fbpx
Articles
Articles | Tips & Help for the Daily Christian Life |

Grow in Christ

Verdraaiings in die Nuwe Vertaling

Johan Malan - Afrikaanse Artikels

Opsomming: Die Nuwe Afrikaanse Vertaling van die Bybel bevat veranderings en weglatings wat sowel uit die eksegetiese vertaalmetode as uit die onvolledige grondteks spruit.

In die jare sedert die Nuwe Afrikaanse Bybel (NAB) in 1983 deur die Bybelgenootskap vrygestel is, het ‘n skokkende lang lys vertaalfoute, verdraaiings, afgewaterde stellings en weglatings aan die lig gekom. Hierdie foute kan gedeeltelik herlei word na die onvolledige grondteks wat gebruik is, en andersyds na die willekeurig eksegetiese vertalingsmetode, nl. die dinamies-ekwivalente metode, wat gevolg is.

Die vertalers het hulleself die vryheid veroorloof om in terme van hul eie teologiese raamwerk verklarend te vertaal en in die proses die betekenisse van baie tekste te verander. ‘n Doelbewuste poging is ook aangewend om Ou Testamentiese messiaanse profesieë só te verdraai dat die leser nie moet agterkom dat dit op die Here Jesus dui nie.

Indien hierdie vertaling as ‘n parafrase bemark is, sou dit minder misleidend gewees het. Om dit egter ten spyte van die vrysinnige vertaling, weglatings en subjektiewe veranderings nog steeds DIE BYBEL te noem, is om die minste te sê aanmatigend.

Die Here sê duidelik:

“Julle mag by die woord wat Ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat Ek julle beveel” (Deut. 4:2).

‘n Aantal van die belangrikste verskille tussen die ou vertaling (1933 soos in 1953 hersien) en die nuwe vertaling word hieronder aangetoon. Slegs enkele tekste word uit die Ou Testament aangehaal:

Gen. 43:34

Ou Vert.: “Hierop het hy aan hulle porsies uitgedeel van die ete wat voor hom staan... En hulle het gedrink en saam met hom vrolik geword.”

Nuwe Vert.: “Elkeen se kos is van Josef se tafel af aangegee... Hulle het wyn gedrink en saam met Josef dronk geword.”

Ps. 22:17

Ou Vert.: “...'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.”

Nuwe Vert.: “Die bende misdadigers sak op my toe, hulle bind my hande en voete vas.”

Kommentaar: Hierdie is ‘n Messiaanse profesie wat op die kruisiging dui. Jesus se hande en voete is nie vasgebind nie, maar deurgrawe.

Jes. 7:14

Ou Vert.: “Daarom sal die Here self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem.”

Nuwe Vert.: “Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.”

Kommentaar: Dit is ‘n teken (‘n wonderwerk) as ‘n maagd swanger raak, maar nie as ‘n jong vrou swanger raak nie. Die Nuwe Vert. skram doelbewustelik van die maagdelike geboorte van Jesus en ‘n konnotasie met Matt. 1:23 weg.

Dan. 7:13

Ou Vert.: “Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens” [die mens – Son of man, soos in die King James Version].

Nuwe Vert. “My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos 'n menslike wese.”

Kommentaar: Die titel die Seun van die mens kom hier die eerste keer in die Bybel voor, en dui onmiskenbaar op Jesus. Die Nuwe Vert. verdraai dié titel só dat niemand dit kan erken nie.

Sag. 12:10

Ou Vert.: “Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het.”

Nuwe Vert.: “Maar oor die koningshuis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem bring Ek 'n gees van welwillendheid en van berou: hulle sal na hom kyk vir wie hulle doodgesteek het.”

Kommentaar: In Sagaria sê die Here dat Hy die Heilige Gees, die “Gees van genade en smekinge”, net voor die eindtydse koms van die Messias oor Israel sal uitstort sodat hulle Hom aan sy deurboorde hande en voete sal kan uitken en na Hom kan opsien vir redding. Die Nuwe Vert. maak hiervan net ‘n humanistiese “gees van welwillendheid” wat onder mense vaardig sal word. Weer eens skryf hulle die Messias uit die Ou Testament en verwys nie na “My vir wie hulle deurboor het” nie, maar na “hom vir wie hulle doodgesteek het.” Jesus is nie doodgesteek aan die kruis nie, maar het self sy lewe afgelê (Joh. 10:17-18).

