fbpx

Die Bybel in Geheel

DEEL 1
Die Ou Testament

Inhoud van die Ou Testament

  • Dit was oorspronklik in Hebreeus geskryf, behalwe vir ‘n paar dele in die boek Daniël wat in Aramees of Chaldees geskryf was.Die Ou Testament strek van die skepping af tot omtrent 400jr voor Christus.Die eerste 11 hoofstukke van Genesis deel met die mens oor die algemeen.In Hoofstuk 12 kies God Abram om die vader van Sy volk te wees.Die meeste van die res van die Ou Testament handel oor die volk Israel.Ander volke/mense word genoem as gevolg van een of ander konneksie wat hul het met Israel.
  • Christus is die hoof tema van die Ou Testament, ons vind Hom daarin voorgestel en beloof aan ons.Ons sien byvoorbeeld dat Jesus in die lewe van Josef voorgestel word (Gen 37-50) en in die Paaslam (Ex 12:3-10).Ons vind beloftes van Sy geboorteplek, maagdelike geboorte, verwerping, verloëning, dood, begrafnis, opstanding en wederkoms.
  • Al handel die Ou Testament hoofsaaklik oor Israel is dit steeds vol praktiese lering vir ons vandag.Die ‘tipes’ van die Ou Testament is veral belangrik, baie van dit word in die Nuwe Testament verduidelik.

Die Ou Testament kan in 3 Dele opgedeel word:

Deel 1 – Geskiedenis – Genesis tot Ester

Deel 2 – Wysheid & Digkuns – Job tot Hooglied

Deel 3 – Profesieë – Jesaja tot Maleagi

Deel 1 – Geskiedenis (Gen – Est)

Meeste van die boeke volg op mekaar in chronologiese volgorde, maar daar is ‘n paar uitsonderings waarby ons later sal kom. Die eerste 5 boeke word die Pentateug genoem, dit is die eerste 5 boeke van Moses.

Genesis

Dit beteken ‘Die Boek van Oorspronge’ en dek sowat 2000 jaar. Die Bybel open met die ontstaan van die mens en ontwikkel ook vinnig na die val van die mens.  Verdere morele verval het gelei na die vloed, wat deur Noag en sy familie oorleef was.  Die toring van Babel was ‘n monument van die mens se hoogmoed en rebellie teen God.  In Gen 12 roep God vir Abram om uit Ur te trek na die land wat nou Palestina genoem word, om die vader van die Hebreeuse volk te word. Isak was vir Abraham en Sara gebore op hul ou dag.  Hierdie lyn het af gegaan na Jakob, ‘n man vol streke maar ook vol geloof.  Jakob het die vader geword van 12 seuns, wat die hoofde van die 12 stamme van Israel was.  Een van die seuns naamlik Josef kom dan op die voorgrond. Liefgehê deur sy vader, maar gehaat deur sy broers, was hy verkoop in slawerny na Egipte.  Daar het hy ‘n prominente leier geword en toe daar hongersnood in die land was het sy familie na Egipte getrek omdat daar voedsel was en ook genoeg land om op te bly. Genesis eindig met Josef se dood in Egipte. Josef is dood aan ouderdom en was geseën met 110 lewensjare.

  • Gen 1:1 sê “In die begin het God” – God moet altyd eerste wees in alles, jou hele lewe.Gen 1:18 – Daar moet duidelike skeiding gemaak word tussen lig en duisternis.Baie mense het lig maar wil nie van die duister ontslae raak nie. Gen 2:17 – God het die boom daar gesit want as daar geen alternatief was nie kon daar ook geen ware liefde gewees het nie, die mens moet kies om God lief te hê.Gen 5:21-24 – Henog was ‘n profeet, Metúsalag beteken ‘by sy dood sal die oordeel kom’.Gen 10:10 – Die naam Babel beteken ‘hek na God’. Gen 12:10 – Abram het elke keer in die moeilikheid beland wanneer hy sy eie weg gevolg het en nie gedoen het wat God gesê het nie.Moenie agter ‘brood’ aan trek nie, maar vertrou God en doen wat Hy sê. Daar is ‘n tydperk van 13jr tussen Gen 16:16 en hoofstuk 17, wat God nie met Abram gepraat het nie omdat hy nie God se belofte geglo het nie en by Hagar in gegaan het.Gen 37 – Josef word verkoop as slaaf. Die slegte goed wat in ons lewens gebeur en die slegte dinge wat mense aan ons doen sit in der waarheid God se plan vir ons lewens in aksie. Gee oor aan die Here dat Hy met jou kan werk.

Exodus

Hier is die geboorte van die Israelitiese volk.  Soos wat die tyd verby gestap het, het hulle vermeerder in Egipte. Daar het ‘n nuwe farao aan bewind gekom wat hulle onderdruk het en as slawe laat werk het.  God het Moses geroep om hulle te verlos, en die plae gestuur oor Egipte omdat die farao geweier het om hulle te laat gaan.  Die 10de plaag was die dood van die eersgeborenes, hier het God die Paasfees ingestel waar die bloed van die lam aan die deurpos moes wees om sodoende die eersgeborenes te red.  Hierin is ‘n duidelike prent van Christus wat vir ons sondes Sy bloed gestort het tot vergifnis van ons sondes.  Hierna het Israel Egipte verlaat. Die tog het hulle geneem na Sinai waar God die 10 gebooie aan hulle gegee het.  Hier het God ook duidelike instruksies gegee oor ‘n tabernakel, priesters en ‘n sisteem van offers.  By die einde van Exodus is die Tabernakel opgerig en die mense nogsteeds by die voet van berg Sinai.

  • Exo 2 – Geboorte van Moses. Deur die slegte wat die duiwel bewerk het, het God dit weer goed laat uitwerk om Sy plan te vervul. Moses het die beste opleiding gehad, was ryk en ‘n sterk militêre leier, maar dit was nie goed genoeg vir God nie. Die Here het hom nog 40jr in die wildernis in gestuur en hy moes by sy skoonpa bly, hy moes breek voor die Here voordat hy bruikbaar kon wees en sy roeping kon vervul. Exo 4:12 – In ons swakhede is ons sterk want dan is dit nie deur ons eie krag nie, maar God s’n alleen. Exo 9:1 – Jy kan God nie dien terwyl jy nog Egipte dien nie. Exo 16:26-29 – Mens moet getrou wees om God te gehoorsaam in die klein goedjies, hoe anders kan Hy ons met meer toevertrou. Exo 23:33 – Ons moet ons rein hou van die wêreld, anders sal ons net soos die wêreld word.

Levitikus

Die boek is ‘n handboek van instruksies aan die Levitiese priesters wat aan Moses gegee was by Sinai. Levitikus lê klem op die nood aan heiligheid in die lewens van God se mense.  Die woord heilig kom meer as 150 keer voor in die boek.  Ons sien die offer van Christus wat as plaasvervanger gesterf het vir ons sondes in die offers wat die priesters moes bring.  In die boek vind ons wette wat die priesters aangaan, kosse wat geëet en nie geëet mag word nie, higiëne en morele reinheid, die diagnose van melaatsheid en die behandeling daarvan.  Hier is ook die instruksies van al die heilige dae op die Israelitiese kalender.  Hierdie feeste is prente van belangrike gebeure in God se werking met Israel, sommige al verby en sommige nog toekomstig.

  • Lev 11:44 – Ons moet baie nouer trek om onsself nie te verontreinig nie, maar om heilig te wees voor God moet ons let op wat ons in neem deur ons sintuie. Lev 20:7 – Ons moet ‘n heilige lewenswandel hê. Die woord heilig kan ook omskryf word as afgesonder vir God.

