fbpx
Articles
Articles | Tips & Help for the Daily Christian Life |

Grow in Christ

Humanistiese Hervormings

Johan Malan - Afrikaanse Artikels

Opsomming: Regerings wat God se oppergesag nie erken nie, bevorder humanisme en anargie en maak hulleself dikwels aan growwe gesagsmisbruik skuldig.

Die geskiedenis van die nasies weerspieël duidelik die gevolge van die sondeval in die verdorwenheid van die menslike natuur en in die goddelose sosio-politieke en godsdienstige strukture wat volkere vir hulleself skep. Sedert die vroegste tye was rebellie teen God deur die miskenning van sy oppergesag, die verwerping van sy geregtigheid en die aanbidding van afgode aan die orde van die dag. In die plek hiervan het die mens homself verhef, arrogant opgetree, diktatoriale magte beoefen en slegs eer aan sy eie afgode bewys. In ‘n meer gesofistikeerde vorm manifesteer hierdie rebellie in moderne tye in ‘n humanistiese kode vir menseregte en sosiale geregtigheid, waarin ruim voorsiening vir persoonlike vryhede en die florering van valse gelowe (of die negering van godsdiens deur sekularisme) gemaak word.

In hierdie opsig herhaal die geskiedenis nie net homself nie, maar word die weg vir die ergste rebellie van alle tye gebaan. God-verwerpende grondwette word aanvaar waardeur daar vrye teuels aan die verdraaide moraliteit van die gevalle mens gegee word. Die Bybel skets ‘n duidelike eindtydse toneel van dié aard, nl. ‘n wêreld wat meer as ooit tevore die rug op God draai en deur sy humanistiese hervormings aktief meehelp om magsbasisse vir die komende wêreldryk van die Antichris te skep.

Die hernude uitdaging en verwerping van God se soewereiniteit en die koningskap van Christus is die eerste treë op die selfvernietigende opmars na Armagéddon. Die geskiedenis van die nasies eindig dus waar dit begin het, naamlik ‘n Babiloniese sameswering teen God. Ten spyte van waarskuwings hieroor gaan die nasies voort om hulle eie ondergang te bewerk deur staatkundige modelle en grondwette sonder God te aanvaar. Hierdeur berei hulle die weg vir die koms van die Antichris voor. In Openbaring word dié bose leier met verskeie goddelose diktators in die geskiedenis vergelyk. Net soos hulle, sal hy ook sy onderdane godsdienstig mislei, verslaaf en onderdruk:

“En ek het ‘n dier (die Antichris) uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag… En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?

“En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek… Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid... En dit is hom (die ander dier, die valse profeet) gegee om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie” (Op. 13:1-15).

Die eindtydse wêreldryk van die Antichris is nie wesenlik iets nuuts nie omdat dit ‘n herlewing van die vorige goddelose wêreldryke sal wees. In omvang sal dit egter veel groter en in intensiteit aansienlik erger wees, omdat daar onder sy bewind ‘n groot verdrukking sal wees soos wat daar nog nooit op aarde was nie (Matt. 24:21).

Soos wat Satan aan Christus die koninkryke van hierdie wêreld aangebied het as Hy sou neerval en hom aanbid (Luk. 4:5-7), sal hy dit op dieselfde voorwaarde aan die nabootser van Christus, die Antichris, aanbied. Hy sal dit aanvaar, daarom sal die mense wat hom aanbid, ook die draak (die duiwel) moet aanbid van wie hy sy troon en groot mag gekry het (Op. 13:4).

Hoewel die wêreld tans in die mag van die Bose lê (1 Joh. 5:19), is die Christene deur die krag van die Heilige Gees die lig van ‘n donker wêreld en die sout van ‘n bedorwe aarde, en kan die duiwel nie ongehinderd al sy planne vir wêreldheerskappy in werking stel nie. Met die wegraping sal die uur van volkome duisternis egter aanbreek, want dan sal diegene wat soos ligte te midde van ‘n krom en verdraaide geslag geskyn het, skielik weg wees. Dan sal die Antichris onmiddellik geopenbaar word  en sonder teëstand wêreldwyd as ‘n simbool van humanistiese en godsdienstige eenheid aanvaar word (2 Thess. 2:6-10).

Sewe opeenvolgende wêreldryke (die dier met sewe koppe)

Die eindtydse ryk van die Antichris sal die sewende in ‘n reeks goddelose wêreldregerings wees wat met Nimrod se antieke Babiloniese ryk begin het (Gen. 11:1-9). Nadat die Assiriërs Babilon verower en oor die destyds bekende wêreld regeer het, is Babilon se opperheerskappy weer onder Nebukadnésar herstel. Daarna het die Medo-Persiese, Griekse en Romeinse ryke gevolg. Ná die Romeinse ryk het die wêreld polities en kultureel al hoe meer verdeeld geraak, maar tans word die Eerste-, Tweede- en Derde Wêreld onder die vaandel van die Nuwe Wêreldorde verenig in voorbereiding op die sewende wêreldryk, nl. dié van die Antichris. Die sewe ryke is:

1.    Die antieke Babiloniese ryk

2.    Die Assiriese ryk

3.    Die herstelde Babiloniese ryk

4.    Die Medo-Persiese ryk

5.    Die Griekse ryk

6.    Die Romeinse ryk

7.    Die eindtydse ryk van die Antichris

‘n Herhaling van die onderdrukkende en goddelose praktyke van die vorige wêreldryke sal tydens die ryk van die Antichris voorkom. Dit is die rede waarom hy as ‘n eienaardige, saamgestelde dier voorgestel word wat die Babiloniese, Medo-Persiese, Griekse én Romeinse ryke sal laat herleef. Die Assiriese ryk is nie in hierdie simbole verteenwoordig nie, maar uit Jesaja 10:12-25 is dit duidelik dat Assur (die Assiriër) ook ‘n tipe van die Antichris is.