Miga 5:1

Ou Vert. “En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat 'n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.”

Nuwe Vert. “Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede.”

Kommentaar: Volgens die nuwe weergawe van die teks bestaan die Messias nie van alle ewigheid af nie, en is sy begin iewers in die gryse verlede. Weer eens wil die vertalers nie hê dat Jesus hierin gesien moet word nie. Volgens Matt. 2:6 en Joh. 7:42 is Miga 5:1 egter onteenseglik ‘n messiaanse profesie.

Verdere Ou Testamentiese veranderings

Bogenoemde is slegs enkele voorbeelde uit die Ou Testament. Oral is pogings aangewend om die Messiaanse profesieë te versluier. ‘n Baie algemene metode is bv. om die persoonlike naamwoorde en voornaamwoorde wat op die Here Jesus dui, in die Nuwe Vert. met ‘n kleinletter te skryf. Vgl. bv. Jes. 49:1-7, Jes. 53:1-12 en Jes. 61:1.

‘n Paar ander ‘regstellings’ is ook gemaak, bv. in Prediker 10:2. Die Ou Vert. sê: “Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van die dwaas is na links.”  Die Nuwe Vert. sê: “Die verstand van een wat wysheid het, gee hom krag, maar dié van 'n dwaas maak hom swak.” Dit is nóg 'n verdraaiing!

Die Nuwe Testament

Die aanslag van die vertalers het ernstige skade aan die Nuwe Testament berokken. Ek beskik oor ‘n lys van 256 veranderings, verdraaiings en weglatings. Dit is nie eers naastenby almal nie. In Handelinge is die woord dissipels etlike kere met gelowiges vertaal. Vergelyk bv. Hand. 6:1 en 7. In Paulus se briewe is die woord heiliges met gelowiges of met gemeente vertaal. Telkens kom dit op ‘n verlaging in standaarde neer, wat die gevolg is van die feit dat dit semanties foutiewe weergawes van die oorspronklike terme is.

Wat die weglatings van tekste betref, is dit opvallend dat die betrokke teksnommers in die Nuwe Vertaling verskyn, maar niks daarna nie. Indien mens die tekste met ‘n hoog aangeskrewe Engelse vertaling soos die King James Version vergelyk, dan word die tekste as outentiek en deel van die Heilige Skrif beskou. in die Nuwe Vertaling is hulle egter uitgelaat. Die volgende is van die belangrikste veranderings en weglatings in die Nuwe Testament van die NAB:

MATTHEUS

1:25 “Eersgeborene” is uitgelaat.

5:44 “seën die wat julle vervloek, doen goed aan die wat julle haat” is uitgelaat.

6:13 “want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid, Amen” is uitgelaat.

6:27 “een el by sy lengte voeg” is verander na “een enkele uur by sy  lewe voeg”.

8:29, 14:14, 14:25, 15:30, 17:11, 17:20, 18:2, en 24:2 “Jesus” is uit al dié tekste uitgelaat.

9:13 “tot bekering” is uitgelaat.

13:51 “Jesus - Here” is uitgelaat.

15:8 “nader My met hulle mond” is uitgelaat.

16:3 “geveinsdes” is uitgelaat.

17:21 VERS UITGELAAT: “Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie”.

18:11 VERS UITGELAAT: “Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is”.

19:9 “en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk” is uitgelaat; en “hoerery” is verander na “owerspel”.

20:16 “want baie is geroep maar min uitverkies” is uitgelaat.

20:22 “en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word” is uitgelaat.

21:12 “van God” is uitgelaat.

23:8 “Christus” is uitgelaat.

23:14 VERS UITGELAAT: “Wee julle skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang”.

25:13 “waarop die Seun van die mens kom nie” is uitgelaat.

27:35 “sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp” is uitgelaat. In die Ou Vertaling is die kruisverwysing na Psalm 22:19, waarin dit baie duidelik is die lot oor Jesus se gewaad gewerp sou word.

28:6 “Hy het opgestaan” is verander na “Hy is uit die dood opgewek”. Dit is nog ‘n poging om Jesus se Godheid te ontken. “Here” is ook uitgelaat.

