fbpx
Bible Study
Bible Studies | Study Guides | Group or Individual study |

Make disciples!

Die Bybel in Geheel

Inleiding

Hierdie is 'n kort oorsig om vir jou 'n duideliker prentjie te skets voordat jy in diepte met Bybelstudie begin. Die Bybel in Geheel studie, is 'n studie van die hele Bybel. Dit neem jou deur elke boek van die Bybel om vir jou 'n kort oorsig te gee oor elke boek, deur wie dit geskryf was en waarom dit geskryf was en lig ook dan belangrike dele uit en som die boek in kort op. Met hierdie notas saam sal verdere studies van die Bybel baie meer vir jou sin maak en help om sekere konsepte beter te verstaan.

Die waarde van die Bybel

  • Dit is die unieke woord van God.Dit bevat die gedagtes van God, die staat van die mens, die weg na saligheid en die uiteinde van sondaars.Ook lig om ons te lei, voedsel om ons te ondersteun en bemoediging om ons te troos.
  • Die Bybel bestaan uit die Ou en Nuwe Testament, 66 boeke altesaam wat geskryf was deur omtrent 36 God-geïnspireerde mans oor ‘n periode van omtrent 1600 jaar.Al hierdie boeke pas in mekaar in om een konsekwente storie te vertel, omdat die skrywers deur die Heilige Gees gelei was.
  • As dit kom by die Woord weet ons dat God dinge weet wat ons nie totaal kan begryp nie, maar ons moet glo watokal God sê al kan ons dit nie ten volle verstaan nie.

Deut 29:29  “Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet.”

Jes 55:8-9 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.”

Om die Bybel te verstaan

  • Een van die belangrikste sleutels om die Bybel te verstaan is gehoorsaamheid.

As ons gehoorsaam is aan die lig wat God vir ons gee, sal Hy vir ons meer lig gee. Die mense wat die beste vordering in Bybelstudie maak is diegene wat ‘n rein begeerte het om te doen watookal God sê.

  • Dit is ook belangrik om ‘n vers in konteks te verstaan. 1 Kor 8:5 sê dat daar baie gode is. As hierdie vers alleen gelees word kan dit aandui dat daar meer is as net een ware God, maar die res van die hoofstuk sê dat daar baie heidense gode is, maar vir ons net een God (vers 4).

Elke vers moet ook verstaan word in konteks met nie net die hoofstuk en boek waarin dit staan nie, maar ook met die Bybel in geheel. Daar is geen skrif wat ‘n ander een kan weerspreek nie. Een waarheid moet in harmonie wees met  die volle waarheid van die Bybel in geheel. As Jak 2:24 alleen gelees word kan dit lyk of ons deur ons werke gered kan word, maar die res van die Bybel sê dat ons deur genade alleen gered word deur geloof – en dat die werke net die vrug van ons redding is.  Wat Jakobus hier vir ons leer is die belangrikheid van werke as ‘n uiterlike teken van ons geloof.

Bybelse Uitdrukkings

  • Daar is baie vergelykings in die Bybel, bv. in Matt 23:24 sê Jesus vir die fariseërs dat hulle kamele insluk. Hier het Jesus ‘n vergelyking gebruik waarin hy oordryf het om ‘n boodskap duidelik oor te bring. Toe Jesus van riviere van lewende water gepraat het in Joh 7:38, het Hy verwys na die Heilige Gees (vers 39). Aangesien ons vergelykings gebruik in ons daaglikse gesprekke het ons gewoonlik nie ‘n probleem om dit raak te sien in die Bybel nie.
  • Daar is ook algemene uitsprake in die Bybel wat verstaan moet word, sodat uitsonderings toegelaat kan word. Byvoorbeeld diegene wat hul vader en moeder eer word ‘n lang lewe belowe (Efs 6:2-3).Maar ons weet van seker jong mense wat dit wel gedoen het en tog op ‘n vroë ouderdom gesterf het.Dit is nogsteeds waar dat as ‘n algemene reël gehoorsame kinders langer lewe as wilde en rebelse jong mense.
  • Soms praat die Bybel van God wat iets doen, waar Hy dit eintlik net toegelaat het om te gebeur.Ons weet dat God niks slegs of verkeerd kan doen nie, maar ons lees dat ‘n bose gees van die Here’ oor Saul gekom het (1 Sam 19:9).God het dit toegelaat om te gebeur, maar Hy kon dit self nie doen nie.
  • Soms praat God van dinge wat verseker gedoen sal word asof dit reeds gedoen is.In Rom 8:30 sê dit dat gelowiges verheerlik is. Ons sal eintlik eers verheerlik word wanneer Jesus kom en ons weg neem na Sy Vader se huis.Maar die waarheid van verheerliking is so seker dat God daarvan praat asof dit reeds so is.Wat ‘n wonderlike ding is dit nie dat die mees goddelose sondaar nie net gered kan word van die ewige dood nie, maar hy kan ook seker wees van die komende glorie asof hy dit alreeds het.
  • Daar is ‘n balans van prioriteite in die Bybel.Sommige waarhede word ligtelik aangeraak waar ander onderwerpe beklemtoon word.Ons moet probeer om met ‘n balans na die Bybel te kyk, deur nie een ding uit te lig en op te konsentreer nie, maar om dit in die korrekte plek van belangrikheid te plaas.