Die Babiloniese ryk (die bek van ‘n leeu)

In Daniël 7 is die leeu die simbool van die Babiloniese ryk. In Daniël 2 word hierdie ryk deur die beeld se kop van goud voorgestel. Dit het volgens Daniël 3 daartoe aanleiding gegee dat Nebukadnésar ‘n goue beeld laat maak het wat 30 meter hoog was (so hoog soos ‘n 9-verdieping gebou), en alle nasies in sy ryk gedwing het om in aanbidding voor die beeld neer te val. Nebukadnésar het beheer oor die hele bewoonde wêreld gehad. Hy het die mag van die Babiloniese ryk bo enige ander mag verhef, homself vergoddelik en tot die verlosser en opperheerser van alle mense verklaar. Hy het opdrag gegee dat geen ander god aanbid mag word nie, omdat die staat en die koning die hoogste gesag was wat geen meerdere gesag erken het nie. Hy het ‘n grondwet sonder God gehad.

‘n Skrikwekkende vorm van openbare teregstelling het op almal gewag wat die koning se bevel verontagsaam het. In dié opsig is ook die ware God van hemel en aarde gesmaad, omdat die Joodse ballinge verbied is om hulle God te aanbid, en aangesê is om voor die koning se beeld neer te buig.

Vergelyk hierdie opset met Suid-Afrika se grondwet waarin God nie as die hoogste gesag genoem word nie. Die ontkenning van God se gesag lei altyd na die verwerping en belastering van sy heilige Naam. Daarom is daar op al sewe die koppe van die dier ‘n naam van godslastering geskryf.

Nadat die Here vir Nebukadnésar verneder het tot ‘n kranksinnige wat saam met die diere van die veld gewoon het, het hy God erken en eer aan Hom gegee:

“Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel” (Dan. 4:37).

Nebukadnésar het die oppergesag van God erken toe hy as koning herstel is, en daardeur eksplisiet sy eie gesag én die gesag van die staat aan die almagtige God ondergeskik gestel. Hy het dus ná sy dure ondervinding die grondwet van die Babiloniese ryk fundamenteel hersien.

Die Medo-Persiese ryk (die pote van ‘n beer)

Die beer was ‘n voorstelling van die Medo-Persiese ryk wat die Babiloniërs verower en in hulle plek geheers het. Die beer is wreedaardig en vertrap baie volke onder sy pote. Gruwelike vervolging is ook teen God se volk ingestel.

Koning Ahasveros is deur een van sy bose raadgewers, Haman, beïnvloed om ‘n dekreet uit te vaardig wat tot die vervolging en uitroeiing van die Joodse ballinge sou lei. Dit is opvallend dat regerings wat God uit hul grondwet uitskryf, altyd geestelike raadgewers met geweldige aansien het, maar wat eintlik blinde leiers is.

Ahasveros was egter self met ‘n Jodin, Ester, getroud, en het later besef dat hierdie mense wat hy wou laat uitdelg, glad nie ‘n bedreiging vir hom of sy koninkryk ingehou het nie. Hulle was wetsgehoorsame mense met hoë morele standaarde. Wat meer is, baie van hulle het vir hom gebid. Die Jood, Mordegai, het selfs die koning se lewe gespaar deurdat hy ’n komplot teen hom openbaar gemaak het (Ester 2).

Hierdie koning van ‘n goddelose wêreldryk het skielik tot die besef gekom dat hy deur sy raadgewer, Haman, mislei is en heeltemal verkeerd opgetree het. Hy was egter die slagoffer van sy eie grondwet wat geen erkenning aan God of die volk van God gegee het nie. Die grondwet het ook bepaal dat die koning nie sy eie wette kon terugtrek nie. Hy het d.m.v. die onveranderlike wette van die Meders en Perse regeer.

Dit wat Ahasveros onder die omstandighede kon doen om die volk van God te beskerm en te laat oorleef, het hy gedoen. Hy het hulle die reg gegee om hulleself te verdedig. Ook het hy van sy bose raadgewer ontslae geraak. Hy het Haman eers laat erken dat hy verkeerd was, hom gedwing om Mordegai te vereer, en hom daarna laat teregstel. Soos wat Nebukadnésar tot ander insigte gekom het, het hierdie koning se oë ook vir sekere feite omtrent God en sy volk oopgegaan.

Die Griekse ryk (die lyf van ‘n luiperd)

Die luiperd was ‘n uitbeelding van die Griekse ryk wat ná die Medo-Persiese ryk wêreldheerskappy onder die aanvoering van Alexander die Grote verkry het. Die Grieke het ‘n multigodsdienstige grondwet gehad deurdat hulle ‘n groot aantal gode, selfs ook die onbekende god, aanbid het. Hulle Hellenistiese wêreldgodsdiens het hulle oral onder ander volke gepropageer, ook onder die Jode. Hoewel hulle bereid was om feitlik elke denkbare god te aanbid, wou hulle niks met die eksklusiewe godsdiens van Israel te doen hê nie.