28:7 “Hy het opgestaan uit die dode” is verander na “Hy is uit die dood opgewek”. Kyk Joh. 10:17-18.

28:9 “en terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel” is uitgelaat.

MARKUS

2:17 “tot bekering” is uitgelaat.

5:13 en 7:27  “Jesus” is uitgelaat.

6:11 “Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir Sodom of Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad” is uitgelaat.

6:33 “Hom” is verander na “hulle”. “by Hom vergader” is uitgelaat.

7:16 VERS UITGELAAT: “As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor”.

9:24 “Here” is uitgelaat.

9:44 en 9:46 VERS UITGELAAT: “waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie”.

9:49 “en elke offerhande sal met sout gesout word” is uitgelaat.

10:21 “neem die kruis op” is uitgelaat.

10:24 “vir die wat op hulle goed vertrou” is uitgelaat.

11:10 “in die Naam van die Here” is uitgelaat.

11:26 VERS UITGELAAT: “Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie”.

13:14 “waarvan gespreek is deur die profeet Daniël” is uitgelaat.

13:33 “waak en bid” is verander na “wees waaksaam”.

15:28 VERS UITGELAAT: “en die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken”.

16:9-20 In ‘n voetnota word dié hele gedeelte as ‘n latere byvoeging beskou.

LUKAS

1:28 “geseënd is jy onder die vroue” is uitgelaat.

2:33 “Josef” is verander na “Sy vader”. Let op die implikasie.

2:40 “in die Gees” is uitgelaat.

2:43 “Josef en sy moeder” is verander na “sy ouers”.

4:4 “maar van elke woord van God” is uitgelaat.

4:8 “gaan weg agter my Satan” is uitgelaat.

4:18 “om die wat verbryseld van hart is te genees” is uitgelaat.

4:41 “die Christus” is uitgelaat.

6:48 “sy fondament was op die rots” is verander na “die huis was goed gebou”. Die rots, Jesus Christus (1 Kor. 3:11), word dus nie meer genoem nie.

7:22 “Jesus” is uitgelaat.

9:54 “Soos Elia ook gedoen het” is uitgelaat.

9:55 “en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie” is uitgelaat.

9:56 “want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red” is uitgelaat.

9:57 “Here” is uitgelaat.

11:2 “Onse... wat in die hemele is... laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;” is uitgelaat.

11:4 “maar verlos ons van die Bose” is uitgelaat.

11:29 “die profeet” is uitgelaat.

12:31 “God” is uitgelaat.

13:25 “Here” is uitgelaat.

17:36 VERS UITGELAAT: “Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word”.

21:36 “ontvlug” is verander na “behoue deurkom”. In dié teks is die belofte van die wegraping heeltemal uit die Bybel uitvertaal. Hierdie is ‘n doelbewuste fout wat gemaak is, want die vertalers kan geensins agter onkunde skuil oor die betekenis van die Griekse woord ekfeugo nie. In Hand. 16: 27 vertaal hulle dit as ontsnap, in Hand. 19:16 as gevlug, en in 1 Thess 5:3 as ontkom. In Lukas 21:36 moet die betekenis egter omgekeer word omdat ons geleerde vriende nie glo dat die Here sy kinders voor die verdrukking kom haal nie! Ons moet volgens húlle deur dit gaan!

22:64 “en Hom in die aangesig geslaan en Hom gevra” is uitgelaat.

23:17 VERS UITGELAAT: “En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat”.

24:6 “Hy het opgestaan” is verander na “Hy is uit die dood opgewek”.

24:49 “Jerusalem” is uigelaat.

JOHANNES

1:14 en 18 “eniggeborene” is verander na “enigste”.

1:27 “wat voor my geword het” is uitgelaat.

3:15 “nie verlore mag gaan nie” is uitgelaat.

4:42 “die Christus” is uitgelaat.

5:3 “wat op die roering van die water gewag het” is uitgelaat.

5:4 VERS UITGELAAT: “want 'n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het”. Die antwoord van die sieke in vers 7 is ‘n duidelike bewys daarvan dat die weglatings van verse 3 en 4 foutief is.

