpunt, in die mag van die Bose. Dit sal so bly tot met die Here se wederkoms wanneer die Antichris, die valse profeet en hulle misleide navolgers verdelg (Op. 19:19-21) en die Satan [die verleier van die nasies] in die put gegooi is (Op. 20: 1-3). Vir die huidige duur die stryd egter voort, en moet ons die wapenrusting van God aantrek sodat ons staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Ons moet ook nie ontmoedig wees deur die feit dat die goddeloosheid in Suid-Afrika sal toeneem namate die einde nader kom nie. Die koninkryk van Satan maak gereed om die Antichris as wêreldleier te openbaar. Hy sal mag oor elke stam en taal en nasie hê, en ook die Christene van die groot verdrukking vervolg en as martelare laat sterf (Op. 13:7).

Hou met hierdie realiteite rekening, en staan vas in die Here totdat Hy ons kom haal! Die Bybel sê: “Gee aan die duiwel geen plek nie” (Ef. 4:27). Jy moet aan hom geen plek in jou lewe gee nie. Dit is nie ‘n opdrag tot “gatekeeping” om die duiwel uit jou stad of land te probeer hou nie! Rebekka Brown het haar huis se deure en vensters gesalf om die duiwels uit te hou. Toe hulle tóg ingekom het om ‘n vrou wat geestelik bevry is, weer te mislei, het Rebekka gesê dat sy vergeet het om haar huis se dak ook te salf. Die duiwels het toe [volgens haar] deur die dak ingekom! Bewaak jou hart en jou lewe en neem jou toevlug by die Here.

4. Leierskap deur profete en apostels?

Ons moet die volle raad van God in die Bybel aanvaar en géén buite-Bybelse openbaringe deur profete, apostels, drome, visioene, tale, ‘stemme’ of ingewings aanvaar nie. Moet ook nie jou vryheid in Christus prysgee en jou deur profete se uitsprake laat beïnvloed nie. Dit is ‘n sekere resep om op ‘n dwaalweg te beland. Indien iemand ‘n boodskap bring wat in enige opsig in stryd met die Bybel is, moet hy ‘n vervloeking genoem word omdat hy mense laat dwaal (Gal. 1:8-9). Wees standvastig en onbeweeglik op die Rots, Jesus Christus, en waak teen die valse profete (Hand. 20:29-30; 1 Joh. 4:1).

Daar is vandag al verskeie sulke “profete” in die wêreld wat voorskrifte aan hulle apostels gee, en hulle neem weer die leiding om leraars en evangeliste volgens die nuwe voorskrifte te indoktrineer.

5. Hervorming van die gemeenskap?

Die hele wêreldgemeenskap sal eers radikaal Christelik hervorm word ná die wederkoms van Jesus. Dan sal die duiwel nie hier wees om die nasies te verlei nie (Op. 20: 1-3). Jerusalem sal die hoofstad van die wêreld wees en die heiliges sal saam met Christus in sy vrederyk regeer (Op. 20:4). “In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die Here; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van die Here in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie” (Jer. 3:17). “Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie” (Jes. 2:3-4).

Dit wat die rekonstruksioniste en die koninkryk-nou aanhangers graag in die kerkbedeling wil laat gebeur, is volgens die Bybel eers vir die koninkryksbedeling bestem nadat die Koning gekom het! Alle mensgemaakte pogings om ons bedeling in stryd met God se raadsplan van karakter te laat verander en self die duiwel uit te werp en te ‘bind’, is op menslike idees gebou en tot mislukking en ontnugtering gedoem.

Ons kán die duiwel egter deur die genade van die Here in ons eie lewens oorwin, en ook baie ander help om soos brandhout uit die vuur geruk te word. Ons leef in die groot afval van die laaste dae, en moet deur die krag van die Heilige Gees die lig van ‘n donker wêreld en die sout van ‘n bedorwe aarde wees.

‘n Verkeerde sondebegrip

As ‘n  verdere gedagte haal ek eerw. Guy Thornton aan: “Aan die wortel van elke dwaling, of dit antiek of modern is, sal ‘n onvoldoende begrip van wat sonde werklik is, aangetref word.”  Dit geld ook die transformasie en geestelike oorlogvoering herlewing. Sonde word nie uitdruklik na die sondige natuur van die mens herlei wat deur die wedergeboorte en heiligmaking verander moet word nie, maar na die inwerking van gebiedsdemone, die duiwelbesetenheid van gelowiges én ongelowiges, bloedlynvloeke as gevolg van verbonde wat mense se voorvaders met die duiwel en die geesteswêreld gesluit het, en ook na demoniese bindings weens die sondige dade wat ‘n land of volk se huidige geslag of voorgeslagte beoefen het. Die oplossing vir hierdie sondes is reinigingsrituele wat op Wagner en Otis se idees van grondvlak, okkultiese vlak en strategiese vlak geestelike oorlogvoering gebaseer is. Só word bose vestings in die land verbreek en individue innerlik genees.