Antiochus Epifanes, een van die konings van die Siriese provinsie, het alles moontlik gedoen om Israel se godsdiens uit te roei en die aanbidding van Griekse afgode soos Zeus in die plek daarvan te stel. Hy het mense tereg laat stel wat hulle kinders besny en die verbond met Jahweh in stand gehou het.

Ons situasie is vergelykbaar hiermee deurdat ons ook ‘n multigodsdienstige grondwet het. Dit behels dat die Christendom op ‘n gelyke vlak met alle ander godsdienste gestel word. Persone wat intergeloofsbande teëstaan en die Christelike geloof ten koste van ander gelowe tot die enigste ware godsdiens verhef, kan weens ongrondwetlike gedrag in onguns kom.

Die Romeinse ryk (die dier met die tien horings)

Die verskriklike dier met die tien horings op sy kop (Dan. 7:7), is simbolies van die Romeinse ryk met sy goddeloosheid en hartelose oorheersing van ander volke. Die keisers het hulleself vergoddelik en wrede vervolging teen Jode en Christene ingestel. Nero was een van die bekendste diktators in hierdie ryk. As gevolg van ‘n opdrag deur hom is Israel met brute geweld binnegeval en onderwerp. Tydens die beleg en inname van Jerusalem is daar in net vyf maande 1,1 miljoen Jode dood en 97 000 as krygsgevangenes weggevoer. Baie van hulle is op slawemarkte verkoop. Die tempel is verwoes en afgebrand, en die gesmelte goud geroof.

Afgodediens is nooit in die Romeinse ryk verbied nie en die beoefenaars daarvan ook nie vervolg nie. Selfs nadat die Christendom vroeg in die vierde eeu deur Konstantyn erken is, was dit nie ten koste van die valse godsdienste nie.

In ons tyd ondervind die nie-Christelike godsdienste ook geen weerstand of teëstand van enige aard nie. Dit is die Christendom wat die knie moet buig voor Baal, deur erkennend en akkommoderend t.o.v. die nie-Christelike gelowe te wees. Die Christene vra nooit spesiale toegewings van regerings nie en probeer ook nie om hulle siening aan ander gelowe op te dring nie. Al wat hulle deur die eeue heen gevra het, is dat die regering die ware God sal erken en op sy Woord ag gee.

Optrede van die Antichris as toekomstige wêreldleier

Net soos die leiers van die vorige wêreldregerings, sal die Antichris op absolute opperheerskappy aanspraak maak, homself in die plek van God stel en op almal se aanbidding aandring:

·       Soos Nebukadnésar, sal hy sy septer oor al die nasies van die aarde swaai en hulle polities, godsdienstig en ekonomies volkome oorheers (Op. 13). Die verpligte aanbidding van ‘n beeld sal weer afgekondig word. Die doodstraf sal op hoogverraad berus, asook op diegene wat weier om die beeld te aanbid. Soos wat Nebukadnésar die Jode as ballinge weggevoer het, sal hy hulle ook probeer uitwis sodat hulle na onherbergsame plekke in die woestyn sal moet vlug.

·       Soos die Meders en Perse sal hy deur middel van onveranderlike en onaanvegbare dekrete regeer. Hy sal ook bose medewerkers hê waaronder die valse profeet die vernaamste sal wees. Hy sal ‘n dekreet uitvaardig waaardeur Christenvervolging en ‘n Joodse volksmoord gewettig sal word. Soos wat Haman in die put geval het wat hy vir die Jode gegrawe het, sal die Antichris en die valse profeet hulle eie ondergang, teregstelling en verdoeming verhaas.

·       Soos in die Griekse ryk sal hy ‘n wêreldgodsdiens instel waarin alle afgode aanbid sal word. Hierdie ekumeniese verenig van die valse gelowe (Openbaring 17:3-5 se moeder van die hoere) sal deur hom erken word en op sy rug ry. Listige metodes en omkopery sal gebruik word om sy wêreldgodsdiens te propageer. Slegs die aanbidding van die ware God sal deur hom verbied word. Soos wat Antiochus Epifanes Israel geannekseer en hulle godsdiens probeer vernietig het, sal hy dit ook doen.

·       Soos in die Romeinse ryk, sal hy die volk van God vervolg en probeer uitwis van die aarde af. Hy sal homself as God aan die mensdom bied om aanbid te word. Alle nasies sal aan sy militêre diktatuur onderwerp word, swaar belastings sal vir sy wêreldregering gehef word, krygswet sal geld en alle rebelle teen sy bewind sal in die openbaar, te midde van groot toejuiging deur die skare, tereggestel word. Soos wat hierdie én alle ander goddelose ryke tot ‘n val gekom het, sal sy val ook groot wees.

Dit is dus duidelik waarom die Antichris se wêreldryk met al die vorige wêreldryke vergelyk word. Iets van hulle almal sal in sy ryk herleef. Hy sal egter erger as hulle almal saam wees, want die Here Jesus het gesê dat daar in die eindtyd ‘n groot verdrukking sal wees soos wat daar nog nooit tevore op aarde was nie (Matt. 24:21-22).