16:16 “omdat Ek na die Vader gaan” is uitgelaat. Kon die vertalers nie hier sien dat hulle met ‘n valse en onvolledige manuskrip te doen het nie? Die dissipels doen dan aan die einde van vers 17 navraag oor Jesus se woorde: “Ek gaan na die Vader.”

HANDELINGE

3:26 “Sy Kind Jesus” is verander na “sy Dienaar”.

4:24 “Here, U is die God” is verander na “Here dit is U”.

7:30 “van die Here” is uitgelaat. “Engel van die Here” in die Ou Vert. met hoofletters wys duidelik op Jesus Christus.

7:37 “na Hom moet julle luister” is uitgelaat.

8:37 VERS UITGELAAT: “Toe sê Fillipus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is”.

9:5 “dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop” is uitgelaat. Kyk Hand. 26:14.

9:6 “en terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom:” is uitgelaat. Die vervalsing hier is ook baie duidelik in die lig van Hand. 22:10.

10:6 “Hy sal jou sê wat jy moet doen” is uitgelaat.

15:11, 16:31 en 19:4 “Christus” is uitgelaat.

15:18 “Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend” is verander na “Dit is van ouds af bekend”.

19:10 “Jesus” is uitgelaat.

20:28 “Wat Hy deur sy eie bloed verkry het” is verander na “wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun”. Let weer op die implikasie.

22:16 “Here” is uitgelaat.

23:9 “Laat ons nie teen God stry nie” is uitgelaat.

24:7 VERS UITGELAAT: “maar Lisias die owerste oor duisend het gekom en hom met groot geweld uit ons hande geneem”.

24:8 “en bevel gegee dat sy beskuldigers voor u moet kom” is uitgelaat.

28:29 VERS UITGELAAT: “En toe hy dit gesê het, het die Jode onder groot woordestryd met mekaar weggegaan”.

ROMEINE

1:16 “van Christus” is uitgelaat.

1:19-31 “hoerery” is uitgelaat. Daar word duidelik gepoog om die uitspraak vir die leser te versag.

6:11 “onse Here” is uitgelaat.

8:1 “vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees” is uitgelaat. Hierdeur word die eis tot ‘n lewe van heiligmaking verswyg.

9:28 “in geregtigheid” is uitgelaat.

10:15 “van die wat die evangelie van vrede verkondig” is uitgelaat.

11:6 “en as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie” is uitgelaat.

13:9 “jy mag geen valse getuienis gee nie” is uitgelaat.

14:6 “en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here” is uitgelaat.

14:21 “waardeur jou broer aanstoot neem – of waarin hy swak is nie” is uitgelaat.

15:8 “Jesus” is uitgelaat.

15:29 “van die evangelie” is uitgelaat.

16:24 VERS UITGELAAT: “Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen”.

1 KORINTHIËRS

5:4, 9:1, 9:18 en 16:23 “Christus” is uitgelaat.

6:20 “duur... en in julle gees wat aan God behoort” is uitgelaat.

10:28 “want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan” is uitgelaat.

15:8 “en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene” is verander na “Heel laaste het Hy ook aan my, die misgeboorte, verskyn”. Paulus se verwysing na homself as die ontydig geborene kan geensins as ‘n misgeboorte vertaal word nie. Hy verwys hier na die tyd van sy geboorte (as Christen, m.a.w. sy wedergeboorte) en nie na die aard daarvan nie. ‘n Misgeboorte is ‘n miskraam, en dit doen geweld aan die betekenis van hierdie teks.

15:47 “die Here” is uitgelaat.

16:22 “Jesus Christus” is uitgelaat.

2 KORINTHIËRS

4:10 “Here” is uitgelaat.

5:18 “Jesus” is uitgelaat.

10:7 en 11:31 “Christus” is uitgelaat.

11:31 “onse” is uitgelaat.

GALÁSIËRS

3:1 “om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie” is uitgelaat. Dit verander die betekenis van die teks.

3:17 “in Christus” is uitgelaat. Die teks is nou heeltemal verdraaid.

4:7 “deur Christus” is uitgelaat.

6:15 “in Christus Jesus” is uitgelaat.

6:17 “die Here” is uitgelaat. “in my liggaam” is verander na “aan my liggaam”.

EFÉSIËRS

3:9 “deur Jesus Christus” is uitgelaat.