Numeri

Ons sien in die handelinge van God met die volk dat dissipline en detail van groot belang is vir God. Tot by Numeri 10:11 is die Israeliete nog by Sinai waar hulle gereed maak vir die tog na die beloofde land.  Daar was ‘n sensus gedoen hier en weer een aan die einde van die boek, daarom die naam Numeri (Numbers). Na omtrent ‘n jaar by Sinai het die volk kamp op geslaan en hul tog deur die wildernis begin, vol klagtes, rebellie en ongeloof.  Moses het 12 spioene vanuit die woestyn Paran gestuur om die land Kanaän te verken.  Al die spioene behalwe twee, Josua en Kaleb, het gesê dat dit hopeloos was om die land binne te kon gaan (ten spyte van God se belofte wat hul sukses sou verseker).  As gevolg van hulle ongeloof het God twee oordele oor die volk gebring. Hulle het vir 40jr lank in die woestyn gedwaal – ‘n jaar vir elke dag wat die spioene in die land Kanaän was.  Tweedens het alle mense van 20 jaar oud en daarbo in die woestyn om gekom, hulle kon nie die beloofde land ingaan nie (behalwe Josua en Kaleb omdat hulle God geglo het). Selfs Moses kon nie die beloofde land binnegaan nie omdat hy ongehoorsaam was aan God.  Toe die Israeliete gemurmureer het teen die Here en gebyt was deur slange, was hulle gered deur na ‘n koper slang te kyk wat Moses op ‘n paal gesit het (sien Joh 3:14-15 wat hierna verwys).  Na jare se ronddwaal het die volk die pleine van Moab bereik, aan die ooste kant van die Jordaan rivier en Jerigo aan die ander kant.

  • Num 13:30-33 – God se plan was dat hulle vinnig in Kanaän in moes gaan, maar hulle kon nie as gevolg van hul ongeloof. So ook kan ons net deur geloof heiligmaking deelagtig word, maar met ongelowige harte sal ons nog in die wildernis moet rondswerwe. Num 23:19 – God doen wat Hy sê, ons het geen rede om ooit in Hom te twyfel nie. Num 32:11 – Mens moet volhard om die beloofde land te kan sien, hier kan dit heiligmaking en ook die hemel voorstel.

Deuteronómium

Die naam beteken ‘Tweede Wet’.  Hierin is die wette en toesprake van Moses, hier is baie repetisie maar dit is ook nodig. Daar was nou ‘n nuwe generasie gebore in die jare wat die volk rond geswerf het, en hulle moes ook almal onderrig word in die wet voordat hulle die beloofde land in kon gaan. In  Deuteronómium vind ons dat Moses die volk herinner dat hulle God se seëninge slegs kan geniet as hulle gehoorsaam is aan Sy Woord. Hy het hulle geskiedenis aan hulle herhaal sodat hulle uit vorige foute kon leer. Hy het weer oor die wet gegaan met hulle en hulle veral gewaarsku teen afgodery en gemengde huwelike.  Moses het ook addisionele wette gegee aangaande hul lewe in Kanaän en het hulle ook gewaarsku oor wat gaan gebeur as hulle gehoorsaam is en ook as hulle ongehoorsaam is. Aan die einde van die boek is Moses dood en is hy opgevolg deur Josua. Moses is dood in die land Moab, hy was 120jr oud en God self het hom begrawe, niemand weet tot vandag toe waar sy graf is nie (Deut 34:6). Al die gebeure in die boek speel af op die pleine van Moab, waar die volk kamp opgeslaan het aan die einde van die boek Numeri. 

  • Deut 1:2 – Israel het 38 jaar rondgetrek aan ‘n pad wat net 11 dae lank moes geneem het.Deut 6:5 – Die 1ste gebod, die Here moet eerste in ons lewens wees en so sal alle sonde in ons lewens verdwyn. Deut 7:1-2 – Die 7 stamme kan met sondes vergelyk word, die Here wil vir ons totale oorwinning gee (sonde heeltemal mee afgereken word, met die banvloek tref). Deut 8:2 – Beproewinge en vernedering toets ons harte.Deut 9:6 – Ons verdien niks uit onsself uit nie, niks goeds kom uit onsself nie maar alles kom van die Here. Deut 13:3 – Daar sal ook toetse ons pad langs kom om te sien of ons harte onverdeeld op God gerig is.Deut 15:15 – Onthou altyd in dankbaarheid waaruit die Here jou gehaal en verlos het van. Deut 26:16-19 – Die Here gee groot beloftes aan diegene wat Sy gebooie bewaar en na Sy stem luister.

Josua

Die naam Josua kan ook vertaal word as Jesus.  Die Israeliete was gereed vir hulle intog in Kanaän in.  Josua het aan die hele volk hulle bevele gegee van hoe hulle moes mars.  Hy het ook spioene na Jerigo gestuur, vir wie Ragab die hoer gehelp het om weg te kruip en te vlug uit Jerigo uit. Die leër het deur die Jordaan getrek, Jerigo in geneem, en toe die land Ai oorwin. Hierna het Josua en sy leërmagte 5 konings oorwin by Gibeon.  Hierna was die land verdeel tussen die stamme van Israel, met 9½ stamme wes van die Jordaan rivier en 2½ stamme (Ruben, Gad en die halfte van Manasse) oos van die Jordaan.  Daar was 6 vrystede opgerig vir mense wat iemand onopsetlik dood gemaak het, en 42 stede was gebou vir die Leviete.

Toe Josua oud en ver op sy dae was het hy die volk toegespreek, en sy onderliggende vrees dat die volk in afgodery in sou val kom duidelik oor in sy toespraak. Net soos wat Josua die volk uit gedaag het “kies dan julle vandag wie julle wil dien” (Jos 24:15), net so word ons ook uitgedaag om Christus te kies of die wêreld, verlossing of sonde, hemel of hel. Josua het gesterf op die ouderdom van 110 jaar.

  • Jos 1:8 – Belangrikheid om die Bybel te lees en te bestudeer, maar ook die motief waarmee jy dit doen in van kardinale belang.Jos 5:5 – Sny eers alle vertroue wat daar nog is in die vlees af voordat mens in ‘n oorlog ingaan, die oorwinning is nooit deur ons nie maar van God alleen.Jos 22:5 – Hier waarsku Josua die volk dat hulle die wet moet onderhou, en dit is vir ons ook ‘n waarskuwing om te volhard deur in die Woord te bly.

Rigters

Daar is 7 siklusse in hierdie boek waar die volk terugval en God dan vir hulle ‘n rigter stuur om hulle te verlos. Na Josua se dood het Israel, sonder sterk leiding, begin doen watookal hulle wou. As gevolg hiervan was hulle oorgelewer aan heidense volke wat hulle onderdruk het.  Wanneer Israel uitgeroep het na die Here het Hy militêre leiers opgerig (wat hier rigters genoem word) om hulle te verlos en in ‘n tydperk van vrede in te lei.  Die patroon hier kan beskryf word as sonde, slawerny, smeking en verlossing of as rebellie, vergelding, berou en rus.  Die meer bekende rigters was Debóra, Gideon, Jefta en Simson. Die laaste 5 hoofstukke van Rigters gee voorbeelde van lae godsdienstige, morele en politiese kondisies, wat in hierdie tyd geheers het.

  • God se volk het elke keer weer in sonde geval omdat hulle ongehoorsaam was.Rig 3:10 – Ons kan niks doen sonder die krag en hulp van die Heilige Gees nie.Rig 4 – Debóra was die enigste vroue rigter.

Rut

Gedurende die tyd van die rigters het ‘n Joodse familie gevlug van Betlehem na die heidense gebied van Moab, om van ‘n hongersnood af weg te kom.  Hulle twee seuns het met die dogters van Moab getrou. Rut was een van die meisies, maar ten spyte van die feit dat sy ‘n Moabiet was het sy guns in die oë van die Here gevind. Ongeluk het die familie oorval, die pa en sy twee seuns het gesterf.  Naómi was Rut se skoonmoeder, sy het besluit om terug na Betlehem te gaan en Naómi was gedetermineerd om saam met haar te gaan.  In Betlehem het Boas, wat ‘n familielid van haar oorlede man is, met haar getrou.  Hulle seun Obed was die oupa van Dawid.  Boas is ‘n prent van die Here Jesus as die Een wat verlossing en rus skenk aan diegene wat hulself aan Hom toevertrou.

  • Rut 1:14 – Orpa en Rut was by ‘n kruispad, en Orpa het besluit om terug te draai en ‘n man te gaan soek.Maar Rut het gekies om vir Naómi te volg en eerder die Here te soek, en sodoende was al die ander goeie dinge vir haar bygegee. Sy is selfs in Jesus Christus se bloedlyn.Rut 2:10, 15 – Rut was baie hardwerkend, nederig, respekvol en getrou.