Goddelose regerings

Dit is uit al die vorige wêreldryke duidelik wat die gevolg daarvan is as ‘n koning die oppergesag van God verwerp en homself en sy regering in die plek van God as oppermagtig beskou. Hy word tot in die dieptes verneder en sy eens magtige ryk soos die kaf van die dorsvloere wat deur die wind van God se oordele weggewaai word. Die wederkoms van Jesus Christus sal die einde van al die goddelose regerings van hierdie wêreld beteken, en Christus self sal in hulle plek regeer (Dan. 2:31-45).

God beklee die hoogste gesag in die heelal. Hy is self die outeur en verpersoonliking van gesag, daarom kan Hy gesag delegeer aan wie Hy wil. Hy stel konings aan en ruk hulle weer van hul trone af. Om dieselfde rede het die Here Jesus, wat self ook God is, alle mag in die hemel en op aarde (Matt. 28:18). Hy is die Koning van die konings en die Heer van die here.

Gesagsmisbruik

Geen regering of leier sou enige mag en gesag oor mense hê indien dit nie binne die toelatende wil van God aan hom verleen word nie. Indien hy egter God se oppergesag misken deur nie in sy grondwet erkenning daaraan te gee nie, maak hy homself aan gesagsmisbruik skuldig en grawe sy eie politieke graf. In werklikheid verwerp hy hierdeur die grondslag van die gesag wat hy self beoefen, omdat hy nie aan die oorsprong daarvan erkenning gee nie.

Wanneer die gesag en posisie van die ware God nie erken en eerbiedig word nie, gebeur daar twee dinge:

·       Die eerste moontlikheid is dat die staat bloot sy gesag verloor omdat dit die Here verloën. Anargie onstaan dan. Onder die dekmantel van demokratiese hervormings word gesag na die massas afgewentel – dit is die werkersklas, studente, skoliere en werklose misdadigers. Wetteloosheid, chaos, wanorde en ‘n vloedgolf van misdaad begin dan om ‘n land te teister. Wette en regulasies word bevraagteken, geminag, as onaanvaarbaar beskou en verwerp. Elkeen doen net wat hy of sy wil. Wanneer belangrike besluite geneem moet word, word gesê: “The people must decide.”

·       Die tweede moontlikheid is dat ‘n diktator opstaan en begin om wet en orde deur middel van militêre geweld te handhaaf. Dit lei na gesagsmisbruik, onderdrukking, uitbuiting, die miskenning van basiese menseregte, wreedheid en slawerny. ‘n Diktator beskou homself as aan niemand aanspreeklik vir sy dade nie. Hy doen wat hy wil en neem absolute en hartelose besluite oor die lotgevalle van mense en volkere oor wie sy militêre septer swaai. Omdat die duiwel die outeur van rebellie, wreedheid en wanorde is, en ook ‘n mensemoordenaar van die begin af, het diktators ‘n natuurlike geneigdheid tot ‘n assosiasie met die valse godsdienste.

Goddelose (humanistiese) grondwette

Die afgelope dekade het verskeie lande onder die beïnvloeding van Amerika en die Verenigde Nasies tot die stap oorgegaan om God se gesag openlik te misken en te verwerp deur humanistiese grondwette te aanvaar waarin geen melding van sy oppergesag en posisie gemaak word nie. Suid-Afrika is ook een van dié lande waarvan die regering sy rug op die ware God gedraai het deur ‘n grondwet te aanvaar waarin hy in sy staatsgesag roem en alle gelowe gelykstel.

Indien die vroeëre kommunistiese magsuitbreiding in die wêreld in ag geneem word, het ten minste 44 lande in dié eeu hulleself tot sekulêre state verklaar. In alle gevalle het dit tot beperkende wetgewing en die vervolging van hul onderdane gelei. Meer as 160 miljoen mense het in die 20ste eeu aan die hand van hul eie regerings in sekulêre state gesterf! Dit is onbegryplik dat daar ten spyte van al dié getuienis aan die einde van hierdie eeu tot sekulêre grondwette teruggekeer word.

Dit is in ‘n tyd soos dié dat Psalm 2 finaal vervul sal word:

“Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde (Christus) en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: Ék tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. Ek wil vertel van die besluit: Die Here het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot. Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die Here met vrees, en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!” (Ps. 2:1-12).

Volgens vers 2 word daar deur die nasies ‘n openlike veldtog teen God én die Here Jesus gevoer. Hulle misken God se oppergesag en bring ander gode voor sy aangesig. Hulle verwerp ook ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing, die versoening aan die kruis, Christelike onderwys, die Christelike etiek, ens. Hulle ag hulleself eenvoudig nie meer hieraan gebonde nie, en beskou Christelike beginsels as ‘n belemmering vir hulle humanistiese vryheidstrewe: “Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” Dit, meen hulle, is ware vryheid, gelykheid en broederskap!

God sê egter uitdruklik dat Hy sy Seun, Jesus Christus, as Koning oor hierdie aarde gesalf het en nasies as sy erfdeel gegee het (v. 7-8). As hulle teen Hom in opstand kom, sal Hy hulle verpletter en stukkend slaan (v. 9). Dieselfde sal met hierdie goddelose regerings en hulle onderdane gebeur as wat met al die vorige wêreldregerings gebeur het wat God misken en verwerp het. Die oordele wag reeds op hulle, want vreeslik is dit om te val in die hande van ‘n lewende God (Heb. 10:31). Hulle sal voortgaan met hulle verwerping van die ware Christus, en dan noodwendig die Antichris (die dier van Openbaring) as wêreldheerser kry. Saam met hom, en as deel van sy militêre diktatuur, sal hulle teen die ware Christus veg wanneer Hy kom om sy koninkryk op die berg Sion te vestig. Saam met die Antichris sal sy misleide volgelinge ook verdelg word wanneer die ware Koning kom:

“En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom (Jesus Christus) wat op die perd sit, en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees” (Op. 19:19-21).