Die Bybel – Lees dit om wys te wees, glo dit om gered te word en doen dit om heilig te word.

Laai hierdie studies af in PDF formaat:
1. Die Bybel in Geheel - Inleiding
2. Die Bybel in Geheel - Ou Testament
3. Die Bybel in Geheel - Nuwe Testament

Die Bybel in Geheel - DEEL 1 Die Ou Testament

Die Bybel in Geheel - DEEL 2 Die Nuwe Testament

 
 

 

Pleasure and Profit in Bible Study

Pleasure and Profit in Bible Study

by Dwight Lyman Moody

We cannot overestimate the importance of a thorough familiarity with the Bible. I try to lose no opportunity of urging people by every means in my power to the constant study of this wonderful Book. If through the pages that follow, I can reach still others and rouse them to read their Bibles, not at random but with a plan and purpose, I shall be indeed thankful.

Go to this Bible study guide

Group or Individual Bible Study Guides
Studies available in English & Afrikaans.
Joshua

An Old Testament Type of Jesus

Joshua played an important role in Israel after they had been delivered from Egypt, thereby preparing him for his future role as leader when they crossed the Jordan to take possession of the Promised Land. His conquests in Canaan rendered proof that he was a special instrument in the hand of the Lord. Joshua was an Old Testament type of Jesus, who was sent by the Father to accomplish a much greater purpose, i.e. to deliver people all over the world from the bondage of sin.

Go to study

Josua

’n Ou-Testamentiese Tipe van Jesus

Josua het ’n belangrike rol in Israel se geskiedenis gespeel nadat hulle uit Egipte bevry is, en dit het hom voorberei om as leier op te tree toe hulle deur die Jordaan getrek het om die Beloofde Land in besit te neem. Sy oorwinningstogte in Kanaän het van hom ’n beson­dere instrument in die hand van die Here gemaak. Josua was ’n Ou-Testamentiese tipe van Jesus wat deur die Vader gestuur is vir ’n veel groter doel, naamlik om mense oral in die wêreld uit die slawerny van sonde te bevry.

Gaan na studie

Die Bybel in Geheel

Die Bybel in Geheel

Hierdie is 'n kort oorsig om vir jou 'n duideliker prentjie te skets voordat jy in diepte met Bybelstudie begin. Hierdie Bybel in Geheel studie, is 'n studie van die hele Bybel. Dit neem jou deur elke boek van die Bybel om vir jou 'n kort oorsig te gee oor elke boek, deur wie dit geskryf was en waarom dit geskryf was en lig ook dan belangrike dele uit en som die boek in kort op. Met hierdie notas saam sal verdere studies van die Bybel baie meer vir jou sin maak en help om sekere konsepte beter te verstaan.
Die Bybel in Geheel

Kort Oorsig

Die waarde van die Bybel / Om die Bybel te verstaan / Bybelse Uitdrukkings.

Lees meer

Die Bybel in Geheel - DEEL 1

Die Ou Testament

Die Ou Testament kan in 3 Dele opgedeel word: Deel 1 – Geskiedenis – Genesis tot Ester Deel 2 – Wysheid & Digkuns – Job tot Hooglied Deel 3 – Profesieë – Jesaja tot Maleagi

Lees meer

Die Bybel in Geheel - DEEL 2

Die Nuwe Testament

Die Evangelies is seker die mees bekendste deel van die Bybel. Baie mense ken dele van die Evangelies maar min mense verstaan die omvang en doel van hierdie vier boeke.

Lees meer

Studies Concerning the subject of Holiness

Holiness is a characteristic that is often talked about but hardly understood as to how it can be obtained. Too often holiness is considered an attribute of God that is not attainable to man. Holiness is considered something impossible.
1. Personal Holiness

2. The Holiness of God

3. Putting Sin to Death, Pursuing Holiness

4. Trained in Godliness

5. True Humility

6. Contentment

7. Self-Control

Open Studies

13 Studies in Christelike Heiligheid

13 Studies in Christelike Heiligheid

Hierdie 13 Wesleyaanse lesings oor heiligmaking is opgestel om weekliks oor ‘n tydperk van drie maande aangebied te word.