1 Samuel

Samuel was die laaste regter oor Israel daarna was daar konings oor hulle.  Die drie hoofkarakters in die boek is Samuel, Saul en Dawid.  Samuel die profeet het aan bewind gekom in ‘n tyd wat die priesterdom die volk gefaal het en die volk ‘n koning wou hê soos die ander nasies.  Deur hierdie vereiste te stel het hulle die regering van God oor hulle verwerp.  Die eerste koning was Saul, hy het baie belowend gelyk in die begin maar was later herhaaldelik ongehoorsaam aan God.  Hy was jaloers op Dawid. Dawid se oorwinning oor Góliat het hom populêr gemaak onder die volk.  Dawid was in die geheim gesalf as koning om Saul se plek te vat, maar hy kon dit nie doen nie omdat Saul aanhoudend sy lewe probeer neem het.  Uiteindelik was Saul verslaan in ‘n stryd en het hy selfmoord gepleeg.

  • 1 Sam 2:12 & 29 – Eli se seuns was goddeloos, Eli het hulle nie getugtig nie en dit was sy groot fout, ons moet die Here eer in alles, niks sal oorgesien word nie al is dit ook ons kinders.Mens kan nie jou kinders voor God stel nie. 1 Sam 7:3 – As mens gered is dan los jy alle verkeerde dinge.1 Sam 15 – Saul moes Amalek (die vlees) met die banvloek (totaal uitroei) getref het maar hy het nie en op die ou end het dit hom sy lewe gekos.Saul het nooit sy sonde bely nie, hy het sy eie eer gesoek en was nie aan God gehoorsaam nie. Sy vleeslikheid (die Amalekiet) het hom dood gemaak (ewige dood) op die ou end. 1 Sam 16:13 – vervulling met die Heilige Gees tot diens.1 Sam 17:46 – Als wat ons vir die Here doen is nie tot eer vir onsself nie, maar om die Here se Naam groot te maak.

2 Samuel

Regering van Dawid.  Hy het vir 7jr geregeer oor die suidelike gedeelte van die koninkryk genaamd Juda.  Daarna was hy gesalf as koning oor al 12 die stamme van Israel.  Gedurende sy regering was daar groot militêre oorwinnings, Jerusalem was die politiese en godsdienstige hoofstad van Israel gemaak en voorbereidings om die tempel te begin bou was gemaak.  God het vir Dawid die troon vir ewig belowe, dat sy nageslag altyd op die troon sal sit.  Hierdie belofte is vervul deur Jesus Christus wat uit Dawid se nageslag is en vir ewig op die troon sal wees.  Dawid se sonde met Badseba het ‘n klomp teëspoede vir hom gebring.  Waarvan  die dood van drie seuns was wat opgebou het na sy seun Absalom wat hom tydelik verban het.  Na Absalom oorwin was het Dawid met hoogmoed in sy hart die volk laat tel, wat toe ‘n pes oor die volk gebring het wat 70 000 mense dood gemaak het.

  • 2 Sam 2:1 – Raadpleeg altyd eerste die Here voordat jy enigiets doen.2 Sam 6:9 – Dawid het sy fout besef om die ark op sy eie manier na hom te bring, dit moes op God se manier gedoen word.Ons moet nooit uit onsself dinge doen nie, maar altyd eers die Here raadpleeg dat Hy ons lei.2 Sam 9:21-22 – Dit maak nie saak wat mense van jou dink nie, net God se opinie oor jou tel.2 Sam 9:23 – Ons moet versigtig wees om ander mense te verag want dan sal daar nie geestelike vrug in ons lewens wees nie. Ons moet eenheid bewaar en mekaar die goeie dinge in die lewe gun, wees saam met iemand bly in plaas van om veragtend te wees.

1 & 2 Konings

Nadat Salomo sy pa, Dawid, as koning opgevolg het, het hy die bou van die Tempel begin aanpak.  Maar Salomo was ongehoorsaam aan God deurdat hy met heidense vroue getrou het wat hom in afgodediens in gelei het.  Hy het ook groot getalle perde bymekaar gemaak vir militêre krag, in plaas daarvan om op die Here te vertrou. Daar was oorvloed en vrede, maar die mense moes baie belasting betaal.  Na Salomo se dood het sy seun Rehábeam koning geword en het die mense hom gesmeek om hulle ligter te belas.  Maar hy het die raad van sy vader se raadgewers verwerp en die mense gedreig met nog hoër belasting. Dit het ‘n skeur in die koninkryk gebring met Jeróbeam as koning oor die Noordelike 10 stamme bekend as Israel of Efraim. Rehábeam was dan koning oor die Suidelike koninkryk, bekend as Juda, en het bestaan uit Juda, Benjamin en meeste van die Levite.

Hierna was daar ‘n klompie konings oor albei die koninkryke.  Israel het 19 konings gehad waarvan almal sleg was.  Israel het voort gegaan tot 721 voor Christus waar dit toe in ballingskap weggevoer was deur die Assiriërs.  Juda het 20 konings gehad, almal van dieselfde bloedlyn.  Die goeie konings van Juda was Asa, Jósafat, Joas, Asárja, Jotam, Hiskia en Josia.  Juda was in ballingskap weggevoer deur die Babiloniërs in 586 voor Christus.

Die bediening van die profeet Elia is prominent in die laaste gedeelte van 1 Konings, daarna het die profeet Elisa prominent geword in die eerste gedeelte van 2 Konings.

  • In hierdie boeke sien ons weer hoe belangrik dit is dat die geestelike leiers reg moet wees voor God, en hoe dit die mense beïnvloed. – Geestelike leiers = geestelike navolgers en Vleeslike leiers = vleeslike navolgers.1 Kon 2:5-6 – Dawid se laaste woorde aan Salomo was dat hy wraak moes neem op mense wat hom kwaad aan gedoen het, selfs mense wat hy reeds vergewe het. Ons moet seker maak dat ons elke wortel van bitterheid uit ons harte trek. Baie keer dink ons dat ons iemand vergewe het maar dan is daar nog kwaad in jou hart.1 Kon 3:9 – Salomo het gebid vir onderskeidings vermoë, dit is definitief iets waarvoor ons ook altyd moet bid as dit die wysste man op aarde se gebed was. 1 Kon 6:38 & 7:1 – Waar lê ons belange en harte regtig? Salomo het die Tempel in 7jr klaar gebou, maar sy eie huis het hy 13jr aan gebou. 1 Kon 19:19 – Die Here roep nie lui mense nie, let op hoeveel mense was besig om te werk toe die Here hulle geroep het om vir Hom te werk.2 Kon 2:1-9 – Elisa het deursettingsvermoë gehad, hy was nie tevrede met wat hy gehad het nie en het aangehou om meer te vra. Hy wou die beste wat God vir hom gehad het hê. Mens kry die beste nie net sommer nie, maar mens moet waarlik die Here soek en deurdruk totdat jy dit gekry het.2 Kon 5:10-14 – Nie ons eie manier nie, maar ons moet God se manier volg, los vooropgestelde idees anders staan jy in die Here se pad om te werk.Hier sien ons ook dat hoogmoed tot ‘n val kom, ons moet eers niks word voordat die Here iets vir ons kan doen. Daarom, toe hy hom verneder het hy rein geword.2 Kon 23:25 – Josia het hier ‘n wonderlike getuienis van die standaard wat hy geleef het, mag dit ons getuienis ook word.

1 & 2 Kronieke

1 Kronieke dek grootliks dieselfde grond as 1 en 2 Samuel, en 2 Kronieke handel grootliks oor dieselfde periode as 1 en 2 Konings.  Maar daar is ‘n paar belangrike verskille.  Waar Samuel en Konings historiese boeke is, is 1 en 2 Kronieke meer van ‘n geestelike interpretasie.  Byvoorbeeld, die boeke van Kronieke lê klem op Dawid eerder as Saul, Juda eerder as Israel, die goeie konings eerder as die slegtes en die priesterlike orde eerder as die politiese.  Daar is ook 2 ander verskille wat genoem moet word.  1 Kronieke open met nege hoofstukke van geslagsregisters, wat nie in Samuel gevind word nie, en 2 Kronieke sluit af met Kores wat aan die Jode verlof gee om na hulle land terug te gaan om die tempel te herbou. 