Wil die regerings van die nasies, insluitende die Suid-Afrikaanse regering, wat reeds die eerste gevaarlike treë gegee het op die pad van die finale verwerping van die ware God en die ontering van sy Naam deur Hom met die afgode gelyk te stel, hulle nie liewer vriendelik laat waarsku nie? “Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde” (v. 10). Die regters wat help om die goddelose grondwette en ander wette af te dwing waardeur hele nasies geestelik en moreel afvallig gemaak word, word saam met die politieke leiers vir hulle verraad teen God aanspreeklik gehou.

Vir hulle almal sê Psalm 2: “Dien die Here met vrees en juig met bewing.” Daar moet eerbied en ontsag vir die Here wees deur die konings en regters. Die leiers van ‘n land moet dus aan hulle volgelinge die regte voorbeeld stel. As hulle dit nie doen nie, wag daar vir hulle groot probleme: “Kus die Seun (Jesus Christus), dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam.”

‘n Persoon, ‘n groep of ‘n land wat sy toevlug tot die Here neem, volle erkenning aan Hom gee en waarlik in Hom glo, word gelukkig en geseënd genoem: “Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!”

‘n Veilige skuilplek

Die Here Jesus nooi alle sondaars om hulle toevlug by Hom te neem. Bely u sondes en verlorenheid teenoor Hom, verkry sy vergifnis en ontvang Hom as Verlosser in u lewe (1 Joh. 1:9; Joh. 1:12). Gólgota is ‘n skuilplek teen die toorn van die Here, want dáár het God se oordele oor die sondes van die hele wêreld oor Jesus gekom toe Hy sy lewe vir ons afgelê het. Die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom (Jes. 53:5). Het u al sy plaasvervangende dood aanvaar?

As u aan die ware Christus behoort, Hom liefhet en dien, sal u deur die Gees van die waarheid gelei word. Dan sal u nie ‘n slagoffer van die Antichris se misleiding word, en hom uiteindelik op sy pad na die hel volg nie. U sal ook nou reeds duidelik kant kies vír die Christendom en téén die antichristelike nuwe wêreldorde wat besig is om die weg vir die Antichris te berei.

Dit gaan dus oor veel meer as net u houding oor ‘n grondwet, ‘n ideologiese beleidsrigting of ‘n onderwysstelsel. Dit gaan oor u verhouding met die lewende God deur sy Seun, Jesus Christus. As u aan Hóm behoort, sal u die bedreigings van ons tyd raaksien en opstaan tot die stryd om die lig van ‘n donker wêreld en die sout van ‘n bedorwe aarde te wees. Alle Christene moet teëhouers in die huidige opmars van die Antichris na wêreldheerskappy wees (2 Thess. 2:6). Hy is nog nie as persoon geopenbaar nie, maar die werkers van die koninkryk van die duisternis is aktief besig om die wêreldtoneel vir sy verskyning in gereedheid te kry. Dink maar aan die volgende stellings en evalueer die negatiewe gebeure en humanistiese hervormings van ons dag in die lig daarvan:

·       Internasionalisme kan nie seëvier as nasionalisme nog sterk funksioneer nie, daarom moet nasionalisme en volkstrots afgebreek en as iets slegs beskou word.

·       Eenheid kan nie seëvier as daar nog verdeeldheid, grense en groepsgebondenheid bestaan nie. Alle grense moet afgebreek en brûe van eenheid gebou word. Indien groepe wél erken word, moet hulle nooit eksklusief wees nie, maar oop en akkommoderend ten opsigte van ander groepe.

·       ‘n Alliansie van alle godsdienste, in voorbereiding van ‘n antichristelike wêreldgodsdiens, kan nie gevestig word terwyl daar sterk vooroordele teen hierdie idee is nie. Alle kerke en godsdienste moet gelykgestel word, en ekumenies by strukture ingetrek word waar hulle as gelyke vennote kan saamwerk en nader aan mekaar beweeg.

·       Die ideaal van godsdienseenheid sal slegs bereik word indien alle gelowe glo dat hulle dieselfde God aanbid (universalisme). Dan sal hulle bereid wees om ook rondom dieselfde wêreldmessias (die Antichris) verenig te word.

·       Onderwys moet oral multigodsdienstig wees, sodat die opkomende geslag volgens die inklusiewe en multigodsdienstige sieninge van die nuwe wêreldorde opgevoed kan word. Christelike onderwys wat nie ekumenies is nie, moet dus deur alle regerings uitgefaseer word omdat dit eksklusief is.

·       Politieke ideologieë en grondwette moet geensins erkenning aan die Drie-enige God van die Christendom gee nie, omdat dit ander gelowe uitsluit en dus nie vir die kosmiese Christus  van alle gelowe (die Antichris en sy meelopers) aanvaarbaar sal wees nie. Dit moet sekulêr óf multigodsdienstig wees.

