fbpx

Die 4 Evangelies

MATTHÉÜS
Toon Jesus as Koning uit.

Hy het hoofsaaklik aan die Jode geskryf en wou hulle oortuig dat Jesus die Messias is.

MARKUS
Toon Jesus as Dienaar uit.

Hy het aan die heidene geskryf. Die klem in die boek val meer op wat Jesus gedoen het (aksies & aktiwiteite), en nie so seer wat hy gesê het nie (lering en gelykenisse).

LUKAS
Toon Jesus as Mens uit.

Hy het hoofsaaklik aan die Grieke geskryf, Lukas was self 'n Griek en nie 'n Jood nie. Hy het geskryf om 'n akkurate vertelling weer te gee van alles wat gebeur het vandat Jesus in Maria voortgebring was.

JOHANNES
Toon Jesus as God uit.

Hy het vir die kerk geskryf. Hy het alle onnodige detail uitgelaat en lê klem op die belangrikste dinge.