  • Die eerste 9 hoofstukke in 1 Kronieke wat die stamboom van Dawid van Adam af bevat, dui daarop dat God in ons as individue belangstel. 2 Kro 16:9 – Ons moet altyd deur ons harte deursoek sodat daar nie duistere ambisies in is nie (verdeelde harte). 2 Kro 26:18 – Moenie in ‘n bediening probeer staan wat die Here nie vir jou gegee het nie, dit behaag nie die Here nie.2 Kro 32:26-27 & 31 – Alle eer moet altyd aan die Here gegee word. God toets ons harte, dis slegs in die toetse wat ons sien wat werklik in ons harte is.

Esra

Nadat Kores aan die Jode verlof gegee het dat hulle terug na hul land kon gaan het Serubbábel 50 000 getroue manne gelei op die eerste ekspedisie.  Ten spyte van swaar opposisie het hierdie mense dit reg gekry om die Tempel te herbou.

Sestig jaar later het Esra nog ‘n groep Jode terug gelei na hul tuisland.  Esra het met sukses ontslae geraak van al die heidense vroue wat die Joodse mans getrou het.

  • Esra het die Woord van God aan die mense geleer, en het altyd laag voor die Here gebly (Esr 9:5).Esr 8:21 – Wanneer ons vas verootmoedig ons onsself voor die Here. Dit is die beste plek om te wees, laag aan die Here se voete.Esr 8:22-23 – Hulle het gekies om op die Here te vertrou, en wou die die Here se Naam skade aandoen deur nie op Hom te vertrou nie. As ons op die Here vertrou sal Hy ons nie in die steek laat nie. Hier sien ons weer dat God se Naam vir hom belangriker was as sy eie, dit dui ook op die plek waar sy belange en hart is.

Nehemia

Die Persiese koning Artasásta het vir Nehemia verlof gegee om terug na Jerusalem te gaan sodat hy die muur kon herbou.  Nadat hierdie werk voltooi was in 52 dae het daar ‘n geestelike herlewing uitgebreek as gevolg van die lees van die Woord van God in die openbaar.  Toe Nehemia terug gegaan het na Persië het die mense in Jerusalem terug geval in sonde. Hulle het toegelaat dat die Tempel verontreinig word, hulle het nie die Leviete ondersteun nie, hulle het nie die Sabbat gehou nie en hulle het met heidense vroue getrou.  Nehemia het terug na Jerusalem gegaan en hierdie sondes reg gestel en het die mense die Woord van God geleer.

Die Ou Testament geskiedenis stop hier, ongeveer 400 jaar voor Christus.  Alhoewel die boek Ester op die boek Nehemia volg, het die gebeure daarin eintlik voor die gebeure in Nehemia plaas gevind. Die Ou Testament sê niks oor die 400 jaar periode tussen die laaste Ou Testamentiese boek en die eerste Nuwe Testamentiese boek nie.

  • Nehemia was die wyn toetser van die koning, die koning het hom totaal vertrou en het hy dus baie invloed gehad.Neh 1:2, 4 – Hy was besorg oor sy volk, die Here soek en gebruik mense wat besorg is oor siele.Neh 1:3 – Die muur skei die ‘kerk’ van die wêreld.As ‘n wêreldse persoon maklik by ‘n kerk kan inpas dan is daardie kerk se ‘mure’ (standaard) nie so hoog nie. Neh 2:12 – Pasop om jou pêrels vir die varke te gooi, maak ‘n saak eers van met die Here voordat jy dit aan mense vertel.Neh 9:20-21 – Die voorsiening van die Here al is ons nie altyd getrou nie. Neh 13:17, 25, 30 – Nehemia was sterk en ferm oor die feit dat die Here se Naam geëer moes word deur Sy verordeninge te hou.So het God ook mense nodig wat ferm is oor die standaard van God, mense wat besorg is oor God se reputasie en nie hul eie nie.

Ester

Die gebeure in Ester het afgespeel in Persië tussen die 6de en die 7de hoofstukke van Esra.  Toe die Persiese koning van sy vrou ontslae geraak en ‘n nuwe koningin gesoek het, was ‘n Joodse meisie met die naam Ester gekies.  ‘n Vyand met die naam Haman het die koning oorreed om ‘n gebod in te stel dat al die Jode verslaan moes word op ‘n sekere dag.  Ester het Mordegai se raad gevolg en Haman se planne aan die koning ontbloot. Sy hele plan het platgeval en hy self was op die ou end tereggestel.  Ester het dit ook reg gekry om ‘n gebod in te laat stel wat die Jode toelaat om hulself te verdedig.  Die gevolg hiervan was ‘n groot vrymaking vir die Jode wat gevier word deur die Purimfees.

  • God is in beheer van alle situasies, Hy bewerk dit so dat die duiwel uitgeklee word en laat dit ten goede mee werk vir die wie se harte op Hom gerig is.Ons moet nooit bang wees as mense planne teen ons smee of skinderstories versprei nie, die Here kyk agter ons en sal hulle werke openbaar maak, hulle in skaamte laat val en hul dwaasheid sal aan almal bekend word.Est 10:2 – God verhoog ons op die regte tyd.

Deel 2 – Wysheid & Digkuns (Job – Hgl.)

Hierdie boeke is soos ‘n sangboek in die middel van die Ou Testament.  Hierdie boeke was op verskillende tye geskryf gedurende die historiese periode wat ons reeds bestudeer het. Die gebeure in Job gaan byvoorbeeld terug na Genesis na die jare voor Abraham.  Aangesien baie van die Psalms geskryf was deur Dawid val hulle in die periode van 1 en 2 Samuel.  Salomo het Spreuke, Prediker en Hooglied geskryf, daarom pas hierdie boeke dan in by die eerste halfte van 1 Konings.

Job

Die boek deel met die probleem van lyding en getrouheid van die individu aan God. Daar is sekerlik geen mens in die geskiedenis wat soveel verloor het in een dag soos Job nie.  Drie van sy vriende wat gekom het om hom te vertroos het verkeerde gevolgtrekkings gemaak en gedink dat hy so ly as gevolg van sonde in sy lewe. Nadat Job weer ‘n besef van God se grootheid, geregtigheid, krag en wysheid gekry het kon hy eers sy mislukkings erken en bely en kon hy bid vir sy vriende.  Hierna het Job dubbel terug gekry as wat hy gehad het voorheen.

  • Ons sien hier dat goddelike manne en hul familie die teiken van die duiwel is.Sulke manne sal misverstaan word deur die gelowiges van hul tyd, mense wat net feite ken en nie vir God self nie. (Job 42:7) Die ‘Prosperity Gospel’ was ook aan Job gepreek, dat as God jou seën sal jy ryk en gesond wees, dit was gesê deur mense wat God nie geken het nie. Job was siek en arm en nogsteeds in God se perfekte wil.Job 1:5 – ‘n Goddelike man is besorg om sy kinders in die weë van die Here groot te maak.Job 1:8 – Wat is God se opinie oor jou?Job 1:20-22 – In toetse, al gaan dit hoe sleg, moet ons God bly aanbid.
    • Job 4 - Elifas het oor mistieke dinge gepraat, dinge wat hy uigedink het wat nie deur die Heilige Gees vir hom gegee was nie. Sy basiese boodskap aan Job was dat hy gesondig het en daarom ly hy nou so. Job 6:6-7 – Job sê dat daar geen ‘sout’ in Elifas se woorde is nie, dat dit niks beteken nie.
    • Job 8 – Bildad was sagter maar ook kritiserend teenoor Job. Job 18:5-9 – Hy impliseer dat Job ‘n goddelose man is.
    • Job 11 – Sofar, is ‘n selfaangestelde kritikus, hy deursoek elke mens se woorde om fout te vind maar self doen hy niks vir die Here nie. Job 11:11-12 – Sofar maak of hy alles weet en noem Job dom. Job 12 – Job se antwoord is sarkasties (vers 3) Job 20:19-22 – Sofar sê dat Job hierdie dinge gedoen het. Job 21:7-18 – Job antwoord hierop in wysheid dat lyde nie net na goddelose mense kom nie, hier word hul ‘Prosperity Gospel’ verkeerd bewys.
    • Job 15 – Elifas het alles reg geleer en gesê, hy het baie kennis maar het nooit deur toetse en lyding self gegaan nie. (Job 16:4)

Job 23:10 – Toetse maak ons beter, sterker mense.  Job 27:6 – Ons gewete moet altyd skoon wees. Job 38 tot 41 – Hier praat God, en het Hy Sy grootheid aan hom openbaar.  Job 42:10 – Bid vir jou vyande sodat God jou kan seën. Daar is ook eers ware vergifnis wanneer ons vir ons vyande kan bid.