Al hierdie tendense vorm ‘n wesenlike deel van die voorbereidings vir die Antichris se wêreldstaat. Ons kan dit nie gelate aanvaar, passief toekyk, en onsself dan nog aktiewe Christene noem nie. Ons kan ook nie redeneer dat dit ‘n Bybelse opdrag is om as landsburgers sonder weerstand toe te kyk hoedat die Christendom deur goddelose mense ondergeploeg word nie. Dit gaan nie hier oor partypolitiek nie, maar om die saak van God se koninkryk en die beskerming van kinders teen misleiding in staatskole. Dit gaan ook oor ‘n oorgawe deur alle nasies aan die nuwe wêreldorde, en dit moet gestuit word omdat die Godgegewe regte van nasies en volkere daardeur vernietig sal word. Ten diepste gaan dit oor ’n beplande rebellie teen God en sy Gesalfde, die gekruisigde en opgestane Here Jesus Christus, en ons mag onder geen omstandighede deelgenote hiervan wees, of ons oë wegdraai terwyl dit gebeur nie.

Is jy ‘n teëhouer en help jy andere, ook die lede van jou land se regering, om tot besinning te kom en hulle saak met God reg te maak? Miskien weet baie van hulle nie eers dat hulle direk in die hand van die magte van die duisternis speel deur die rug op God te draai nie. Ons weet dat die god van hierdie wêreld (die duiwel) die sinne van mense verblind (2 Kor. 4:4) en hulle laat dink dat hulle goed doen wanneer hulle die Christendom en die heidendom gelykstel.

Ons wat die lig het, moet soos nooit tevore nie ons lig laat skyn en nie ‘n bedekking daaroor plaas omdat ons boodskap dalk ongewild is nie. Dit is nou die tyd om op te staan vir jou oortuigings en dit duidelik en vreesloos te verkondig!

God se boodskappe wat Hy deur sy profete aan Israel gestuur het, was dikwels in die vorm van waarskuwings oor hulle sonde en afvalligheid. Profete soos Jeremia het ‘n duur prys van persoonlike verwerping en vervolging betaal toe hulle hierdie waarskuwings namens die Here uitgespreek het. Tóg het baie mense na aanleiding daarvan besef dat hulle geestelik afgedwaal en teen God gesondig het, en Hom daarna weer aangeroep en om vergifnis gesmeek. Hy is ‘n genadige God wat groot is van goedertierenheid en vergewensgesindheid. Dit is waarom ons ook nie huiwer om ‘n geestelik siek Suid-Afrikaanse nasie in die Naam van die Here aan te spreek en tot bekering van hulle dwaalweë af op te roep nie.

Christelike protesaksies

Daar is wél mense in ons land wat ooreenkomstig die gees van die Protestantisme teen strukture, beginsels, gebruike en wette protesteer waardeur die eer van die Here aangetas en die belange van die Christendom bedreig word. Op 30 Mei 1995 het ‘n groep van 20 000 persone, wat onder die vaandel van Die Christen Stem (The Christian Voice) georganiseer is, na die Parlementsgebou in Kaapstad gemars om teen die beoogde nuwe grondwet en verwante sake soos die wettiging van aborsie en ‘n toegeeflike houding teenoor pornografie, te protesteer. Dit is op 3 Mei 1996 met ‘n soortgelyke optog deur omtrent 12 000 Christene gevolg. In ‘n memorandum wat aan die regering oorhandig is, is onder meer gesê:

“Gedeeltes van die voorgestelde nuwe grondwet is antichristelik. In plaas daarvan dat God in die grondwet geëer word, word die mens verhoog en soewerein verklaar. Vir Christene is slegs God soewerein. Hy is die Koning van die konings, die Heer van die here en die Heerser oor die nasies. Hy is die enigste een wat lewe gee en reën stuur. Dit is skynheilig en aanmatigend om van God te verwag om ons land te seën terwyl ons grondwet in blatante rebellie teen sy ewige Wet is.”

In die memorandum wat aan die voormalige Adjunk-Staatspresident, mnr. F.W. de Klerk, oorhgandig is, is ook daarop gewys dat indien die voorgestelde grondwet aanvaar sou word, dit die doodstraf oor skuldige moordenaars sou afskaf, maar deur middel van die wettiging van aborsie ‘n doodsvonnis oor onskuldige babas sou uitspreek. Pornografie sou as een van baie menslike vryhede beskerm word. Al die versoekskrifte is egter geïgnoreer.

Dr. Ed Cain van Signposts het ook sy stem by die protesaksies teen die grondwet gevoeg, en gesê:

“Baie van die bepalings van die nuwe grondwet is strydig met Christelike oortuigings. Dit is sekulêr omdat dit God ignoreer. Dit is humanisties omdat dit die mens in die plek van God stel. … In die aanhef word die stelling: ‘In humble submission to Almighty God’ vervang met: ‘We, the people of South Africa, recognise the injustices of our past; honour those who suffered for justice and freedom in our land.’ In plaas van om voor God se gesag te buig, gee die aanhef van die grondwet eer aan ‘n sekere groep mense!

“Dit is waar dat die aanhef afsluit met die woorde: ‘May God protect our people’ en ‘God bless South Africa’ (die openingswoorde van Nkosi Sikelela iAfrika) in ses tale. Om egter die Here se beskerming en seën te soek sonder om Hom te eer en aan Hom onderdanig te wees, beteken baie min.”