Die Bybel leer dit nie. Elke individu moet sý sonde voor die Here bely, ongeag van wat in die res van die land gedoen word, of wat deur sy voorvaders gepleeg is – dan sal die bande van sonde en ongeregtigheid in sý lewe verbreek word. Daarna moet hy sy getuienis in die gemeenskap uitdra sodat ander mense ook gered en geheilig kan word. Elkeen is vir sy eie sonde voor die Here aanspreeklik. Hy is barmhartig en genadig om ons die sonde te vergewe as ons dit bely en laat staan, en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Antwoord aan die Kritici

Ons reageer graag op enkele negatiewe opmerkings en punte van kritiek wat op die eerste artikel oor die 'Transformasie herlewing' gelewer is.

Die navorsing vir hierdie artikel is uit betroubare bronne gedoen, wat op die internet vir enige persoon toeganklik is wat dit graag wil verifieer. Ons beoordeling van die transformasie beweging vind aansluiting by dié van bekende evangeliese navorsers soos Dave Hunt en Bill Randles in die VSA, asook verskeie ander behoudende skrywers en analiste.

Die verdere ondersoek van die transformasie beweging, met die klem op dit wat onder NUPSA se leiding in Suid-Afrika gebeur, word in hierdie artikel aangebied. Hierdeur word al die stellings wat in die eerste artikel gemaak is, herbevestig. Evangeliese Christene behoort hulle beslis hiervan te distansieer.

Enkele persone in Kaapstad het sedertdien beweer dat die massasaamtrek op Nuweland op 21 Maart niks met Otis en Wagner se transformasie herlewing te doen gehad het nie. Hierdie stelling verloën egter die werklike feite, en moet getoets word.

Elke besoeker aan die Nuweland-byeenkoms het by die hekke ‘n kopie van ‘n spesiale uitgawe van die Today Magazine gekry. Op bl. 2 word die program van die byeenkoms genoem. Die item om 13h20 was ‘n video-uittreksel uit die Transformations 2 video wat deur George Otis se Sentinel groep gemaak is. Op bl. 6 is ‘n volblad-advertensie van Radio Tygerberg met die volgende stelling onder aan: “Ons ondersteun Transformasie 2001.” Otis se transformasie video is ook sterk oor die radiodiens geprys en aanbeveel.

Op bl. 8 tot 10 is ‘n artikel “The road to community transformation,” deur George Otis. Hierin sê hy onder meer oor strategiese geestelike oorlogvoering:

“Beachheads are small plots of ground (often a beach) that serve as stage areas for invading military forces. Because of their strategic potential, defending armies will fight vigorously to prevent them from being established. Beachheads can also be established in the spiritual dimension. Like their counterparts… they serve as strategic areas in which intercessors and evangelists can amass sufficient strength to launch breakthrough assaults on enemy strongholds…

“Where believers are united in their desire to see a community transformed by the power of God, spiritual mapping can provide the kind of revelatory focus that sustains fervent and effectual prayer. When this intelligence is carried into spiritual warfare, God provides an ‘open door’ for ministry.”

Op bl. 43 van die tydskrif wat op Nuweland uitgegee is, verskyn ook ‘n boekresensie deur Geroge Otis. Hy bespreek Jack Dennison se boek “City Reaching” en benadruk die ekumeniese doel daarvan: “This book also champions the concept of the city church.” Dit is Wagner se post-denominasionele kerk wat die volgende 2½ jaar sy beslag in die wêreld moet kry!

In hierdie tydskrif word C. Peter Wagner ook aan die woord gestel. In sy artikel oor die gebedsgrot in Kiambu, Kenia, beklemtoon hy die kritieke rol van geestelike kartering en oorlogvoering teen vyandelike vestings as ‘n voorvereistes vir hy en Otis se soort herlewing: “Thomas was no stranger to the devices of Satan. He was an experienced intercessor and in his evangelistic work he had confronted the enemy in power encounters on a variety of levels. He had learned that the devil assigns certain specific demons over towns, cities and nations, as well as families.”