Psalm

Is die mees gekwoteerde boek in die Nuwe Testament. Halfte of meer as halfte van die Psalms was geskryf deur Dawid, en die ander word toegeskryf aan Asaf, die seuns van Kores, Salomo, Moses en Etan. Daar is omtrent 50 Psalms waar die skrywers van onbekend is. 

Sommige van die Psalms is histories, waar gebeure in die geskiedenis van Israel of die skrywer self van gepraat word.  Baie van die Psalms is ook profeties waar dit vertel van die lewe, dood, opstanding en wederkoms van die Here Jesus.  Die boetvaardige Psalms is dies waar die skrywer sy sonde bely en uitroep na God vir vergifnis.  Die vervloekende Psalms roep God se oordeel neer op Sy teëstanders.  Meeste van die Psalms is egter lof en aanbidding. 

  • Ps 3:3-4 – Dawid was onder groot druk toe baie van sy Psalms geskryf was, dit is onder druk dat die beste uit mens voortkom. Dis daar in die vuuroond wat mens gereinig word, en die suiwer goud na vore kom.Ps 4:5 – Raad as jy kwaad is.Ps 7:10 – Beroep jou altyd op God en nie op mense nie.Ps 12:2-5 – Ons kan ‘n goddelose mens ken aan sy lippe, wat en hoe hy praat. Ps 22:2, 15-19 – Hier is ‘n profesie van Jesus, of Dawid as ‘n tipe van Jesus. Ps 42:6&12 – Om op God te hoop en Hom te loof wanneer dit sleg gaan ook, nie net in die goeie tye nie. Ps 78 – Ons kan baie leer uit Israel se foute, veral op ons pad na heiligmaking. Ps 89 – Hier sien ons baie van God se eienskappe, soos ook in baie ander Psalms. Ps 90 – is Moses se Psalm. Vers 8 – Daar kan geen sonde voor die Here wees nie, Hy wys ons als wat ons moet reg maak in die lig van Sy aangesig (die Woord). Ps 106:8 – Alles gaan om die eer van die Here se Naam.Ps 106:34-35 – Ons kan nie met die wêreld meng as ons gered is nie want ons sal soos die wêreld word. Ps 115:5-8 – Afgode. Ps 119:97, 105, 130, 133, 140, 147, 160 – Belangrikheid van die Woord.Ps 150:6 – Die asem in ons longe behoort ook aan God, daarom behoort ons woorde Hom altyd te eer.

Spreuke

Die Spreuke is ‘n belangrike versameling van wyshede gespreek deur Salomo en ook ander wyse manne, dit is kort geskryf en maklik om te onthou. Dit is meestal vir jong mense geskryf.  Meeste van die spreuke is of feite wat gestel word, vergelykings of kontraste en ooreenkomste.  Dit dek ‘n wye verskeidenheid onderwerpe, almal van ontsaglike praktiese waarde. (Wys en dwase kinders, luiheid en harde werk, die tong, rykdom en armoede, geregtigheid en ongeregtigheid, hoogmoed en nederigheid, goeie en slegte vroue, goeie en slegte geselskap...)

  • Spr 1:7 – Daar is 2 soorte vrees: die een is ons bang dat God ons sal seermaak (ons oë is op onsself gerig en dis die eer van ons naam wat saak maak) , en die ander is ons bang dat ons God sal seermaak (hier is ons oë op God gerig en die eer van Sy Naam is vir ons belangrik).Spr 1:30 – Om wys te word moet jy jou foute sien en erken sodat jy dit kan reg maak.Spr 4:25-27 – Bly vêr weg van versoeking af, moenie daarvoor gaan soek of jouself daarvoor oopstel nie.Spr 6:12 – ‘n Deugniet is ‘n kwaadstoker, iemand wat vals spreek. Hy deug nie.Spr 11:4 – Goeie dade of om ‘n goeie mens te wees sal ons nie red die dag wanneer ons geoordeel sal word nie, ons moet gered wees. Spr 12:1 – Die belangrikheid van tugtiging word regdeur Spreuke duidelik gesien.Spr 24:12 – Sonde wat ons nie van weet nie sal nie teen ons gehou word nie.Spr 27:5-6 & 28:23 – Ons moet mense reg help dit is liefde, maar om iemand net te los terwyl jy sien dat hy na ‘n afgrond op pad is, is nie liefde nie.Spr 27:17 – God plaas baie presies sekere mense in ons lewens, ook ons huwelik maats om ons te skuur sodat ons gevorm kan word na die beeld van Christus.

Die Prediker

Hierdie is ‘n rekord van Salomo se soeke na vervulling in die lewe.  Hy het geleerdheid, plesier, materialisme, rykdom, musiek, filosofie en seks, maar het beslis dat die lewe betekenisloos en vergeefs is.  Die sleutel frase in die boek is ‘onder die son’ wat 29 keer voorkom.  Die boek vertolk die mens se wysheid op sy beste waar hy die raaisel van die lewe probeer ontrafel, sonder geestelike openbaring. Hierdie is vir ons in die Woord van God gesit sodat ons daaruit kan leer om ‘bo die son’ te soek vir vervulling en mening in die lewe.  Jesus het gesê dat as ons van die water van hierdie wêreld drink, sal ons weer dors kry, maar as ons van die water drink wat Hy ons bied sal ons nie weer dors kry nie (Joh 4:13-14).  Soek ons op die regte plek na satisfaksie en vervulling?

  • Hierdie boek spreek van menslike wysheid, nie alles wat in die boek geskryf is is reg nie. Ons kan God nie soek sonder Sy Heilige Gees, met ons eie intelligente werke nie, maak nie saak hoe slim ons is nie ons sal fouteer.Hier was Salomo ook nog hoogmoedig oor die intelligensie wat hy gehad het. Pred 3:3&8 – Van dit wat hy hier sê is die reg nie, vanuit ‘n geestelike aspek mag ons nie dood maak of haat nie.Pred 4:4 – Dit is wêreldse wysheid, geestelike mense is nie in kompetisie met mekaar nie.Pred 5:9 – Mense wat geld liefhet en najaag sal nooit ophou jaag nie, dit bring geen vervulling nie, jy moet altyd net meer hê.Pred 5:17-19 – God gee vir ons wat ons toekom maar ook meer as dit gee Hy ook vir ons die goeie dinge, ons hartsbegeertes.Pred 11:4 – Moenie net vir die perfekte tye wag om God te loof of vir Hom te werk nie, maar ons moet dit altyd deur doen.Pred 12:14 – Om God te gehoorsaam omdat jy vrees vir die oordeel is verkeerd, ons moet Hom gehoorsaam omdat ons Hom liefhet.

Hooglied

Die gewone interpretasie van hierdie boek is dat dit Salomo se liefde vir ‘n Sunamitiese vrou beskryf, en dat dit ‘n prent is van God se liefde vir Israel of vir die kerk.

Nog ‘n siening is dat daar drie hoof karakters is – Salomo, die Sunamitiese vrou en haar beminde wat ‘n herder is.  Salomo soek om haar deel van sy harem te maak, maar sy is getrou aan haar geliefde, en in die laaste hoofstuk gaan sy terug na haar geboorteplek om met die herder te trou.  Volgens dié siening is die boek ‘n protes teen ontrouheid in die huwelik net soos Israel ontrou was teenoor God. 