3:14 “van onse Here Jesus Christus” is uitgelaat.

5:30 “van sy vlees en van sy bene” is uitgelaat.

6:1 “in die Here” is uitgelaat.

6:10 “my broeders” is uitgelaat.

FILIPPENSE

2:16 “deurdat julle die woord van die lewe vashou” is verander na “deur die woord van die lewe uit te dra”. Lees vers 14 tot 16 om die verband van die verandering in betekenis te kan sien.

3:16 “laat ons eensgesind wees” is uitgelaat.

4:13 “Christus” is uitgelaat.

KOLOSSENSE

1:2 “en die Here Jesus Christus” is uitgelaat.

1:14 “deur sy bloed” is uitgelaat. Hier word die bloed van Jesus uit die verlossingsplan weggelaat. Dit is een van verskeie kernstellings oor verlossing wat in die Nuwe Vertaling in die slag bly.

1:28 “Jesus” is uitgelaat.

3:6 “kinders van die ongehoorsaamheid” is verander na “mense wat aan Hom ongehoorsaam is”.

THESSALONICENSE

1:1 “van God onse Vader en die Here Jesus Christus” is uitgelaat.

2:19, 3:11, 3:13 en 2 Thess. 1:12 “Christus” is uitgelaat.

1 TIMÓTHEÜS

1:1 en 5:21 “Here” is uitgelaat.

1:17 “alleenwyse God” is verander na “enigste God”.

2:7 “in Christus” is uitgelaat.

3:16 “God is geopenbaar in die vlees” is verander na “As mens het Jesus in die wêreld gekom”. Hierdie teks oor die Here Jesus se Godheid is só verander dat dit sy uiters belangrike grondbetekenis verloor het.

4:12 “in gees” is uitgelaat.

5:21 “Here” is uitgelaat.

6:5 “onttrek jou aan sulke mense” is uitgelaat. Was hierdie opdrag vir die vertalers onaanvaarbaar?

2 TIMÓTHEÜS

1:11 “van die heidene” is uitgelaat.

4:1 “die Here” is uitgelaat.

4:22 “Jesus Christus” is uitgelaat.

TITUS EN FILÉMON

Titus 1:4 “die Here” is uitgelaat.

Filémon v. 6  “Jesus” is uitgelaat.

Filémon v. 12 “maar neem jy hom” is uitgelaat.

HEBREËRS

1:3 “deur Homself” is uitgelaat.

2:7 “en hom oor die werke van u hande aangestel” is uitgelaat. “U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak” is verander na “U het hom 'n kort tydjie minder as die engele gemaak”.

3:1 “Christus” is uitgelaat.

7:21 “volgens die orde van Melgisedek” is uitgelaat. “U is” is verander na “Jy is”.

10:9 “o God” is uitgelaat.

10:29 “Onrein geag” is verander na “geminag”. Dit verander die betekenis.

10:30 “spreek die Here” is uitgelaat.

10:34 “in die hemele” is uitgelaat.

PETRUS

1:22 “siele deur die Gees” is uitgelaat.

4:1 “vir ons” is uitgelaat. Die vers is nou vir ‘n verkeerde vertolking oop.

4:14 “wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref word Hy verheerlik” is uitgelaat.

5:11 “die heerlikheid... alle” is uitgelaat. Dit verander die teks en water die trefkrag daarvan af.

5:14 “Jesus” is uitgelaat.

2 Pet. 2:17 “vir ewig” is uitgelaat.

1 JOHANNES

1:7 “Christus” is uitgelaat.

2:7 “van die begin af” is uitgelaat.

4:3 “Christus in die vlees” is uitgelaat.

4:9 “eniggeborene” is verander na “enigste”.

4:19 “Hom” is uitgelaat. Dit verander die betekenis.

5:7 “Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een.” Dié kernteks oor die Godheid van Jesus as die vleesgeworde Woord, asook oor die Drie-eenheidsleer, is drasties verander en kortgeknip na: “Daar is dus drie wat getuig”. Daar het feitlik niks van die teks se oorspronklike betekenis oorgebly nie, en in die Nuwe Vertaling is 1 Joh. 5:7 presies net soos wat dit in die verdraaide Bybel van die Jehovasgetuies voorkom. Uit die aard van die saak is hulle baie bly hieroor omdat hulle die Godheid van Jesus loën.