Die nuwe wêreldorde

Die rede waarom grondwette van dié aard so maklik aanvaar word, is omdat dit die gees van die antichristelike nuwe wêreldorde adem. Dit word internasionaal aangeprys omdat dit na bewering so billik en demokraties is, en nie onderdrukkende maatreëls bevat nie. Dit stel niemand in ‘n slegte lig nie, ook nie Bybels immorele gedrag soos homoseksualisme nie, en dit beskerm selfs die regte van moordenaars.

Omdat humanistiese menseregte en vryheid van assosiasie en uitdrukking bo groepsregte verhef word, word kultuurgroepe en godsdiensgroepe net in ‘n beperkte mate erken en beskerm. In werklikheid word eksklusiewe groepsregte nie toegestaan nie, en word hierdie groepe eerder aan vermenging met ander groepe, kulture en godsdienste blootgestel.

Grondwette van dié aard is die boustene van die nuwe wêreldorde. Indien die beginsels daarvan verder deurgetrek word, sal ‘n neo-Babiloniese samelewing wêreldwyd sy beslag kry. Alles sal in een internasionale orde saamvloei waarin nasionale soewereiniteit uiteindelik ook as ‘n eksklusiewe groepsreg ter wille van internasionalisme opgeoffer sal word. Alle nasies sal dan saamwerk om ‘n gemeenskaplike struktuur vir ‘n wêreldregering en ‘n alliansie van wêreldgodsdienste te skep. Volgens die Bybel sal die Antichris die hoof hiervan wees en dit gebruik om Satan se doelwit van universele heerskappy en aanbidding te verwesenlik.

Dit is dus ‘n ernstige saak wat ons hier aanspreek omdat die lotgevalle van individue én volke ten nouste daardeur geraak word. Soos Josua, moet ‘n Christen altyd ‘n duidelike standpunt oor sy godsdienstige oortuigings inneem:

“Kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: óf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, óf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die Here dien” (Jos. 24:15).

Die Suid-Afrikaanse regering het, grondwetlik gesproke, die humanistiese en antichristelike weg gekies deur nie die oppergesag van die Drie-Enige God te erken nie, en dus ook nie sy Woord tot die hoogste morele norm in die samelewing te verhef nie. Nou, byna 'n dekade later, maai die land wat hy gesaai het. Humanisme, sonde, korrupsie, normloosheid, wetteloosheid, die afskaffing van Christelike norme en Christelike onderwys, asook wydverspreide misdadigheid, is alles die gevolge daarvan as mense die rug op die lewende God keer. Só 'n land kry dan deur sy eie keuse en toedoen 'n "ander god" om oor hom te regeer. Hy is Satan, die god van hierdie wêreld, wat die sinne van mense verblind sodat hulle glad nie die waarheid kan sien nie (2 Kor. 4:4).

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 1154
Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt I grew up in “happy-clappy” churches. My family church-hopped a bit when I was in primary school. In high school, we got more and more involved in churches that followed the Word of Faith movement. They often invited big names from overseas. We would attend these prophetic or healing and miracle services. We also watched tapes of their so-called ‘Revival meetings’.

Questions Answered

Here are some articles on different topics, see what the Bible says.

/Eienskappe%20van%20God
DIE NATUURLIKE EIENSKAPPE VAN GOD WAT VERBAND HOU MET GOD SE WESE SOOS HY IN HOMSELF IS. Alwetend – God weet alles. Hy het volledige kennis van alles in die verlede, hede en die toekoms. (Job 37:16; Ps. 139:1-6). Almagtig – God…
One has only to examine the Bible to find abundant references condemning the use of alcoholic beverages. In fact, if the preacher is to stick to his Bible, preach the whole truth, and be…
Twee van die sondes waarteen mense ‘n baie verdraagsame houding inneem, is drink en rook. Wat sê die Bybel hiervan, en wat is die gevare wat daaraan verbonde is? Drankgebruik Een van die algemeenste argumente waardeur mense drankgebruik wil regverdig,…
Hell:%20What%20the%20Bible%20Says
An exposition of the doctrine of eternal punishment in a burning hell for all the unsaved people of all ages. 1. How Can We Know About Hell? “There was a certain rich man, which was clothed in purple and fine…
It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the…
Die onderwerp van die doop is baie kontroversieel met baie misverstande. Baie mense dweep met die doop en dit raak 'n obsessie by hulle. Dit veroorsaak baie keer ongebalanseerde en dwase strydvrae met die gevolg dat Christene twis oor die…
Vergifnis
Vergifnis is ‘n opdrag in die Woord van God (Matt 6:14, 15; Mark 11:25, 26; Luk 6:37; Efes 4:32 en Kol 3:13). Sonder vergifnis is daar geen bevryding van die seer en pyn wat ander jou aangedoen het nie. Die…

Lees meer

Loose Lips Sink Ships
I know this has been used as a catchphrase by the military in referring to ships. However, I believe it could be applied to each one of us today. Loose lips can sink more than naval ships. They can…

Read more

Questions Answered

Questions Answered

Being a Christian and drinking alcohol, what does the Bible say?
The Dangers of Moderate Drinking
John B. Gough (1817-1886) Born in Sandgate, Kent, England in 1817, Gough immigrated to the United States when he was only twelve years old. His mother and sister also came to America. His mother died of a stroke and Gough,…

Read more

Beer and Wine: The Bible’s Counsel
Doesn't the Bible refer in a number of places to wine and strong drink? Don't we quite often find people drinking alcohol in the Bible? Can't we assume, then, that Scripture generally does not condemn drinking alcoholic beverages? It's true that…

Read more

A collection of articles written by FB Meyer. Practical advice for the daily Christian life.