  • Die hoogste vorm van liefde is onselfsugtigheid.Hgl 1:4 – God se liefde druk nie, dit trek mense. Hgl 1:6 – Hoe ons lyk maak nie saak nie, God kyk na die hart. Oppasser van die wingerde – is jou bediening aan andere, jou eie wingerd – is jou eie geestelike lewe. Pasop om nie jou eie geestelike lewe na te laat terwyl jy jou uitgiet in jou bediening teenoor andere nie. Hgl 4:12 – Ons behoort eksklusief aan die Here, Hy is ‘n jaloerse God, ons moet afgesonder van die wêreld leef. Hgl 4:16 – Die noorde en suidewind is slegte/swaar tye wat ons paaie kruis, dit ‘snoei’ ons sodat ons meer vrug kan dra vir die Here.Hgl 8:9 – Hier praat hy van ‘n ingetoë en ‘n los vrou.

 

Deel 3 – Profesieë – (Jes. tot Mal.)

Die 16 profete van die Ou Testament (Jes. tot Mal.) het gepreek gedurende 3 belangrike periodes in die Joodse geskiedenis.  Meeste van hulle het God se boodskap gepreek gedurende die Verdeelde Koninkryk.  Twee van hierdie profete  (Esegiël en Daniël) was aktief gedurende die Babiloniese ballingskap, en drie profete (Haggai, Sagaria, Maleagi) het gepreek nadat die mense teruggekom het van ballingskap af. Hulle pas in die historiese boeke van 1 Konings tot Nehemia in.

Die profete was basies 'n mondstuk vir God, hulle was opgerig in tye van geestelike verval om die mense terug te roep na God en om hulle te waarsku teen die oordeel as hulle nie luister nie.

Jesaja, Jeremia, Esegiël en Daniël is bekend as Groot Profete, grotendeels omdat hulle boeke lank is. Die res word Klein Profete genoem omdat hulle boeke in vergelyking kort is, al is dit ook net so belangrik. 

Die volgende onderwerpe verskyn gereeld in die profetiese boeke:

  • Die heiligheid van God.
  • Die sonde en mislukkings van God se uitverkore mense.
  • Die oproep tot bekering.
  • God se oordeel as die mense nie bekeer nie.
  • God se oordeel op die omliggende nasies.
  • Die terugkeer van ‘n gedeelte van die nasie vanuit gevangenskap.
  • Die koms van die Messias en sy verwerping.
  • Die Messias se tweede koms in krag en heerlikheid.
  • Die herstel van God se uitverkore mense.

Hier is ‘n paar sleutels om ons te help met die studie van die profetiese boeke

  • Soms spring die profete met honderde jare van die verlede of hede na die toekoms sonder om dit aan te dui.Kyk uit vir hierdie veranderinge.
  • Die name Israel, Efraim, Josef en Samaria word gewoonlik geassosieer met die Noordelike koninkryk, alhoewel Israel soms ook al 12 stamme beteken. Juda en Jerusalem verwys na die Suidelike koninkryk.
  • Ninevee was die hoofstad van Assirië, Damaskus van Sirië en Babel van Babilonië of Chaldea.
  • Die profete kan geklassifiseer word onder die mense vir wie hulle geprofeteer het, alhoewel sommige oorvleuel:

            Israel                                                                         

            Hosea, Amos, Jona                                                                

            Juda                                                               

            Jesaja, Jeremia , Joël, Miga, Habakuk, Sefanja, Esegiël, Daniël, Haggai, Sagaria, Maleagi

            Die Nasies

            Nahum, Obadja

Jesaja

Hy is bekend as die Evangeliese profeet, Jesaja het geleef gedurende die regering van Ussia, Jotam, Agas en Hiskia (konings van Juda). Gedurende hierdie tyd was die Noordelike koninkryk weggevoer in ballingskap deur Assirië en Juda was ook in gevaar. Jesaja het Hiskia verseker dat die Here die Assiriërs sou verslaan voordat hulle Jerusalem gevange sou neem. Hy het ook gewaarsku dat Juda later in gevangenisskap geneem sou word deur die Babiloniërs as gevolg van hul afgodery.
Die eerste 39 hoofstukke van Jesaja korrespondeer met die 39 boeke van die Ou Testament, en die laaste 26 hoofstukke van Jesaja stem ooreen met die 26 boeke van die Nuwe Testament se boodskap van Christus Jesus. Jesaja 53 gee ‘n duidelike beskrywing van die dood van Jesus, alhoewel die woorde 700 jaar voor die gebeurtenis geskryf was.

  • Jes 1:15 – God hoor nie ons gebede as ons nie ‘n rein gewete voor Hom het nie (sien ook 1 Joh 3:20-22). Jes 2:14 – Die leiers sal eerste aanspreeklik gehou word. Jes 6 – Jesaja se roeping. Hy moes eers besef en erken wie hy voor God was (vers 5) sodat God hom kon reinig (vers 7), daarna is hy geroep (vers 8) en gestuur (vers 9). Jes 7:14 / 9:5 – Hier profeteer hy van Jesus se geboorte. Jes 14:12-14 – Die koning van Babel kan ook ‘n tipe van die duiwel wees. Hy wou, in plaas van Jesus se voorbeeld van U wil, en so het hy tot ‘n val gekom. So moet ons ook nooit ons eie pad volg nie, maar die eie ek moet neergelê word om God se wil te kan doen. Jes 20:2-3 – Gehoorsaam God se stem maak nie saak wat nie. Jes 31:1 – Om staat te maak op jouself, die vlees en andere is om vir God te sê dat Hý nie kan nie. Vers 3 is vir ons ‘n waarskuwing dat ons ten gronde sal gaan as ons nie op God kan vertrou nie. Jes 42:6-7 – Jesus het gekom om te red. Jes 45:9-11 – Ons moet altyd nederig en sag bly sodat die Here ons kan vorm, ons Hom vertrou om Sy werk in ons te voltooi. Jes 46 – vers 4 sien ons dat God ons dra, maar in vers 7 sien ons dat ons swaar aan ons afgode moet dra. Jes 51:1 – Ons sal nooit op ‘n plek kom wat ons dink ons het gearriveer as ons altyd onthou waaruit God ons gehaal het en wie ons was nie. Jes 57:19-20 – Hier sien ons die kontras tussen gered en ongered.

Jeremia

Hy staan bekend as die ‘Weeping Prophet’. Hy het geprofeteer gedurende die tyd wat Juda in gevaar was en later gevange geneem is deur die Babiloniërs. Jeremia se God geïnspireerde raad aan Juda was dat hulle aan die Babiloniërs oor moes gee, maar hulle het hom beskuldig dat hy ‘n verraaier was en het hom probeer dood maak. Nadat Jerusalem geval het, was Hy en ‘n paar ander mense toegelaat om in die land te bly. Jeremia het die mense gewaarsku om nie na Egipte te vlug nie, maar hulle het nie geluister nie, hulle het daarheen gegaan en vir Jeremia saam geneem. Jeremia is in Egipte dood.
Jeremia het nie net gewaarsku teen die Babiloniese ballingskap nie maar ook die verwoesting daarvan aan die einde van 70 jaar en die terugkeer van die Jode na hul land.

  • Jer 1:10 – Al die ou dinge (sondes, gewoontes, karaktertreke...) moet heeltemal afgebreek word in ons lewens sodat God weer iets nuuts kan oprig tot eer van Sy Naam. Jer 2:19 – Dit is ons eie verkeerde besluite wat ons laat seer en swaar kry. Jer 2:37 – Ons sal geen voorspoed hê as ons op mense vertrou nie. Jer 15:6 – Mag God nooit berou hê oor ons lewens nie, maar dat ons sal volhard tot die einde toe. Jer 17:5-8 – Hier sien ons weer ‘n vermaning of waarskuwing om net op God te vertrou want dan alleen sal ons voorspoedig wees. Jer 20:9 – As ons waarlik die Here ken en liefhet sal ons nie kan stilbly vir Sy Naam nie, maar sal getuig en uitstaan vir Hom. Jer 32:19 – Hoe lyk ons handelinge, dra dit goeie of slegte vrugte? Jer 33:3 – Hierdie is ‘n bemoediging vir ons om te bid en nie moedeloos te word nie. Jer 44:18 – Om gehoorsaam aan God te wees is nie altyd maklik nie, dit gaan nie noodwendig altyd goed gaan nie.

