fbpx
Just Africa Mission (JAM)
Him we Preach and Proclaim - Colossians 1:28

Die Muur

deur Madelein Wolfaardt

Romeine 3:23 “ want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,” 

Koop die Plakkaat vir hierdie Evangelie Boodskap

Sonde Skei Ons van God

In hierdie vers sien ons dat alle mense gesondig het en dat sonde ons skei van God. God is heilig en daar is geen sonde in Hom nie, Hy is die teenoorgestelde van sonde en daarom kan sonde nie in Sy teenwoordigheid wees nie.

Jesaja 59:2 sê ook dat ons ongeregtighede ons skei van God.

In die illustrasie sien ons sonde word voorgestel as ‘n baie hoë muur wat ons skei van God af en elke keer wat jy sonde doen lê jy nog stene op die muur en so word die muur alhoe hoër.

Sonde in die oorspronklike Grieks kan vertaal word as: Om die merk te mis.

Daar is vele voorbeelde van sonde geskryf op die stene in die muur maar sonde kan opgesom word as dievolgende: Sonde is die opsetlike oortreding van een of meer van God se bekende wette. Ons begrip van sonde is baie belangrik omdat ‘n verlore sondaar moet besef en verstaan dat hy wel verlore is voordat hy sy nood aan ‘n Redder sal kan besef.

Die Verkeerde Manier

om die sondemuur af te breek

Jesaja 53:6 sê dat ons almal gedwaal het soos skape en dat elkeen sy eie pad loop. Die verkeerde manier om die sondemuur af te breek tussen die sondaar en God is om dit op enige ander manier te probeer doen as deur die kruis van Jesus Christus.

Daar is baie mense wat ‘n sondebesef het maar hulle probeer dan tevergeefs om die stene in die muur self te verwyder deur om op te hou met ‘n sonde of om te begin kerk toe gaan, hul Bybel te begin lees of hulle begin soek na geestelike vriende. Hierdie dinge is nie verkeerd nie, maar om ‘n ‘beter’ mens van jouself te maak sal jou nie red nie.

Baie mense het geestelike ondervindinge waat hulle in daardie oomblikke bewus raak van God, van hul sonde, van die hel of watookal die geval mag wees. Dit kan gebeur deur ‘n lied wat hul hoor of by ‘n kerk diens, iets wat hul lees of dalk iets wat iemand vir hulle gesê het. So ‘n ondervinding is ook nie verkeerd nie want God gebruik hierdie tipe dinge om die verlore sondaar na Hom toe te roep, maar dit red ook nie.

Baie godsdienstige mense glo dat hul sonde outomaties vergeef is omdat hulle in ‘n Christen huis groot geword het en daarom moet hul Christene wees. Dit is nie waar nie. Jy is nie automaties ‘n brood as jy in ‘n bakery groot geword het nie en so ook nie ‘n motor as jy in ‘n paneelklopper grootgeword het nie. Dieselfde tel vir Christenskap, jy is nie ‘n Christen omdat jy in ‘n Christen huis grootgeword het nie. Christenskap is ‘n beluit wat elke persoon vir hulself moet maak, jou ouers kan nie vir jou besluit nie.

Die Regte Manier

om die sondemuur af te breek

1 Johannes 1:9 sê dat “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” 

Die regte manier is deur belydenis. Elke persoon moet ‘n sonde besef hê en dat hulle verlore is en geskei is van God. Saam met ‘n sondebesef kom die nood aan ‘n Redder.

Die ENIGSTE WEG

Jesus het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” 

Die enigste manier om die sondemuur af te breek tussen jou en God is deur die kruis van Jesus Christus. Hy het aan die kruis gesterf vir die sonde van die hele wêreld, Sy bloed was gestort om ons sondes weg te was sodat ons regverdig kan wees voor God. Hy is die Redder van die wêreld.

Sodra ‘n sondaar sy sondige toestand besef en sy nood aan vrymaking, is die volgende stap om die besluit te neem om sy lewe oor te gee aan God, om sy sonde te bely en om nuut gemaak te word. Jesus het voorsienning hiervoor gemaak vir elkeen op die kruis.

Dit is ‘n keuse wat elke persoon moet maak, dit kan nie vir iemand gemaak word nie en dit gebeur ook nie perongeluk of sonder dat die persoon dit weet nie. Dit is ‘n uiters persoonlike keuse wat ‘n mens se hele lewe verander.

Slot

Die oomblik wat ‘n persoon neerbuig en bely dat hy ‘n Redder nodig het en dat Jesus die enigeste weg is en bid dat God sy sonde sal vergewe, dit weg sal was en hom ‘n nuwe mens maak; dit is die oomblik wat die sondemuur vernietig word. Nou is die persoon nie meer geskei van God nie en ons het boonop nog die voorreg gekry om ‘n persoonlike verhouding met God te kan hê.

Is jou sondemuur al afgebreek?

Moet nie uitstel nie. Die uitnodiging is vir jou vandag: “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.” Jesaja 1:18

Koop die Plakkaat vir hierdie Evangelie Boodskap

Beskikbaar in Engels en Afrikaans

* Die plakate sluit in:

  • Aflaaibare Bybelstudie in PDF formaat
  • Hoe om die plakaat te gebruik
  • 12 Praktiese Wenke oor hoe om 'n persoon te lei om Jesus Christus aan te neem as hul Saligmaker
  • A4 Plakaat - 'n ideale grootte om te kan opvou en in jou Bybel te hou 
Evang<br />elism
Tools, tips & guidance

Evang
elism

Reach out to your community. There are many ways to spread the Gospel of Jesus Christ, we show you how and equip you with the necessary tools.
Go to page
Bible<br />Study
Material & Guides

Bible
Study

A growing range of Bible studies and study guides is available for group or individual study. Make disciples!
Go to page
Arti<br />cles
English & Afrikaans

Arti
cles

We offer a large collection of written material on various topics. These can be used as sermon notes, for Bible study and group studies as well as your own edification.
Go to page
Mis<br />sion
Africa Mission

Mis
sion

Church planting, growth, and leadership training. We support church communities in Malawi and Mozambique.
Go to page

Evangelism

Reach out to your community
Many people today say, "Why should I win souls?" "Isn't the preacher supposed to do that?" Yes! He is but so is every Christian.
Order Gospel Tracts
eBooks

eBooks

All eBooks are FREE, there are English as well as Afrikaans books available. Click the button below to browse the available electronic books.

eBooks

End Times

Bible prophecies show us exactly the predicted direction today’s events are taking. And for those who make time to study Bible prophecies, you can see that developments in our world today point in only one direction – the Second Coming of our Messiah, the Lord Jesus Christ, to establish His Kingdom on earth.

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 1263
Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt I grew up in “happy-clappy” churches. My family church-hopped a bit when I was in primary school. In high school, we got more and more involved in churches that followed the Word of Faith movement. They often invited big names from overseas. We would attend these prophetic or healing and miracle services. We also watched tapes of their so-called ‘Revival meetings’.