5:8 “en daar is drie wat getuig op die aarde” is uitgelaat om die huidige én die voorafgaande teks nog meer kragteloos en betekenisloos te maak.

5:13 “die Naam van” is twee maal uitgelaat. Hierdie teks oor geloofsekerheid is ook kortgeknip en van baie van sy betekenis beroof.

OPENBARING

1:8 “die begin en die einde” is uitgelaat.

1:9 “Christus” is twee maal uitgelaat.

1:11 “Ek is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste” is uitgelaat.

2:13 “Ek ken jou werke” is uitgelaat.

5:14 “vier en twintig” is uitgelaat. “wat lewe tot in alle ewigheid” is in die laaste gedeelte van die vers uitgelaat.

8:13 “engel” is verander na “arend”.

11:17 “en wat kom” is uitgelaat, waarskynlik omdat dit na die wederkoms van Jesus Christus verwys.

12:17 “Christus” is uitgelaat.

14:5 “voor die troon van God” is uitgelaat.

14:20 “tweehonderd myl” is verander na “sestienhonderd kilometer”. In hierdie teks eis die eiesinnige eksegetiese vertaling van vergeestelikingsteoloë ‘n baie groot tol. In die grondteks word na 1600 stadia verwys. ‘n Stadion is 200 meter (220 treë). Die werklike afstand is dus 200 myl of 320 kilometer. Die vertalers het besluit om bloot die stadia na kilometer te verander “aangesien Openbaring in elk geval ‘n simboliese boek is en dit nie letterlik opgeneem moet word nie.” Hoe die bloed vir 1600 kilometer in die vallei van Megiddo kan vloei, sal net hulle weet. Dit is onmoontlik.

16:5 “Here” is uitgelaat.

16:17 “van die hemel” is uitgelaat.

20:9 en 12 “God” is uitgelaat.

21:16 “duisend-vyfhonderd myl” is verander na “twaalf duisend kilometer”. Dieselfde growwe berekeningsfout as dié in Openbaring 14:20 is hier gemaak. Dit beteken dat die nuwe Jerusalem ‘n omtrek van 48 000 kilometer het, terwyl die aarde se omtrek 40 000 kilometer is. Hierdie stad moet op die nuwe aarde rus, maar dit lyk nou of dit die aarde gaan insluk. Die werklike omtrek van die nuwe Jerusalem is volgens die Bybel egter 1 500 myl (2 400 kilometer) aan elke kant, en dus in totaal 9 600 kilometer rondom. Die vertalers se optelsom is dus byna veertigduisend kilometer uit! Dit is simptomaties van die baie ander mistastinge in hulle vertalingsoefening.

21:24 “van die wat gered word” is uitgelaat.

22:21 “Christus” is uitgelaat.

Houding Ten Opsigte van die Nuwe Vertaling

Dit is baie duidelik dat fundamentele Christene nie die nuwe vertaling ongekwalifiseerd as die Woord van God kan aanvaar nie. Daar is heeltemal té veel onverskoonbare foute, menslike vertolkings en weglatings in wat met voorbedagte rade deel van die vertalingstrategie gevorm het.

     Ons glo aan die goddelike inspirasie, onfeilbaarheid en onveranderlikheid van die Bybel as die Woord van God. Dit moet in sy letterlike, grammaties-historiese grondbetekenis eerbiedig word. Die Bybel is nie ‘n speelbal vir teoloë wat allerlei nuwe idees het nie. Dit is belangrik om daarop te let hoe die Bybel homself definieer:

·       Dit is nie menslik in oorsprong nie, maar die Woord van God:

“En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek” (2 Pet. 1:19-21).

·       Jesus is die vleesgeworde Woord deur wie God aan ons geopenbaar is (Joh. 1:1-14). Sy woorde, wat in die Bybel opgeteken is, is gees en lewe (Joh. 6:63).

·       God is die outeur van die Bybel:

“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (2 Tim. 3:16).

·       Die Here sal diegene straf wat sy Woord minag deur moedswillig daaraan te verander:

“As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is” (Op. 22:18-19).

“Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel” (Deut. 4:2).