Verder in hierdie tydskrif is ook ‘n artikel deur Graham Power, een van die borge van die byeenkoms. Hy was ook ‘n borg vir die byeenkoms van die Parlement vir Wêreldgodsdienste in Kaapstad in Desember 1999. Op bl. 42 van die tydskrif word ‘n adres genoem waar die Cape Town Transformation Video bestel kan word.

Die sterk inslag wat George Otis op die twee transformasie video’s het, sy boek oor geestelike oorlogvoering, die artikels wat hy skryf, die aktiwiteite van sy Sentinel-groep, asook sy toere oor die wêreld om city transformations te bevorder, het duidelik ook ‘n sterk stempel op die transformasie-aksies vir Kaapstad afgedruk. Om dit te ontken, is ‘n irrasionele gebaar omdat dit lynreg teen alle feite oor die saak indruis.

Otis se dwalinge

Ons moet indringend na die oorsprong van die “transformasie herlewing” kyk, want as die wortels verrot is, dan sal die vrugte ook in hulle kern verrot wees. Dit mag wél van buite af mooi lyk, maar dit is misleidend. In die vorige artikel ('Misleiding d.m.v. die Transformasie Video') het ons aanhalings uit Otis se teologie gemaak, wat aandui dat hy totaal ontken dat Christus ons deur sy kruisdood vrygekoop het deur die straf vir ons sonde te dra. Volgens hom is God nie wraaksugtig en bloeddorstig nie, en vergewe Hy ons sondes omdat Hy vergewensgesind is – nie omdat Jesus in ons plek gesterf het nie.

Dit is ‘n uiters belangrike saak hierdie en mens kan nie enige misverstand of onkunde hieroor bekostig nie. ‘n Herlewing kan beslis nie op ‘n valse fondament gebou word nie! Juis omdat hierdie so ‘n belangrike saak is, het ons verdere navorsing hieroor gedoen, wat in die artikel: George Otis en sy Valse Teologie vervat is.

Geen Christelike kerk of organisasie kan homself met ‘n herlewingsplan vereenselwig wat deur Otis bedink en opgestel is nie. Selfs al word Otis se teologiese dwalings nie aktief verkondig nie, is dit nie genoeg nie – sy transformasie video’s en boeke moet ook verwerp en as vals vermy word. Indien dit nie gedoen word nie, soos ook nou in Suid-Afrika, dan sluip daar nog steeds verskeie van Otis en Wagner se teologiese en metodologiese dwalings in.

Die gronddwaling van transformasie is dat die skepping van eenheid, asook strategiese geestelike oorlogvoering teen sataniese vestings, na herlewing, voorspoed en ‘n afname in misdaad, geweld, huweliksverbrokkeling en armoede sal lei. Die mens kan dus self ‘n formule vir positiewe gemeenskapstransformasie volg.

Verloëning van die kruisevangelie

Die grootste enkele probleem met die transformasie video is die afwesigheid van ‘n Bybelse verslossingsleer wat op die kruisdood van die Here Jesus en die stort van sy bloed vir ons redding gebaseer is. In die lig van Otis se openlike verloëning van die kruisevangelie is dit geen wonder nie dat daar nêrens in die Transformasie video enige verwysing na die kruis van Jesus Christus is waar die Satan oorwin is nie. As evangeliese Christene glo ons dat ons van ons ydele lewenswandel losgekoop is deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos (1 Pet. 1:18-19). “In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade” (Ef. 1:7). Op die pad van die gelowige bly die bloed en die kruis altyd van belang, daarom sê Johannes: “…die bloed van Jesus Chistus, sy Seun, reinig ons [voortdurend] van alle sonde” (1 Joh. 1:7). In die komende groot verdrukking, wat nie deur die huidige programme vir geestelike oorlogvoering afgeweer sal word nie, sal die Christen-martelare die Antichris “oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis” (Op. 12:11). In die hemel sal die verheerlikte kerk die Lam toesing: “U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie” (Op. 5:9).

Otis verkondig egter nie die bloedevangelie wat op Christus se plaasvervangende dood en die versoening vir ons sonde aan die kruis gebaseer is nie. Hy bied ‘n selfverlossingsleer aan, voer geestelike oorlogvoering teen denkbeeldige demoniese vestings, en beweeg God deur gebed om die sekulêre lotgevalle en godsdienstige verdeeldheid van die mens ten goede te verander. Nóg ‘n navorser oor die transformasie herlewing, Olympia Barczynska, maak die volgende baie tersaaklike opmerkings oor Otis se video:

“Possibly the most startling thing about this video can be best stated in the question – ‘Where is the Lord Jesus in it all?’ Indeed, where was He? Constant reference was made to the principalities and powers, and strongholds of darkness, etc. Satan and his hordes were certainly given the limelight. The issue of sin was not mentioned at all. Obviously, sin was not considered the root of all the problems experienced by these communities. The emphasis instead was always on principalities and powers being the cause of the evil, and prayer, fasting and unity being the agent of salvation.