Sien Studies

'n Studie oor Heiligmaking

Die leer oor heiligmaking as 'n tweede genadewerk ná bekering help alle Christene om tot geestelike volwassenheid op te groei.

Hier is 12 studies wat in diepte kyk na hierdie onderwerp. Die studies is ook as klank studies beskikbaar.
Inhoud
1. Die Behoefte aan Heiligmaking
2. Die Stryd Teen Vleeslikheid
3. Die Eise van Dissipelskap
4. Oorwinning Oor die Vlees: Die Stap van Heiligmaking
5. Oorwinning Oor Swakhede: Die Proses van Heiligmaking
6. Vervulling met die Heilige Gees
7. Volkome Heiligmaking
8. Die Wil van God
9. Gawes en Vrug van die Gees
10. Bedieninge van die Heilige Gees
11. Die pelgrimsreis van God se Volk
12. Heiligmaking en die Wederkoms

Gaan na studie

Discipling New Believers
English & Afrikaans FREE printable studies.

8 Week study program

This can be used as a weekly study for new believers. These studies will help with assurance of salvation and will grow their Bible knowledge. These are the very basics of the Christian faith and will ensure a firm foundation. Give this to a young believer and go through all the answers with the person each week. Make sure they memorized the scriptures each week. Use the study's questions to lead conversations on subjects that the person do not yet understand.

/Study%201
WHAT HAPPENED TO ME?
/Study%203
TO LEARN MORE ABOUT GOD
/Study%204
IN CONVERSATION WITH GOD
/Study%206
WITNESSING FOR GOD
/Study%207
FILLED WITH THE SPIRIT OF GOD
/Study%208
TO BE ONE IN CHRIST
/Study%201%20to%208
All 8 studies in one
/Answer%20sheet
Study 1 ot 8

8 Weke studie program

Gebruik die kort studies om weekliks deur te gaan met 'n nuwe Christen. Dit sal hulle sekerheid gee en hulle Bybel kennis verbreed sodat hulle op 'n vaste fondasie kan bou. Gee dit weekliks vir die persoon en gaan dit dan saam met hulle deur elke week nadat hulle dit ingevul het. Toets hul teks memorisering Gebruik die vrae in die studies as leiding tot nodige gesprekke daar waar die persoon dalk dinge nie verstaan nie.

/Studie%201
WAT HET MET MY GEBEUR?
/Studie%202
‘N WANDELING MET GOD
/Studie%203
OM VAN GOD TE LEER
/Studie%204
IN GESPREK MET GOD
/Studie%206
OM VIR GOD TE GETUIG
/Studie%207
GEVUL MET GOD SE GEES
/Studie%208
OM EEN TE WEES IN CHRISTUS
/Studie%201%20tot%208
Al 8 studies in een
/Antwoordblad
Studie 1 ot 8

Articles on Bible Reading & Study

"Thy word is a lamp unto my feet, and a light unto my path."  - Psalm 119:105

The Prophetic Books of the Old Testament have been fitted into the narrative at the place where they are thought to have been written. The Epistles have been inserted into the Book of Acts in a like manner.
Praktiese wenke vir jong Christene.
Practical tips for young Christians.
by Rev. R. A. Torrey
Questions to ask when reading the Bible.
Vrae om te vra wanneer jy die Bybel lees.

Read and download these free booklets

Also great for group or personal Bible study.
Biblical Decision Making
Is it God’s will to “find” His will?
Exactly how should you go about making good, God-honoring decisions?

Read booklet

The Companionship Principle
Bringing Biblical Sanity to the Insanity of Dating
The real reason dating is often "insane" is Christian young people and parents have never consciously shaped their understanding of "dating" with the Bible.

Read booklet

Dinge van Belang
Dinge van Belang vir jong Christene
Hulp en raad aan jong Christene. Die boekie is vol waardevolle wenke en waarskuwings om jou te help op jou pad saam met die Here.

Lees boekie

Identifying False Teachers
A Biblical Checklist for Identifying False Teachers in the Church
The purpose of this booklet is simple: to give you a checklist so that you can identify and avoid Christian leaders whom God would call false.

Read booklet

Testing Today's Prophecy
Does today's "prophecy" measure up to biblical standards?
Should Christians accept the modern prophecy movement as a new work of God’s Spirit?

Read booklet