Klaagliedere

Hierdie is Jeremia se hartseer oor die verwoesting van Jerusalem. Hy vertel van die Jode se emosies soos wat hulle toegekyk het hoe die Babiloniërs hul geliefde stad aangeval en gevange geneem het.

 

Esegiël

Esegiël was in die proses om ‘n priester te word toe hy geroep is om ‘n profeet te wees. Hy was na Babilon weggevoer 11 jaar voor die val van Jerusalem. Deur ‘n klompie visioene en gesigte het hy Juda aan hul vorige sondes herinner, gewaarsku teen die dreigende ballingskap en hul voorberei daarop dat hulle nie gou terug sou gaan na hul land nie. Hy het ook die naburige heidense nasies vervloek vir hulle wreedheid en afgodery. Eindelik het hy ook die berou en herstel van die hele koninkryk geprofeteer (Israel en Juda) onder die vredevolle regering van die Christus.
Hou die beweging van die wolk van God se heerlikheid dop in hierdie boek. Eers verlaat die heerlikheid van God die Allerheiligste en beweeg na die drumpel van die huis toe (Esg 9:3), hierna het dit oor die drumpel beweeg (Esg 10:4), hierna het dit beweeg na die Oostelike Poort (Esg 10:19), toe na die berg wat Oos van die stad lê (Esg 11:23). Hier sien ons dat die Here Sy Tempel en Sy Stad verlaat as gevolg van die sondes van die mense. Hy sal eendag weer terugkeer na die tempel (Esg 43:2), hierdie dag is nog in die toekoms.

  • Esg 3:1 – Die boodskap wat jy vir andere moet gee moet eers deel van jou word, in jou lewe uitwerk en uitgeleef word. Esg 13:16 – Die predikers wat in daardie dae ook vir die mense geprofeteer/preek het wat hulle wou hoor. Esg 36:23-27 – Belofte van heiligmaking.

Daniël

Net soos Esegiël het Daniël geprofeteer gedurende die ballingskap. Hy het in besonder geprofeteer oor vier wêreld magte wat die Joodse volk sou onderdruk, hierdie magte was Babilon (Goud), Mede-Persië (Silwer), Griekeland (Koper) en Rome (Yster) (Dan 2:32-33). Hulle was gesimboliseer deur ‘n beeld wat uit vier metale gemaak was en was ook gesimboliseer deur vier wilde diere (Dan 7:4-7). Hierdie vier wêreld magte sal opgevolg word met ‘n vyfde een, die regering van Jesus Christus wat gesimboliseer word deur ‘n groot rots.

Die boek bevat ook die verhaal van drie jong Joodse manne wat gestyg het na politiese hoogtes ten spyte daarvan dat hulle geweier het om kompromie aan te gaan (hoofstuk 1); hoe God hulle bewaar het in die vuuroond (hoofstuk 3); en ook vir Daniël wat bewaar was in die leeu kuil (hoofstuk 6).

  • Die naam Daniël beteken ‘God is my regter’. Aan die begin van die boek was hy omtrent 17 jaar oud en aan die einde was hy 90 jaar oud. Regdeur die boek sien ons duidelik hoe Daniël en sy vriende totaal op God vertrou het, hulle het geensins op hulself of op mense staat gemaak nie. Dan 1:8 – Hy het geen kompromie aangegaan nie, daar is ongelukkig min sulke mense, in vers 9 sien ons dat God aan Daniël guns verleen omdat hy gehoorsaam was aan God. Dan 2:23 – Hy het glad nie in homself en sy eie insigte geroem nie. Dan 6:11 – Om te volhard in gebed, en om gehoorsaam aan God te wees en nie mense nie. Dan 12:3 – Belofte aan diegene wat die goeie nuus van die Evangelie versprei.

Hoséa

Hy was hoofsaaklik ‘n profeet vir Israel. Hosea se huwelik met ‘n prostituut, wat ontrou aan hom was maar op die ou end herstel was, prent die verhouding tussen Israel en God uit. Israel was ontrou aan God maar sal weer terug na God gaan.

  • Die hooftema van die boek is geestelike egbreek en God se onveranderlike liefde. Daar word ook klem gelê op heiligheid. Liefde vir geld, die wêreld, familie... enigiets wat ons bo God plaas, wat aanbid of gedien word bo God is geestelike owerspel. Hos 1:2 – Dit was Hosea se prys wat hy moes betaal, maar hy was gehoorsaam aan God. Hy kon, deur hierdie vrou wat hy geneem het, God se hart verstaan. Hos 4:6 – Hy spreek eerste die priesters toe. Die mense ken God nie want hul leiers ken Hom nie eers nie. Hos 4:7-8 – Geld en hebsug het hul net verder van God af gedryf soveel so dat hulle wou hê dat die mense moes sondig omdat hulle ‘n deel kry van elke sondoffer. Hos 14:9b – Buite God kan ons geen vrug dra nie, ons moet in Hom bly.

Joël

Joël was ‘n profeet vir Juda. Die sleutel frase in hierdie boek is ‘die dag van die Here’, ‘n tyd van oordeel wat gesimboliseer was deur ‘n plaag sprinkane. Hy is bekend as die profeet van Pinkster, omdat hy van die uitstorting van die Heilige Gees vertel het. Hy het ook die oordeel van die heidense nasies en die seën van Israel in die komende Millennium voorspel. Die belofte “elkeen wat die naam van die Here aanroep sal gered word” (Joël 2:32) word gekwoteer deur Paulus in Romeine 10:13 om te wys dat redding daar is vir enigiemand wat die Here Jesus vertrou as sy persoonlike Verlosser.

  • In hierdie boek sien ons weer dat die tema van heiligheid na vore kom en dat God eerste plek in ons lewens wil hê. Ons sien die oproep tot bekering in hfst. 2 en dan die beloftes in hfst. 3 – Ons kan nie geestelike seën ontvang as daar nie eers belydenis (diepe belydenis Joël 2:12) is nie, dit is ‘n aanhoudende patroon deur jou hele geestelike pad. Die oomblik wat ons nalaat om te bely sal ons geestelik begin opdroog.

Amos

Hy was ‘n skaapboer wat geroep was om sy huis naby Betlehem te verlaat en noord te trek na Betel om daar ‘n strafreg uit te roep teen die sondes van Israel. Deur ‘n klompie visioene het hy die versekering van komende oordeel uitgespreek. Die boek eindig met ‘n belofte van Israel se bekering en herstel.

  • Daar was nie baie oorloë in die tyd toe hy gepreek het nie, so die mense het baie besigheid begin doen en geld na gejaag (Amos 8:5) en in weelde geleef (Amos 3:15), hulle was hebsugtig, drinkers (Amos 4:1) en het oor die arm mense geloop (Amos 2:6-7) maar was nog steeds baie gelowig (Amos 4:4). Amos 8:11 – As ons aanhou om ongehoorsaam te wees en nie te luister na die waarskuwings wat God vir ons gee nie sal Sy stem begin dof raak en daarna heeltemal stil raak.

Obadja

Hy voorspel die totale verwoesting van Edom as gevolg van hul hoogmoedigheid en omdat hulle bly was oor die verwoesting van Israel.

  • Edom kan ook ‘n tipe van die vlees wees. Oba 1:4 – God haat hoogmoed. Oba 1:12 – Ons moet diegene wat in die moeilikheid is help en nooit bly wees oor ‘n ander se moeilikheid of ondergang nie.

Jona

Jona is anders as al die ander profete daarin dat sy ondervindinge eerder as sy profesieë neergeskryf is. Jona moes vir Nineve preek maar hy was ongehoorsaam, in die see gegooi, ingesluk deur ‘n groot vis, weer uitgespoeg op droë land waar hy ‘n tweede kans gekry het. Sy prediking was die begin van ‘n groot herlewing. Jona se ondervindinge kan ook as ‘n tipe van Jesus gesien word – Sy dood, begrafnis en opstanding (Matt 12:40).