A NEW YEAR is opening before us, and there is some satisfaction in feeling that an opportunity will be afforded of making a really new start. Each true heart in which there is a spark of the Divine life turns eagerly towards the unblemished page, the untrodden way, of the…
BENEATH all exaggeration there is a basis of truth. When an American said that the whey which flowed from the making of a large cheese in his country was sufficient to run three sawmills; and when another affirmed that the soil of his farm was so prolific that the tendrils…
To be straight is to be true. There is no more important exhortation on the page of Scripture, than where the Apostle says, "Whatsoever things are true . . . think on these things." A friend of mine, educated in one of our great English schools, says that the most formative words of…
WHAT a shadow is cast over lives and homes by bad tempers! It is Sunday morning, God's day of rest and peace, when the worry and rush of the world should be quiet, and the voices of newspaper boys and hawkers of small wares should be still. A family of…
No flirting, young people, please! You cannot flit around the flame without the risk of burning your wings; and remember, if these are lost, you cannot get another pair; you may be able to crawl or limp, but you will never again bask in the sunbeams or dance with merry-hearted…
LONGFELLOW'S village blacksmith felt that "something accomplished, something done," had earned a night's repose; and I suppose that he did little else than shoe the farmers' horses, or put new shares to their ploughs; yet he had the perpetual consciousness that he was doing something in the world, contributing to…
No wonder that the common people hung on Christ's words. He was a Master of the Art of Illustration, because he sought his emblems, not from remote corners of creation, or its recondite processes, but from the common incidents of ordinary human experience. Salt and light, birds and lilies, gates…
Everyone needs some guidance on where to start reading and how to read their Bible. Below are Afrikaans & English printables - give it to every young believer that you give a Bible to.
Tips on reading your Bible

Where should I start?

Start by reading a chapter in the morning and evening. Mark in your Bible and write in a notebook everything that stands out in the chapter you read.

Read more

Wenke om jou Bybel te lees

Waar moet ek begin?

Lees jou Bybel in orde, moet nooit rondspring tussen boeke en hoofstukke nie. Hou by jou lees skedule, as jy laas Markus 1 gelees het lees jou nou Markus 2.

Lees meer

Heiligmaking

'n Rein hart gevul met die Heilige Gees

/Volkome%20Heiligmaking
Met die ondervinding van wedergeboorte (Joh. 3:3) én die bevestiging daarvan deur die getuienis van die Heilige Gees (Rom. 8:16), vind ‘n radikale verandering van lewenswyse plaas (2 Kor. 5:17). Hierna volg ‘n proses van selfontdekking wat lei tot die behoefte aan ‘n dieper innerlike verlossing (vrymaking) en reiniging van die inwonende sonde asook die vervulling met die Heilige Gees.
/Gaan
aan%20na%20Volwassenheid
In Heb 3 & 4 wys die skrywer vir ons die wonderlike belofte van God se rus, wat ‘n rein en oorwinnende lewe in Christus is. Hy vertel van hierdie belofte, en dan vermaan hy die Hebreërs in hoofstuk 5:12-14 dat hulle moet voortgaan na volwassenheid want hulle is nog kinders in die geloof.
/Die%20pad%20na%20Heiligmaking
Hier besef die weergebore Christen dat ‘n dieper werk in sy hart benodig word. Dat daar dinge is waaraan hy dalk nog vasklou of sonde wat hy nie wil laat staan nie of hy twyfel en vertrou God nie volkome nie. Hier gaan ons kyk na wat die stryd in ons binneste is en hoe om die pad na heiligmaking te begin.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Kol 2:6: Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, 1. Watookal die Here vir jou sê, doen dit. Joh 2:5 “Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.” - Moenie meer of minder doen nie, doen net dit wat Hy gesê het. Matt 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” – As ek doen wat Hy sê sal Hy met my wees. Doen wat Jesus sou gedoen het. Meet alles altyd hieraan.
by Marius Wolfaardt Christian Lifestyle
Col 2:6 As therefore ye received Christ Jesus the Lord, so walk in him, 1. Whatever the Lord tells you to do, do it. Joh 2:5 “His mother saith unto the servants, Whatsoever he saith unto you, do it.” Don't do more or less, but, just that which He tells you to do. Mat 28:20 “teaching them to observe all things whatsoever I commanded you: and lo, I am with you always, even unto the end of the world.” If you do what He tells you to do, He will be with you unto the end of the world. Always do what Jesus would do, measure everything according to this rule.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Hoe hanteer ek dit?

Mat 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Binne in die moeilike tye is die Here reeds besig om iets nuuts te maak, al sien jy dit nie raak terwyl jy in die vuur is of deur die rivier gaan nie. God het ‘n plan. Rou is natuurlik en is iets wat moet gebeur, dit is ‘n proses om deur te werk, maar daarna moet jy ook aan beweeg en nie hier vasval nie.

Assurance of Salvation

Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
English Sermons

English Sermons

Here is a link if you would like to listen to audio sermons by various preachers. Promoting Genuine Biblical Revival.

Go to website