Featured Articles

Monday, July 10, 2023 False Teachers & Doctrine 1154
Why I Left the Charismatic Church Madelein Wolfaardt I grew up in “happy-clappy” churches. My family church-hopped a bit when I was in primary school. In high school, we got more and more involved in churches that followed the Word of Faith movement. They often invited big names from overseas. We would attend these prophetic or healing and miracle services. We also watched tapes of their so-called ‘Revival meetings’.

Questions Answered

Here are some articles on different topics, see what the Bible says.

/Eienskappe%20van%20God
DIE NATUURLIKE EIENSKAPPE VAN GOD WAT VERBAND HOU MET GOD SE WESE SOOS HY IN HOMSELF IS. Alwetend – God weet alles. Hy het volledige kennis van alles in die verlede, hede en die toekoms. (Job 37:16; Ps. 139:1-6). Almagtig – God…
One has only to examine the Bible to find abundant references condemning the use of alcoholic beverages. In fact, if the preacher is to stick to his Bible, preach the whole truth, and be…
Twee van die sondes waarteen mense ‘n baie verdraagsame houding inneem, is drink en rook. Wat sê die Bybel hiervan, en wat is die gevare wat daaraan verbonde is? Drankgebruik Een van die algemeenste argumente waardeur mense drankgebruik wil regverdig,…
Hell:%20What%20the%20Bible%20Says
An exposition of the doctrine of eternal punishment in a burning hell for all the unsaved people of all ages. 1. How Can We Know About Hell? “There was a certain rich man, which was clothed in purple and fine…
It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the…
Die onderwerp van die doop is baie kontroversieel met baie misverstande. Baie mense dweep met die doop en dit raak 'n obsessie by hulle. Dit veroorsaak baie keer ongebalanseerde en dwase strydvrae met die gevolg dat Christene twis oor die…
Vergifnis
Vergifnis is ‘n opdrag in die Woord van God (Matt 6:14, 15; Mark 11:25, 26; Luk 6:37; Efes 4:32 en Kol 3:13). Sonder vergifnis is daar geen bevryding van die seer en pyn wat ander jou aangedoen het nie. Die…

Lees meer

Loose Lips Sink Ships
I know this has been used as a catchphrase by the military in referring to ships. However, I believe it could be applied to each one of us today. Loose lips can sink more than naval ships. They can…

Read more

Questions Answered

Questions Answered

Being a Christian and drinking alcohol, what does the Bible say?
The Dangers of Moderate Drinking
John B. Gough (1817-1886) Born in Sandgate, Kent, England in 1817, Gough immigrated to the United States when he was only twelve years old. His mother and sister also came to America. His mother died of a stroke and Gough,…

Read more

Beer and Wine: The Bible’s Counsel
Doesn't the Bible refer in a number of places to wine and strong drink? Don't we quite often find people drinking alcohol in the Bible? Can't we assume, then, that Scripture generally does not condemn drinking alcoholic beverages? It's true that…

Read more

A collection of articles written by FB Meyer. Practical advice for the daily Christian life.

A NEW YEAR is opening before us, and there is some satisfaction in feeling that an opportunity will be afforded of making a really new start. Each true heart in which there is a spark of the Divine life turns eagerly towards the unblemished page, the untrodden way, of the…
BENEATH all exaggeration there is a basis of truth. When an American said that the whey which flowed from the making of a large cheese in his country was sufficient to run three sawmills; and when another affirmed that the soil of his farm was so prolific that the tendrils…
To be straight is to be true. There is no more important exhortation on the page of Scripture, than where the Apostle says, "Whatsoever things are true . . . think on these things." A friend of mine, educated in one of our great English schools, says that the most formative words of…
WHAT a shadow is cast over lives and homes by bad tempers! It is Sunday morning, God's day of rest and peace, when the worry and rush of the world should be quiet, and the voices of newspaper boys and hawkers of small wares should be still. A family of…
No flirting, young people, please! You cannot flit around the flame without the risk of burning your wings; and remember, if these are lost, you cannot get another pair; you may be able to crawl or limp, but you will never again bask in the sunbeams or dance with merry-hearted…
LONGFELLOW'S village blacksmith felt that "something accomplished, something done," had earned a night's repose; and I suppose that he did little else than shoe the farmers' horses, or put new shares to their ploughs; yet he had the perpetual consciousness that he was doing something in the world, contributing to…
No wonder that the common people hung on Christ's words. He was a Master of the Art of Illustration, because he sought his emblems, not from remote corners of creation, or its recondite processes, but from the common incidents of ordinary human experience. Salt and light, birds and lilies, gates…
Everyone needs some guidance on where to start reading and how to read their Bible. Below are Afrikaans & English printables - give it to every young believer that you give a Bible to.
Tips on reading your Bible

Where should I start?