  • Jona 2:9-10 – Toe hy die Here begin loof en nie meer murmureer nie het die Here hom gehoor. Lof en aanbidding is ‘n uitdrukking van geloof, want sy situasie het nog nie verander nie. Jona 3:1 – God se liefde en genade oor ons is onbegryplik groot daarom gee Hy vir ons nog kans om Hom te gehoorsaam. Jona 3:5 – Toe Jona God gehoorsaam het daar herlewing uitgebreek in Nineve, so ook in ons geestelike lewens, as ons God gehoorsaam sal geestelike seën volg. Jona 4:9 - Jona het nie God se hart vir die verlore mense verstaan nie.

Miga

Sy profesie is van drie stede: Samaria, die hoofstad van Israel, wat verdoem was om gevange geneem te word deur die Assiriërs; Jerusalem, die hoofstad van Juda, wat verwoes sou word deur Babilon; Betlehem, die geboorteplek van die beloofde Messias wat die vyande sou vernietig en vrede bring vir Israel. Samaria en Jerusalem was skuldig aan die sonde van afgodery, ongeregtigheid en hebsug.

  • Hy het gepreek vir die leiers van Israel en Juda, hulle het hul werk wat hulle moes doen vir die Here nagelaat en die armes uitgebyt. Miga 2:1-2 – Hier noem hy die sondes van die leiers, kwaad smee, begeer, roof en geweld. Miga 3:3 & 5 – As die leiers nie geld of groot geskenke by mense kon kry nie is hulle baie streng met daardie mense, maar vir die wat vir hulle baie gee het hulle net mooi praatjies mee gepraat. Miga 7:18 – Bemoediging as mens die Here gefaal het of gesondig het.

Nahum

Hy het die vernietiging van Nineve voorspel. Die stad was gespaar in Jona se tyd, maar het 200 jaar later geval. Hulle sondes was hier ook hoogmoed, afgode en hulle het mense sleg behandel.

Habakuk

Soos wat Habakuk die sondigheid van Juda gesien het, het hy God gevra hoe Hy dit kan verdra. Die Here het vir hom gesê dat Hy hulle gaan straf deur die Babiloniërs. Dit het Habakuk ontstel, hoe kon God mense gebruik wat meer afvallig was as Juda om Sy eie mense te tugtig? Die antwoord was dat die regverdiges deur die geloof sal lewe, en dat die goddelose mense verwoes sal word. Hierdie antwoord het vir Habakuk tevrede gestel en hy het sy profesie afgesluit met ‘n lied van blydskap.

  • Habakuk het God vrae gevra, daar is niks fout daarmee nie. Hab 2:4 – Hoogmoed staan teenoor geloof, ‘n opregte mens is altyd nederig en vol geloof. Hab 3 – hier sien hy die grootheid van God en besef hy dat maak nie saak wat nie, God is in beheer. Hab 3:17-19 – Wonderlike bemoediging in tye van moeilikheid en nood, maak nie saak wat om ons aangaan nie, nogtans moet ons die Here loof want Hy is ons sterkte.

Sefanja

Hy het geprofeteer net voor Jeremia se tyd. Daar is twee sleutel gedagtes in Sefanja se profesie – oordeel en blydskap. God sou Juda straf as gevolg van hulle afgodery. Die dag van die Here sal ‘n tyd wees van oorlog, ellende en slagting. Die heidense nasies soos Filistea, Moab, Ammon en Asirië sal nie ontsnap nie.  Op die ou end sal God se mense herstel word, en God sal oor hulle juig met blydskap.

  • Sef 1:12 – Die Here sal al die sondes ontbloot van die mense wat tevrede is in hul sonde en dink dat die Here niks sal doen aan hulle nie. Dit is ‘n verkeerde gedagte want God haat sonde en is streng daaroor. Sef 2:3 – Die wat nederig is moet nog meer nederigheid soek. Ons moenie ons vergelyk met andere nie, maar met Jesus alleen sodat jy nooit hoogmoedig sal word en dink dat jy spesiaal is nie. Sef 3:3 – Hierdie leiers het net alles gevat en geroof van die mense, maar God se voorbeeld vir ons is om te gee. Sef 3:9 – Rein lippe en eenheid is vir God baie belangrik.

Haggai

Haggai, Sagaria en Maleagi het vir die Jode geprofeteer wat terug gekom het van Babilon af. Toe Serubbabel en sy medewerkers die Tempel herbou het, het hulle baie teenstand gekry van die Samaritane af. Haggai het die Jode bestraf omdat hulle niks gedoen het nie, maar self in weelde geleef het terwyl die tempel in puin gelê het. Hy het hulle herinner aan die prys wat hulle voorheen moes betaal as gevolg van ongehoorsaamheid, en het hulle aangespoor met die bou van die Tempel. Hy het uitgesien na die tyd wat God die koninkryke van hierdie wêreld sal vernietig en Sy uitverkore mense sal red.

  • Hag 1:4 & 9 – Die selfgesentreerdheid van die mense, hulle het net omgegee oor hul eie belange en nie die Here s’n nie. God se belange moet vir ons die belangrikste wees, dit het ewigheidswaarde. In vers 5 sê die Here dat hulle moet kyk na hoe dit regtig met hulle gaan, in vers 6 sien ons dat daar nie geestelike vrug in hul lewens was nie, hulle was onvervuld al was hulle ryk aan aardse dinge.

Sagaria

Saam met Haggai het Sagaria geprofeteer gedurende die tyd wat gedek word deur die boek Esra, hy het ook die mense wat terug gekom het van ballingskap af aangespoor om die Tempel te herbou. In 8 simboliese visioene het hy die straf van die heidense onderdrukkers voorspel, die oordeel van die afvallige Jode, die reiniging en herstel van die oorblyfsel van die Jode en die regering van die Messias. Sagaria word onthou vir sy profesieë oor die Here Jesus Christus – Sy triomftog, dat Hy verraai was vir 30 stukke silwer, Sy dood, Sy verskyning op die Olyfberg en Sy regering as Priester-Koning in die 1000 jarige vrederyk.

Maleagi

Die gebeure in Maleagi loop parallel met die gebeure in Nehemia aan die einde van die Ou Testament geskiedenis. Die Tempel en die mure was herbou, maar ernstige sondes het weer ingekruip. Maleagi het gesoek om sondes soos liefdeloosheid, onreine offers, egskeidings, gemengde huwelike en die nalaat van tiendes reg te stel. Hy het die eerste koms van Jesus Christus voorspel voorafgegaan deur sy voorloper Johannes die Doper. Hy het ook geprofeteer oor die tyd wat Jesus sou kom as die Son van Geregtigheid voorafgegaan deur Elia die profeet. Dan sal Jesus die goddelose oordeel en seën bring aan diegene wat die Here vrees.

  • Maleagi beteken ‘My Boodskapper’. Mal 1:2 – Hulle het God se liefde bevraagteken, dit is die begin van sonde in mense se lewens net soos wat Satan in Genesis God bevraagteken het by Eva (Gen 3:1). Wanneer twyfel gesaai is dan kan daar nie meer geloof wees nie want twyfel is die teenoorgestelde van geloof. Mal 1:8 – Ons moet net ons beste vir God gee! Verdien Hy dan enigiets minder as dit? Mal 1:11 – Die Here soek nie ‘n groot offer nie maar ‘n rein offer – kwaliteit. Mal 2:4-7 – Levi is hier vir ons ‘n voorbeeld van ‘n ware dissipel. Hulle het God gevrees, het omgegee oor die Naam van God – dat Sy Naam geër moet word, hulle het sonde gehaat, hulle was in gemeenskap en vriendskap met God, hulle was opreg voor God, hulle het die volle waarheid aan die mense oorgedra en hulle het baie mense van hul sonde weg gedraai. Mal 3:6 – God verander nie. Die standaard van heiligheid, opregtheid en reinheid wat God verwag het in die Ou Testament het nie verander nie.

Maak die mense gereed vir die koms van die Here!!

Gaan aan na  Die Bybel in Geheel - DEEL 2 Die Nuwe Testament

Laai hierdie studies af in PDF formaat:
1. Die Bybel in Geheel - Inleiding
2. Die Bybel in Geheel - Ou Testament
3. Die Bybel in Geheel - Nuwe Testament