“This brings us to the whole modern teaching on spiritual warfare and territorial spirits, which Transformations promotes. New and extra-biblical revelations are the foundation to this. What is more, techniques and strategies need to be followed in order to see the desired result. The collective formula is known as strategic spiritual warfare.”

In die artikel word verder daarop gewys dat die film uit laswerk bestaan wat ‘n baie eensydige en misleidende beeld skep. Feite wat nie by die tema inpas nie, is bloot verswyg: “Scenes in Cali, Colombia, are shown of mass rallies, prayer meetings and several hundred pastors taking a covenant of unity. Subsequently, details of the assassination of Julio Ruibal are shown and a moving testimony from his wife concerning his death. It should be noted here that Julio was killed because of a property dispute, not because of his religious endeavours.”

Hierdie feitelike onjuisthede, soos meer breedvoerig in die artikel 'Misleiding d.m.v. die Transformasie Video'  aangetoon, is egter by verre nie so nadelig en misleidend as Otis se teologiese dwalinge nie. Nog een van die vreemde stellings wat hy in die video gemaak het, is dat die koninkryk van God oor Cali neergedaal het. Die koninkryk van God is nie van hierdie wêreld nie, en sal eers sigbaar in die vrederyk ná die wederkoms van Christus op aarde geopenbaar word. Geestelike transformasie vind in die harte en lewens van gelowiges plaas, en dit bring ons in konflik en stryd met die goddelose wêreld waarin ons is. Dit is waarom die Here Jesus gesê het dat ons in die wêreld verdrukking sal hê. Omdat ons nie van die wêreld is nie, daarom haat en vervolg die wêreld ons (Joh. 15:19-20).

Hoe mense hierdie video kan vertoon, en ook projekte vir transformasie herlewings van stapel kan stuur terwyl dit so opsigtelik in stryd met Bybelse beginsels en leerstellings is, is ‘n moeilike saak om te begryp. Dit is duidelik dat Satan ‘n slim plan bedink het om die evangeliese en charismatiese Christendom binne te dring en op ‘n baie gevaarlike dwaalweg te plaas. Verskeie evangeliese Christene het hulle hierdeur laat vang, omdat hulle nie ondersoek gedoen het na die Sentinel groep, Otis se “Moral Government of God” teologie en Wagner se strategiese geestelike oorlogvoering, asook die aard van sy stadskerke wat onder die leiding van profete en apostels sal staan nie. Hulle is net deur die idee van ‘n groot herlewing meegesleur, daarom voeg hulle hulself by hierdie wêreldwye beweging om die ideaal van herlewing te verwesenlik. Sommige kom agter dat hulle met ‘n dwaling te doen het, en ander nie.

Indien evangeliese Christene sê dat hulle niks met Otis en Wagner se dwalings te doen het nie, dan kan hulle beslis nie hierdie mense se video’s aanbeveel, hulle boeke verkoop, hulle artikels plaas, hulle terminologie gebruik en hulle onbybelse strategieë implementeer nie. Hierdie aktiwiteite skep ‘n assosiasie.

Dit is egter duidelik dat daar baie mense is wat nie vir ander oortuigings oor hierdie saak oop is nie, ongeag hoeveel feite aan hulle genoem word. Daar was ongelukkigheid in NUPSA se kantoor in Pretoria omdat ‘n dame haar bestelling vir twee Transformasie video’s gekanselleer het nadat sy ‘n artikel in Die Basuin gelees het. Mense wie se dwalings openbaar gemaak word, voel nooit goed daaroor nie. Die waarheid bly egter die waarheid. Ons moet dit aanhou verkondig, ongeag of dit ons minder populêr en selfs onaanvaarbaar by sekere groepe maak. Ons soek nie die eer van mense nie.