Start by reading a chapter in the morning and evening. Mark in your Bible and write in a notebook everything that stands out in the chapter you read.

Read more

Wenke om jou Bybel te lees

Waar moet ek begin?

Lees jou Bybel in orde, moet nooit rondspring tussen boeke en hoofstukke nie. Hou by jou lees skedule, as jy laas Markus 1 gelees het lees jou nou Markus 2.

Lees meer

Heiligmaking

'n Rein hart gevul met die Heilige Gees

/Volkome%20Heiligmaking
Met die ondervinding van wedergeboorte (Joh. 3:3) én die bevestiging daarvan deur die getuienis van die Heilige Gees (Rom. 8:16), vind ‘n radikale verandering van lewenswyse plaas (2 Kor. 5:17). Hierna volg ‘n proses van selfontdekking wat lei tot die behoefte aan ‘n dieper innerlike verlossing (vrymaking) en reiniging van die inwonende sonde asook die vervulling met die Heilige Gees.
/Gaan
aan%20na%20Volwassenheid
In Heb 3 & 4 wys die skrywer vir ons die wonderlike belofte van God se rus, wat ‘n rein en oorwinnende lewe in Christus is. Hy vertel van hierdie belofte, en dan vermaan hy die Hebreërs in hoofstuk 5:12-14 dat hulle moet voortgaan na volwassenheid want hulle is nog kinders in die geloof.
/Die%20pad%20na%20Heiligmaking
Hier besef die weergebore Christen dat ‘n dieper werk in sy hart benodig word. Dat daar dinge is waaraan hy dalk nog vasklou of sonde wat hy nie wil laat staan nie of hy twyfel en vertrou God nie volkome nie. Hier gaan ons kyk na wat die stryd in ons binneste is en hoe om die pad na heiligmaking te begin.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Kol 2:6: Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom, 1. Watookal die Here vir jou sê, doen dit. Joh 2:5 “Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.” - Moenie meer of minder doen nie, doen net dit wat Hy gesê het. Matt 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.” – As ek doen wat Hy sê sal Hy met my wees. Doen wat Jesus sou gedoen het. Meet alles altyd hieraan.
by Marius Wolfaardt Christian Lifestyle
Col 2:6 As therefore ye received Christ Jesus the Lord, so walk in him, 1. Whatever the Lord tells you to do, do it. Joh 2:5 “His mother saith unto the servants, Whatsoever he saith unto you, do it.” Don't do more or less, but, just that which He tells you to do. Mat 28:20 “teaching them to observe all things whatsoever I commanded you: and lo, I am with you always, even unto the end of the world.” If you do what He tells you to do, He will be with you unto the end of the world. Always do what Jesus would do, measure everything according to this rule.
deur Marius Wolfaardt Christen Leefstyl
Hoe hanteer ek dit?

Mat 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Binne in die moeilike tye is die Here reeds besig om iets nuuts te maak, al sien jy dit nie raak terwyl jy in die vuur is of deur die rivier gaan nie. God het ‘n plan. Rou is natuurlik en is iets wat moet gebeur, dit is ‘n proses om deur te werk, maar daarna moet jy ook aan beweeg en nie hier vasval nie.

Assurance of Salvation

Seker</p>heid
Is jy weergebore?

Seker

heid

Om te WEET DAT JOU SONDE VERGEWE IS en dat Jesus nou in jou hart woon.
Lees meer
Rebirth
What Why How..?

Rebirth

What the Bible teaches us about being born again.
Read More
 Weer</p>gebore
Wat Hoekom Hoe..?

Weer

gebore

Wat die Bybel ons leer van wedergeboorte.
Lees meer
English Sermons

English Sermons

Here is a link if you would like to listen to audio sermons by various preachers. Promoting Genuine Biblical Revival.

Go to website