Hoe anders was die herlewing nie in Andrew Murray se tyd toe dit by klein groepies toegewyde Christene in die Boland begin het nie! Hulle het nie hulle hele dorp vir die Here gewen nie, en selfs nie eers al die gemeentes van die NG Kerk is vir die herlewingspredikers of hul boodskap oopgestel nie. Nogtans het die Here met ‘n groot werk in die harte en lewens van mense begin wat hulle voor Hom verootmoedig en met hulle sondes en wêreldsgesindheid gebreek het. Die voorwaarde van die Here was nie ekumeniese eenheid tussen alle denominasies, of ‘n vermenging van alle kultuur- en taalgroepe nie, maar gebroke en ontvanklike harte by sy ware kinders. Uiteindelik het hierdie herlewingsvuur na groot dele van die land versprei en het baie mense die weg na Gólgota en ‘n nuwe lewe gevind, en ook die tweede genadewerk van heiligmaking ervaar. Baie mense lees steeds Andrew Murray se sielsdeursoekende boodskappe in die boeke wat hy oor heiligmaking geskryf het.

NS. 'n Goeie video, Transformations – the New Spiritual Warfare Movement, deur Bill Randles, is beskikbaar by Kerugma Produksies, Posbus 1367, Kuilsrivier 7579, RSA. Skakel hulle by (021) 903 1901 of per e-pos by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

www.kerugma.org

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 1154
Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt I grew up in “happy-clappy” churches. My family church-hopped a bit when I was in primary school. In high school, we got more and more involved in churches that followed the Word of Faith movement. They often invited big names from overseas. We would attend these prophetic or healing and miracle services. We also watched tapes of their so-called ‘Revival meetings’.

Questions Answered

Here are some articles on different topics, see what the Bible says.

/Eienskappe%20van%20God
DIE NATUURLIKE EIENSKAPPE VAN GOD WAT VERBAND HOU MET GOD SE WESE SOOS HY IN HOMSELF IS. Alwetend – God weet alles. Hy het volledige kennis van alles in die verlede, hede en die toekoms. (Job 37:16; Ps. 139:1-6). Almagtig – God…
One has only to examine the Bible to find abundant references condemning the use of alcoholic beverages. In fact, if the preacher is to stick to his Bible, preach the whole truth, and be…
Twee van die sondes waarteen mense ‘n baie verdraagsame houding inneem, is drink en rook. Wat sê die Bybel hiervan, en wat is die gevare wat daaraan verbonde is? Drankgebruik Een van die algemeenste argumente waardeur mense drankgebruik wil regverdig,…
Hell:%20What%20the%20Bible%20Says
An exposition of the doctrine of eternal punishment in a burning hell for all the unsaved people of all ages. 1. How Can We Know About Hell? “There was a certain rich man, which was clothed in purple and fine…
It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the…
Die onderwerp van die doop is baie kontroversieel met baie misverstande. Baie mense dweep met die doop en dit raak 'n obsessie by hulle. Dit veroorsaak baie keer ongebalanseerde en dwase strydvrae met die gevolg dat Christene twis oor die…
Vergifnis
Vergifnis is ‘n opdrag in die Woord van God (Matt 6:14, 15; Mark 11:25, 26; Luk 6:37; Efes 4:32 en Kol 3:13). Sonder vergifnis is daar geen bevryding van die seer en pyn wat ander jou aangedoen het nie. Die…

Lees meer

Loose Lips Sink Ships
I know this has been used as a catchphrase by the military in referring to ships. However, I believe it could be applied to each one of us today. Loose lips can sink more than naval ships. They can…

Read more

Questions Answered

Questions Answered

Being a Christian and drinking alcohol, what does the Bible say?
The Dangers of Moderate Drinking
John B. Gough (1817-1886) Born in Sandgate, Kent, England in 1817, Gough immigrated to the United States when he was only twelve years old. His mother and sister also came to America. His mother died of a stroke and Gough,…

Read more

Beer and Wine: The Bible’s Counsel
Doesn't the Bible refer in a number of places to wine and strong drink? Don't we quite often find people drinking alcohol in the Bible? Can't we assume, then, that Scripture generally does not condemn drinking alcoholic beverages? It's true that…

Read more

A collection of articles written by FB Meyer. Practical advice for the daily Christian life.

A NEW YEAR is opening before us, and there is some satisfaction in feeling that an opportunity will be afforded of making a really new start. Each true heart in which there is a spark of the Divine life turns eagerly towards the unblemished page, the untrodden way, of the…
BENEATH all exaggeration there is a basis of truth. When an American said that the whey which flowed from the making of a large cheese in his country was sufficient to run three sawmills; and when another affirmed that the soil of his farm was so prolific that the tendrils…
To be straight is to be true. There is no more important exhortation on the page of Scripture, than where the Apostle says, "Whatsoever things are true . . . think on these things." A friend of mine, educated in one of our great English schools, says that the most formative words of…
WHAT a shadow is cast over lives and homes by bad tempers! It is Sunday morning, God's day of rest and peace, when the worry and rush of the world should be quiet, and the voices of newspaper boys and hawkers of small wares should be still. A family of…
No flirting, young people, please! You cannot flit around the flame without the risk of burning your wings; and remember, if these are lost, you cannot get another pair; you may be able to crawl or limp, but you will never again bask in the sunbeams or dance with merry-hearted…
LONGFELLOW'S village blacksmith felt that "something accomplished, something done," had earned a night's repose; and I suppose that he did little else than shoe the farmers' horses, or put new shares to their ploughs; yet he had the perpetual consciousness that he was doing something in the world, contributing to…
No wonder that the common people hung on Christ's words. He was a Master of the Art of Illustration, because he sought his emblems, not from remote corners of creation, or its recondite processes, but from the common incidents of ordinary human experience. Salt and light, birds and lilies, gates…
Everyone needs some guidance on where to start reading and how to read their Bible. Below are Afrikaans & English printables - give it to every young believer that you give a Bible to.
Tips on reading your Bible

Where should I start?

Start by reading a chapter in the morning and evening. Mark in your Bible and write in a notebook everything that stands out in the chapter you read.

Read more

Wenke om jou Bybel te lees

Waar moet ek begin?

Lees jou Bybel in orde, moet nooit rondspring tussen boeke en hoofstukke nie. Hou by jou lees skedule, as jy laas Markus 1 gelees het lees jou nou Markus 2.

Lees meer

Heiligmaking

'n Rein hart gevul met die Heilige Gees

/Volkome%20Heiligmaking
Met die ondervinding van wedergeboorte (Joh. 3:3) én die bevestiging daarvan deur die getuienis van die Heilige Gees (Rom. 8:16), vind ‘n radikale verandering van lewenswyse plaas (2 Kor. 5:17). Hierna volg ‘n proses van selfontdekking wat lei tot die behoefte aan ‘n dieper innerlike verlossing (vrymaking) en reiniging van die inwonende sonde asook die vervulling met die Heilige Gees.
/Gaan
aan%20na%20Volwassenheid
In Heb 3 & 4 wys die skrywer vir ons die wonderlike belofte van God se rus, wat ‘n rein en oorwinnende lewe in Christus is. Hy vertel van hierdie belofte, en dan vermaan hy die Hebreërs in hoofstuk 5:12-14 dat hulle moet voortgaan na volwassenheid want hulle is nog kinders in die geloof.
/Die%20pad%20na%20Heiligmaking
Hier besef die weergebore Christen dat ‘n dieper werk in sy hart benodig word. Dat daar dinge is waaraan hy dalk nog vasklou of sonde wat hy nie wil laat staan nie of hy twyfel en vertrou God nie volkome nie. Hier gaan ons kyk na wat die stryd in ons binneste is en hoe om die pad na heiligmaking te begin.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Kol 2:6: Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, 1. Watookal die Here vir jou sê, doen dit. Joh 2:5 “Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.” - Moenie meer of minder doen nie, doen net dit wat Hy gesê het. Matt 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” – As ek doen wat Hy sê sal Hy met my wees. Doen wat Jesus sou gedoen het. Meet alles altyd hieraan.
by Marius Wolfaardt Christian Lifestyle
Col 2:6 As therefore ye received Christ Jesus the Lord, so walk in him, 1. Whatever the Lord tells you to do, do it. Joh 2:5 “His mother saith unto the servants, Whatsoever he saith unto you, do it.” Don't do more or less, but, just that which He tells you to do. Mat 28:20 “teaching them to observe all things whatsoever I commanded you: and lo, I am with you always, even unto the end of the world.” If you do what He tells you to do, He will be with you unto the end of the world. Always do what Jesus would do, measure everything according to this rule.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Hoe hanteer ek dit?

Mat 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Binne in die moeilike tye is die Here reeds besig om iets nuuts te maak, al sien jy dit nie raak terwyl jy in die vuur is of deur die rivier gaan nie. God het ‘n plan. Rou is natuurlik en is iets wat moet gebeur, dit is ‘n proses om deur te werk, maar daarna moet jy ook aan beweeg en nie hier vasval nie.

Assurance of Salvation

Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
English Sermons

English Sermons

Here is a link if you would like to listen to audio sermons by various preachers. Promoting Genuine Biblical Revival.

Go to website